Tuisblad
Daar is weereens in die kerk ‘n struweling vir ‘n reformasie wat gelowiges sal bekragtig om vry te breek uit die kettings van verdrukking van godsdiens & tradisies. Hierdie kettings is op die kinders van God geplaas deur mense wat dalk goeie bedoelings gehad het, maar wat slegs gepreek het wat hulle self geleer het.
Die geskrewe wette van Moses is meer as 2000 gelede gekanselleer op die kruis (Kol 2:14 En die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael), maar dit word egter steeds wyd en suid gepreek dat ons moet opmeet en voldoen aan een of ander morele standaard, of met God te probeer identifiseer op grond van ONS goeie optrede of vlak van gehoorsaamheid. Die hele Nuwe Verbond (na Christus) skree oorweldigende bewys van ‘n liefdevolle, genadige God, wat nie hoofsaaklik Sy Seun gestuur het om ons optrede te kom verander nie, maar eerder om die manier te verander hoe Hy met ons identifiseer: deur GENADE.
Die tempel se voorhangsel is geskeur sodat gelowiges in staat kan wees om in die allerheiligste in te gaan met vreugde en vrymoedigheid, nie gebasseer op ons eie waardigheid nie, maar gebasseer op die perfekte gehoorsaamheid van die een man, Jesus Christus, NAMENS ONS. Maar deur die eeue het die kerk hierdie voorhangsel weer toegewerk en God as ‘n geharde, on-toenaderbare God uitgebeeld. Jesus het die volle straf vir ons sondes ontvang en ons het die volle belonging ontvang vir Sy perfekte gehoorsaamheid – Hy het aan ons Sy Goddelike geregtigheid gegee (2 Kor 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom).
Hierdie bediening propageer nie ‘n immorele leefstyl nie, want as ons God werklik liefhet en in Hom glo sal daar ooreenstemmende werke wees (geloof sonder werke is dood). Maar die doel van ons bediening is om met durf en geloofsoortuiging die boodskap van God se onvoorwaardelike liefde en aanvaarding te preek, ‘n boodskap wat in die verlede gepreek is in ‘n deurmekaar mengsel, ingemeng met die wette van die ou verbond, dieselfde ding waarvoor Jesus gesterf het om ons van vry te maak! Goeie werke en gehoorsaamheid is gepreek ten koste van GENADE, en het veroorsaak dat God se kinders in die verlede geroof is van hulle geloofsekerheid en vertroue in God, en terselfde tyd altyd effens skuldig en onwaardig voel.
Ons is geroep om hierdie grond terug te vat.
In Genade
Andre van der Merwe
Al ons vorige boodskappe kan gevind word onder die “Boodskap Argief” bladsy. Die nuutste boodskap verskyn altyd bo aan die lys.






