Boek Opsomming: “SO YOU DON’T WANT TO GO TO CHURCH ANYMORE?”

01.06.11

Selde in my lewe het ek al ‘n boek gelees wat dit reg gekry het om my geboei te hou dwarsdeur amper elke bladsy; waar ek eenvoudig net nog ‘n hoofstuk moés lees voor ek aan die slaap kon raak en wat my klein bootjie op ‘n gevaarlike, goeie manier geskud het. “SO YOU DON’T WANT TO GO TO CHURCH ANYMORE?” is so ‘n boek. Dit is ‘n moét lees vir enige iemand wat gewonder het of die lewe en vryheid waarvoor Jesus gesterf het, vir meer was as slegs godsdienstige verpligtinge en Sondag-roetine.

Jake, ‘n assistant-pastoor by ‘n kerk in die dorp Kingston, hoor hoe ‘n man genaamd John (wie hy glo dalk die apostel Johannes kan wees) ‘n skare mense in die straat onderbreek wat besig was om oor godsdienstige sake en oor Jesus te argumenteer, terwyl hulle mekaar die lelikste dinge toesnou. John se woorde aan die skare het Jake geskud tot in die fondament van sy geloof-sisteem, want hy het nog nooit iemand hoor praat oor Jesus soos John nie, asof hy Hom al persoonlik ontmoet het.

Maande later loop hy weer in John vas in ‘n park gedurende sy middagete-breek; en so begin Jake se reis van ontdekking oor net hoé deurmekaarspul die hedendaagse “kerk-sisteem” eintlik is. Hy besef hoe sy eie liefde vir Jesus stadig maar seker oor die jare afgesterf het en hoe hy homself in sy bediening probeer begrawe het om die gekerm van sy emosies te vermy. Hy het gedink dat om in voltydse bediening in te gaan hom sou help om sy drome te bewaarheid, maar na 4 jaar het dit hom nogsteeds bly ontwyk.

Dieselfde ding het jare vantevore met sy ouers gebeur toe hulle uit hulle ou kerk gejaag is (wat hulle eenvoudig as vervolging gesien het) en ‘n nuwe een begin het. Jake was besig om hulle storie aan John te vertel (in Engels): “Since they were no longer welcome at their church, they decided to start a new one together. The first gathering brought more than 80 people crammed into a small house. The atmosphere was electric. They decided to get organized, rent a building and hire a pastor.” Then for the first time I saw it so clearly. “And it slowly died.” I muttered, astonished at the realization.
Waarop John geantwoord het: “They were so distracted by all the work that they soon lost that joy of simply loving Jesus. Strange isn’t it, that forming something into what they thought was a church could do what persecution couldn’t?” (p. 20).


Die modere kerk het die Ou Testamentiese wette (soos bv. besnydenis) met moderne, mensgemaakte reëls vervang, soos om aan die kerk se programme te moet deelneem, terwyl onderliggende skuldgevoelens, konformering en manipulasie gebruik word om die skares te beheer. Soos John tereg ook sê: “Anything will lead people away from God’s life, as long as it preoccupies them enough to serve as an adequate substitute for the real thing. It’s easier to see the problem when the standard is circumcision in Ephesus than when it is Sunday morning attendance in Kingston” (p. 21).


John het nooit sy kontakdetails uitgegee nie en altyd aangedring dat hulle weer in mekaar sou vasloop as dit so bestuur was.

‘n Paar maande later het John vir Jake verras met ‘n besoek aan sy kerk tydens die Sondag-oggend oggend erediens. Jake was veronderstel om die klanksisteem te oorsien, maar het uitgeglip tydens die diens, desperaat om met John te praat, wie se woorde hom die laaste ruk meer moeilikheid en frustrasie gebring het as enige iets anders. Soos wat hulle verby die aankondigingsborde loop wat al die kerk se aktiwiteite en programme aandui, word dit duidelik vir Jake dat die “kerk-sisteem” floreer op die harde werk van sy lidmate. John het lig gewerp op die saak: “One of the most significant lessons Jesus taught his disciples was to stop looking for God’s life in the regimen of rituals and rules. He came not to refurbish their religion, but to offer them a relationship. Were all those healings on the Sabbath, and the recording of them, just a coincidence that he found more sick people then? Of course not! He wanted his disciples to know that the rules and traditions of men get in the way of the power and life of his Father. And it can be pretty captivating too, because we all do what we do thinking it pleases God. No prison is as strong as religious obligation. It takes us captive even while we’re patting ourselves on the back” (p. 33).


Baie kerkleiers sien hulle-self as morele polisiemanne wie se doel dit is om hulle lidmate “beter Christene” te maak. John het die probleem met hierdie benadering uitgewys: “Who is going to draw near to God if he’s always trying to catch people at their worst moments, or always punishing them for their failures? We’re too weak for a God like that. We use guilt to conform people’s behavior, never realizing the same guilt will keep them far from God.”

“That’s why Jesus’ death is so threatening to those bred in religious obligation. If you were sick of it, and realized that it alone couldn’t open the doors to the relationship your heart cried out for, the cross was the greatest news of all. If, however, you made your living or earned your status in the system, the cross was a scandal. Now we can be loved without doing one thing to earn it.”

Jake het daarop die nommer een beswaar teen die boodskap van Genade opgebring: “But won’t people misuse that as an excuse to serve themselves?” Waarop John geantwoord het: “Of course, but just because people abuse something doesn’t make it wrong. If they want to live to themselves, it doesn’t matter that they claim some kind of false grace. But to people who really want to know God, he’s the only one who can open the door” (p. 35).


Elkeen van Jake en John se daaropvolgende gesprekke het ‘n paar maande uitmekaar plaasgevind, soos wat hulle makaar raakgeloop het in die mees onverwagte plekke. Tydens hierdie ontmoetings het Jake se godsdienstige denkwyse herhaaldelik aanstoot geneem as gevolg van John se onverwagte antwoorde op sy eie gefrustreerde vrae en stellings. Baie mensgemaakte tradisies word ontbloot in die volgende hoofstukke, soos bv. John se opinie oor mense wat betrokke is in sogenaamde “verantwoordings-groepe” (accountability groups): “All the accountability in Scripture is linked to God, not to other brothers and sisters. When we hold each other accountable we are really usurping God’s place. It’s why we end up hurting each other so deeply” (p. 40).


Sedert hulle laaste gesprek het Jake hard probeer om die dinge wat hy by John geleer het, in sy eie kerk te implimenteer, maar ongelukkig met baie ongewensde gevolge. John het hom egter vertel hoekom dit nie uitwerk nie: “Jake, if you listen to anything else I say, listen to this: Don’t use our conversations to try to change others. I’m only trying to help you learn to live in God’s freedom. Until they are looking for the same things you are, people will not understand and you’ll be accused of far worse. You’re trying to live what I said without letting God make it real in you. It won’t work that way. You’ll just end up hurting a lot of people and hurting yourself in the process” (p. 44).


In nog ‘n ontmoeting het John die probleem uitgewys met kerke wat in institusies verander het:  “…institutions can only reflect God’s love as long as those in it agree on what they’re doing. Every difference of opinion becomes a contest for power” (p. 49).

Deur op te staan vir die waarheid het Jake uiteindelik by ‘n paar vurke in die pad gekom, het dit hom in ‘n baie ongemaklike posisies geplaas en van hom vereis om sekere moeilike besluite te moet maak. Die plot word al dikker met elke hoofstuk en dit word moeiliker en moeiliker om die boek neer te sit.

Uiteindelik moet Jake besluit om moontlik die kerk te verlaat en dalk ‘n kerk by sy huis te begin, maar selfs in só ‘n besluit lê die gevaar om slegs een sisteem vir ‘n ander te verruil, soos John uitwys: “If this is another place for you to find your identity and to bury your shame by thinking you’ve got a better way to do it than anyone else, then you’re sating the same thirst, just from a different fountain” (p. 71).


Ek gaan nie die hele storie weggee nie – die boek eindig veels te goed om dit te doen! Jy kan hierdie boek egter self bestel of die gratis 1.9MB elektroniese kopie in PDF format hier aflaai: http://www.jakecolsen.com/contents.html

In Genade
Andre van der Merwe

Share

Leave a Reply