Archive for the ‘Previous Messages’ Category

Die Ou Testamentiese Wet… Vervul

07.22.11

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Mense wat eis dat die Ou Testamentiese wet steeds van toepassing is, kan opgedeel word in verskillende groepe:

1)    Dié wat glo dat al die wette steeds geld.

2)    Dié wat glo dat gelowiges nie geoordeel sal word op grond van die Ou Testamentiese wet nie, maar dat dit steeds dien as ‘n morele kompas wat hulle help om nie in sonde te verval nie.

3)    Dié wat glo dat die die wet in twee verskillende seksies opgedeel kan word, naamlik morele wette en seremoniële wette, en dat die seremoniële wette weggeval het, maar dat die morele wette steeds gehoorsaam moet word.

 

Groep 1

Vir die wat binne die eerste groep val, het die Bybel ongelukkig terleurstellende nuus:

Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword. (Jak 2:10)

Die straf vir sonde is geweldig streng, naamlik die dood (Romeine 5:12 & 1 Korintiërs 15:56). Die Bybel leer ons ook dat geen mens ooit instaat is om geregtig voor God se oë te staan deur hulle vlak van gehoorsaamheid aan die wet nie:

…aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.. (Rom 3:20)

Maar die apotel Paulus wys dan in die volgende verse hoe ons wél volkome vergewe en geregtig voor God kan staan:

Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie;  (Rom 3:21-22 , klem bygevoeg)

Die wet het ‘n fisiese standard verskaf waarteen ‘n persoon se heiligheid teen gemeet kon word. Dit was ‘n kontrak wat God in bloed verseel het met die volk van Israel – slegs met hulle. Hoe weet ons dit? Want ons sien menigmaal hoe God ten gunste van Israel opgetree het teen ander nasies (die Moabiete, Amalekiete, Filistyne, Siriërs, ens).

In vandag se wêreld, wanneer die voorwaardes van ‘n kontrak tussen twee partye vervul is, is die kontrak voltooi. Die kontrak word nie vernietig of ontbind nie, dit is slegs vervul. Dit is presies wat Jesus bedoel het toe Hy gesê het:

Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. (Matt 5:17)

En aangesien Christus die wet vervul het en die kontrak wat God met Israel gesluit het vervul het, is die gevolge wanneer ons versuim om die voorwaardes van daardie kontrak (die wet) na te kom, irrelevant. God oordeel mense nie volgens hulle vermoë om die voorwaardes van ‘n kontrak na te kom wat reeds vervul is nie.

 

Groep 2

Die wet is nie ‘n hulpmiddel vir ‘n morele leefstyl nie. Dit kan nie en het nog nooit iemand gehelp om op te hou sondig nie, want dis nooit waarvoor dit bedoel was nie. Die doel van die wet wat om die mensdom bewus te maak van hulle interne sonde probleem (hulle sondige natuur), sodat wanneer hulle besef dat hulle nooit die ewige lewe kon bekom deur hulle eie vlak van heligheid nie, dit hulle sou wys na Jesus vir verlossing. Hierdie sondige natuur sou dan geestelik uit hulle uit besny word (Kollosense 2:11) en vervang word deur ‘n splinternuwe, wedergebore gees wat 100% perfek, geregtig en heilig gemaak is. Die wet was slegs ‘n rigtingwyser wat na Jesus gewys het – dis effens onnosel om kamp op te slaan langs ‘n rigtingwyser, is dit nie?

Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad (bewustheid) meer sou word. (Rom 5:20a, annotasie bygevoeg)

Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge… (Gal 3:19a)

Die gewoonte om die voorskrifte van daardie antieke Joodse reel-sisteem te onderhou om te probeer om oorwinning te kry oor vleeslike begeertes en gewoontes, is kragteloos teen die aanslae van sonde. Deur te probeer om sonde te oorkom deur die wet te onderhou sal slegs die effek hê om ons te wys hoe vêr ons tekort val van die wet se voorskrifte.

Die enigste manier om  sondige gewoontes te oorkom is om gevestig te wees in die openbaring van hoeveel God ons liefhet en day Hy ons as volkome geregtig sien. Sy genade het afgereken met al ons sondes en Hy het belowe om nooit weer aan dit te dink nie (Hebreërs 10:17). Wanneer on sweet hoeveel genade God aan ons bewys het, sal dit ons bekragtig om enige sonde te kan oorkom.

Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. (Rom 6:14)

 

Groep 3

Niemand in hierdie groep (diégene wat eis dat die “seremoniële wette” weggeval het) het nog ooit die moeite gedoen om ‘n lys op te trek wat presies aandui watter van die wette oorgebly het nie. Die waarheid is dat God Homself ook nooit hierdie tipe onderskeid gemaak het tussen enige van die wette wat Hy ingestel het nie. In teendeel, Hy het gesê:

“Alles wat ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie.” (Deut 12:32)

En tóg vind ons allerhande soorte godsdienste wat gebasseer is op Judaïsme wat deesdae opspring, met nie-Joodse mense wat probeer om terug te keer na hulle “Joodse wortels” toe.

Israel het nooit ‘n intieme verhouding met God verwelkom nie (wat eintlik al is wat God van ons wil hê), want hulle het altyd vir Moses gestuur om met God te praat namens hulle (Eksodus 20:19). Soorteglyk wil dit deesdae voorkom dat wanneer mense nie vervulling in hulle verhouding met God kan kry nie, dan maak hulle allerlei slim argumente op om Sy goedkeuring te probeer verdien deur een of ander reël-nakom stelsel. Die ironiese sy van hierdie neiging is dat sedert die Ou Testamentiese wet gans te moeisaam en tydrowend is om na te kom, formuleer hulle dan hulle eie weergawe van die wet en besluit dan sommer by hulleself watter wette hulle kan hou en watter hulle kan uitgooi.

Vanaf Eskodus 20 tot aan die einde van Deuternomium was daar ‘n total van 614 wette aan die nasie van Israel gegee. Net soos die wet baie spesifiek was oor wat om te doen en wat om nié te doen nie, het dit ook baie spesifieke instruksies bevat oor hoe om straf te vermy wanneer ‘n wet wél gebreek is. Straf is hoofsaaklik vrygespring in die vorm van rituele en offers. Baie van die hedendaagse variasies van Judaïsme (insluitend die groepe wat daarop aandring om Jesus en God op hulle Hebreeuse name te noem, maar wie se lewens sonder die gawes en vrugte van die Gees is) het verkies om egter nie hierdie offers as deel van hulle mensgemaakte geloof-sisteem in te sluit nie, en tóg eis hulle onverbiddelik om volgens God se wette te leef. Wie is besig om wie te kul hierso?

Nietemin, om hierdie mense te akkommodeer en aan hulle te wys dat hulle nie slegs die rituele en offers verontagsaam nie, maar ook elke dag in hulle lewens baie van die ander (morele) wette breek wat bevat word in die Ou Testament, kom ons kyk na sommige van die wette:

Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: …ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie onrein is hy vir julle. (Lev 11: 4, 7)

Enige vorm van vark, insluitend spek (bacon) en ham, is streng verbode volgens die wet. Daar gaan daai lekke Engelse ontbyt of daai ham en kaas toebroodjies by die deur uit!

Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie ‘n gruwel is dit vir julle. (Lev 11:12)

Geen kalamari toegelaat nie, baie jammer! 

En as daar van ‘n man ‘n saadvloeiing uitgaan, moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees. En wat die vrou aangaan met wie ‘n man vleeslike gemeenskap het altwee moet ‘n bad neem en sal tot die aand toe onrein wees. (Lev 15:16, 18)

Mans en vrouens moet hulleself heeltemal afsonder van enige ander mense vir ‘n hele dag elke keer nadat hulle seksuele omgang gehad het. Dit beteken dat baie meer siekverlof ingesit sal moet word of selfs gebroke huwelike as gevolg van egpare wat hulself van seksuele omgang met mekaar weerhou.

Julle mag die rand van julle hoofhare nie rond wegskeer nie. Ook mag jy die rand van jou baard nie skend nie. (Lev 19:27)

Alle mans sou moes rondloop met baarde. Indien enige iemand eis om volgens die wet te leef, maar hulle skeer hulle baard, is hulle besig om God se wette te breek!

Julle mag op die sabbat geen vuur aansteek in enigeen van julle woonplekke nie. (Exo 35:3)

Daar sal geen braai wees na die rugby by vriende se huise op Saterdag nie, want streng gesproke is die Sabbat veronderstel om op ‘n Saterdag onderhou te word.

En ‘n kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie. (Lev 19:19b)

Dit sou beteken dat ons hope van ons klere sou moes uitgooi, aangesien ‘n groot gedeelte van die klere in enige iemand se klerekas gemaak word uit ‘n mengsel van katoen en polyester.

Dit raak eintlik belaglik, doen dit nie? Maar alle lof aan Jesus omdat Hy aan al die vereistes van daardie antieke reël-stelsel voldoen het en daardeur die mensdom vrygestel het om ‘n lewe te leef wat gelei word deur die Gees, en nie deur reëls nie:

Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. (Gal 4:4-5)

Share

Wat is Sonde?

06.17.11

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

G265 ἁμάρτημα ham-ar-tee’-ah

From G264; sin (properly abstract): – offence, sin (-ful)


G264
ἁμαρτάνω ham-ar-tan’-o

Perhaps from G1 (as a negative particle) and the base of G3313; properly to miss the mark (and so not share in the prize), that is, (figuratively) to err, especially (morally) to sin: – for your faults, offend, sin, trespass.

 

Hamartia (om die merk te mis) word gereeld gemisinterpreteer dat dit beteken dat ons die 10 Gebooie te breek. Maar indien dit wél die geval is, wat dan van die mense wat geleef het voordat die wet aan Israel gegee is? Want die Bybel stel duidelik dat sonde reeds in die wêreld was voordat die wet gegee is:

…want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie.  Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat ‘n voorbeeld is van Hom wat sou kom. (Rom 5:13-14)

Hierdie skrifgedeelte sê dat die dood geheers het oor hulle wat nie soos Adam gesondig het nie. Dit beteken hulle het ook die merk gemis, selfs al het hulle nie enige wette gebreek nie, want onthou die wet was toe nog nie gegee nie.

 

Dubbel Skuldig

Die mensdom is in ‘n toestand van sonde ingedompel deur Adam se oortreding en was bewus gemaak van hierdie sondige toestand deur die Ou Testamentiese Wet:

1)        Ons is skuldig gemaak deur die toestand van sonde wat ons beërwe het van Adam:

Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word. (Rom 5:18-19)

2)        Elke persoon wat hulself probeer regverdig voor God deur die wet te probeer gehoorsaam, word skuldig gemaak deur die wet óók:

Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde. (Rom 3:19-20)

 

Mis die Merk?

Dis maklik vir sommige mense om te sê dat ons sondig wanneer ons die “merk mis”. Maar kom ons dink daaroor vir ‘n oomblik: Wat is die merk? Hoe groot is die merk? En hoe mis ons dit?

Indien “om die merk te tref” sou beteken dat ons die vereistes van die wet perfek moes nakom, raak dit baie interessant, want onthou dat die wet nie slegs bestaan het uit die 10 Gebooie nie. Nee, ‘n total van 613 wette en stipulasies was aan Israel gegee (van Eksodus tot Deuternomium) wat hulle moes nakom tot op die laaste punt, vir so lank as wat hulle sou leef. Die wet was gegee as ‘n verbond, wat beteken dit is ‘n lewenslange kontrak. Skielik word die “merk” ‘n 1mm naaldeprik teen ‘n muur ongeveer 9,000km weg.

Die apostel Paulus het in sy briewe gedurig gepraat van ‘n ander tipe geregtigheid; ‘n manier om 100% regverdig voor God te staan sonder om die Ou Testamentiese wette na te moet kom:

Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig,  die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; (Rom 3:21-22, klem bygevoeg)

Die hele Nuwe Verbond (na die kruis) verkondig ‘n versoeningsboodskap wat beskryf hoe om perfek gemaak te word deur geloof in Christus. Deur geloof betree ons eenheid met God, ontvang ons die ewige lewe asook volkome vergifnis van al ons sonde en word ons volmaak en 100% geregtig gemaak… vir altyd. As ‘n teken van ons redding ontvang ons die belofte van die Vader, die inwondende Heilige Gees.

…julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. (Rom 8:9)

 

Die Sonde van Ongeloof

Alhoewel God alreeds die sonde van die hele wêreld vergewe het en deur Sy genade na almal toe uitgereik het, kies almal nie om hierdie vredesaanbod te aanvaar nie. Indien dit iemand se verjaarsdag was en daardie persoon se vriend sou by sy deur opdaag met ‘n geskenk, moet die verjaarsdag-persoon steeds die keuse maak om die deur oop te maak en die geskenk te vat. Die geskenk word nutteloos as die geskenk-gewer gelaat word om buite die deur te bly staan.

Die enigste keuse wat die versoeningswerk van die kruis kan vernietig in ‘n persoon se lewe, is die keuse om nie in Christus te glo nie. Die Bybel is duidelik dat ‘n mens slegs wedergebore word deur geloof in Christus:

Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore… (1 Joh 5:1a, klem bygevoeg)

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. (Joh 3:16, klem bygevoeg)

As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word. (Rom 10:9, klem bygevoeg)

Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus. (Rom 5:1, klem bygevoeg)

 

Die Sonde van Wet-Gebasseerde Lewe

Maar die wet is nie uit die geloof nie… (Gal 3:12a)

…en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde. (Rom 14:23b)

Die Ou Testamentiese Wet is nie gebasseer op geloof nie, want dit het nie enige geloof vir iemand gevat om te weet hulle is skuldig wanneer hulle een van die gebooie oortree het nie. Maar dit vat geloof vir ons om steeds te glo dat ons die geregtigheid van God is selfs wanneer ons sopas drooggemaak het!

Wanneer ons Gal 3:12a kombineer met Rom 14:23b, sê dit die volgende:

“Wanneer ons lewe volgens die Ou Testamentiese Wette, is dit sonde.”

Punt.

Share

Intersessie en Vas (deel 2)

05.31.11

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Die beginsel van vas is in die Ou Testament meegemaak met rou in sak en as om ware berou vir sonde te toon en om God se wraak vry te spring. Maar omdat God egter nie meer in die straf-besigheid is nie (1 Joh 4:18) en al die sondes van gelowiges vergewe is wanneer hulle wedergebore word (Kol 2:13), dan is vas vir hierdie doel sinneloos en verwerp dit ook wat Jesus aan die kruis vermag het.

Sommige mense interpreter Jesaja 58 as die tipe vas wat God sou goedkeur onder die Nuwe Verbond, maar die konteks van hierdie hoofstuk is egter duidelik vanaf die eerste vers:

Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ‘n basuin! En verkondig aan my volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes. (Jes 58:1)

As ons die hele hoofstuk lees is dit duidelik dat dit aan Israel gerig was onder die Ou Verbond. Selfs al mag sommige van die beginsels goed en geregtig voorkom (bv. om die kettings van verdrukking te verbreek, hulle kos met hongeres te deel, nie versuim om hulle naaste te help nie, ens. in verse 6-7), is dit steeds duidelik dat God se seëninge in hierdie hoofstuk afhanklik was van Israel se vermoë om hierdie dade te volbring. Dit word eintlik so duidelik soos daglig in die laaste twee verse:

As jy jou voet terughou van die sabbat – om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek. (Jes 58:13-14)

Onder die Nuwe Verbond is God se seëninge nie afhanklik van ons bevoegdheid om die 10 Gebooie te onderhou nie – Jesus Christus het dit alles vervul! Noú is ons geseën eenvoudig omdat ons geloof in Jesus het:

Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham. (Gal 3:9)

 

Vas om Demone Uit te Dryf

Toe Jesus se dissipels nie die demoon uit die jong seun kon uitryf nie en agterna gevra het hoekom, het Jesus hulle geantwoord:

19 Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie? 20 En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.  21 Maar hierdie geslag [tipe] gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie. (Matt 17:19-21, nota bygevoeg)

Jesus se antwoord in vers 21 het nie na die demoon verwys nie – Hy het verwys na hulle ongeloof. Hy het gesê “hierdie tipe (ongeloof) gaan slegs uit deur gebed en vas.” Jesus was eenvoudig besig om uit te brei op Sy antwoord in vers 20 deur hulle te leer hoe om van hulle ongeloof ontslae te raak.

So ‘n vas is somtyds goed vir ons, om ons te help om ongeloof uit te wortel en ons vlees te dissiplineer. Maar dit is nie veronderstel om gebruik te word wanneer ons God vir iets vra nie. Wat probeer ons vermag wanneer ons vas saam met ‘n gebedsversoek? Probeer ons aan God bewys dat ons regtig ernstig is oor die saak? Smeek en kerm ons by ons aardse pa’s en gooi sommer ‘n vas ook in vir welwillendheid wanneer ons hulle vir iets vra? Natuurlik nie!

Ons hoef nie op te tree asof ons God se wil die heeltyd moet verander nie, asof Hy ons nie eintlik wil seën nie. Sy liefde vir ons is oneindig keer dieper as ons aardse vaders; God het nie nodig om oortuig te word van ons intensies nie – Hy is aan ons kant!

Die Doel van Vas

Die volgende is uitreksels van ‘n baie goeie artikel geskryf deur Ralph Harris van Life Course Ministries, getiteld “A Needle to My Heart” (http://lifecourseministries.blogspot.com/2011/05/needle-to-my-heart.html):

I’ve been fasting this week.  It’s not because God likes it when I fast, it’s because I do.  Yeah, you read that right.  For me, fasting is choosing a weakness through which I will know and savor God more.  It’s all about satisfaction – mine.

In this case, I’m fasting from food, but in the past I’ve fasted from television, music (rather than listen to the stereo in my car on morning drives to work, I preferred thinking and listening for Him in quiet), news media, alcohol (I like an ale or a glass of wine now and then), and more.

It’s amazing how much I get used to turning to the things of this world for satisfaction, rather than to God, who satisfies me most and best.  Like many, I suppose, seeking God or reading the Bible or praying can become all about obedience and willpower (“I’ve got to do it!”) when I’m getting more satisfaction and better pleasure elsewhere.  Does that make sense?

I start to approach God and the things He likes as important things to do, rather than ways to know Him and like Him.  And what about letting Him show me why He likes me?  Reading the Bible and praying becomes a daily duration of time when I get my study and devotional time card punched.  Thunk-thunk!  Going to church becomes all about following through on commitment.  Giving money is about the pledge I made.  Yuck.  Round about then a college football game is much more exciting, or a bowl of ice cream, a shopping spree, a good movie, or a new electronic gadget.  What delight, right?

God no longer brings about the wedding of desire and satisfaction – fulfilment – because it has been joined together elsewhere.  What does God get?  Commitment and Study and Pledges of Obedience – and my frustration.  A lot of frustration.

But because He has crucified me to this world and this world to me (we’re incompatible), I can tolerate this hostage situation for only so long (Gal. 6:14).  A break-out is drawing near.

That’s where a fast comes in.  Through it I am needling myself, my true self, and saying, “Alert!  Wake up and be satisfied!  I can no longer stand surface satisfaction when I’ve been made for far deeper.”  To be sure, I still have strong longings for satisfaction – in fact they get stronger – but the Spirit brings out desires now natural for me.  I actually want God.  I truly want Father.

To be clear, no one has to fast to earn anything.  It’s a way of enjoying what you already have.  Any kind of fasting is toward satisfaction.  It’s a way of acknowledging, “Jesus, you have given me absolutely everything already for entirely nothing.  Hooray!  I’m full already.  So I want to hunger as a way of finding fullness.”

Share

Intersessie en Vas (deel 1)

05.23.11

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Hierdie is kragtige beginsels wanneer ons dit in die korrekte manier gebruik, naamlik in die konteks van die voltooide werk van die kruis. Maar die manier hoe dit in ‘n taktiek verander is om te probeer om God se arm te draai om dinge vir ons te doen, doen dit eintlik meer skade aan die ligaam van Christus as wat diégene wat dit propageer hulself kan indink.

Vas en intersessie is telkemale ‘n “sweep” wat misbruik word deur mense vir vier hoofredes:

1)      Dit word gebruik deur self-geregtiges wat probeer om die kerk terug onder die Ou Testamentiese wette in te slaan

2)      Sodat gelowiges by God moet smeek om hulle dinge te gee wat hulle alreeds ontvang het

3)      Om by God te pleit om dinge te doen wat Hy alreeds gedoen het

4)      Om God te vra om dinge te doen wat Hy ons beveel het om te doen

 

Vra vir God om die “Land te Genees”

Onlangs het ‘n welbekende kunstenaar in Suid-Afrika ‘n boodskap deur sy webwerf uitgestuur na duisende van sy aanhangers toe om hom by te staan in ‘n dag van vas, waartydens gebede en intersessie gemaak sou word vir die land in die hoop dat God sal inklim om die “land te genees” soos wat Hy in die Ou Testement belowe het:

…en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. (2 Kron 7:14)

Ryan James Rhoades van www.RevivalorRiots.org het ‘n baie goeie artikel geskryf oor hierdie einste onderwerp, maar in kort kom dit daarop neer dat hierdie vers buite konteks gebruik is. Let op dat die vers nie met ‘n hoofletter begin nie, wat beteken dat dit heel waarskynlik deel vorm van die voorafgaande vers. Kom ons lees dit in konteks met vers 13:

As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. (2 Kron 7:13-14)

Aha… Aangesien God nie meer mense doodmaak of hulle lande vernietig onder die Nuwe Verbond nie, is dit duidelik dat hierdie verse nie op ons van toepassing is nie! God sal nie ‘n versoek eerbiedig waar mense vas en Hom smeek om die “land te genees” nie, omdat ons Hom vra om iets te doen wat Hy ons beveel het om te doen. God het aan ons Sy Heilige Gees gegee om Sy hande en voete in die wêreld te wees. Hy het ons beveel om uit te gaan na al die nasies en die mense Sy dissipels te maak (Matt 28:19). Hy het ons beveel om die siekes te genees en dooies op te wek (Matt 10:8) en om vir weduwees en weeskinders te sorg (Jak 1:27). So hoekom vra ons vir God om al hierdie goed te doen?

 

Intersessie

Ná die kruis het Jesus opgevaar hemel toe waar Hy steeds sit aan die regterhand van die Vader en voortdurend intree vir al die gelowiges:

Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree. (Rom 8:33-34)

So hoekom het Jesus nodig om by die Vader in te tree vir ons? Is die Vader dan teén ons? Verskil hulle in hulle gevoelens vir ons? Natuurlik nie! Jesus is ons advokaat (voorspraak) by die Vader (1 Joh 2:1) en pleit voortdurend ons saak by die Vader waanneer ookal die aanklaer (die duiwel) probeer om ons te veroordeel, soos die apostel Johannes geskryf het in Openbaring:

…want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. (Op 12:10b)

Jesus se versoeningsbloed reinig ons voortdurend sodat die saak van die aanklaer die heeltyd uit die hof gegooi word. Al die bewyse teen ons is verwyder – hy het niks om sy saak meet e bewys nie!

So aangesien dit Jesus se rol is om vir die gelowiges in te tree, glo ons eintlik dat Hy nie Sy werk goed genoeg kan doen nie waneer ookal ons probeer om Sy posisie in te neem – ons tree op in ‘n Anti-Chris manier as ons dink dat ons meer liefde en genade vir ander mense het as God. Jesus is die enigste person wat ooit aangestel is as middelaar tussen God en die mens:

Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus… (1 Tim 2:5)

Telkemale word hierdie tipe gebed ook genoem “om in die gaping te staan”, wat die sogenaamde “gaping” tussen God en die mens impliseer. Hierdie gaping word natuurlik heeltemal oorbrug waneer iemand wedergebore word en hulle gees een met God s’n word:

Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom. (1 Kor 6:17)

Dink ons regtig dat ons meer lief is vir mense as God? Wanneer ons vir God bid om genade te hê of van Sy wraak af te sien en iemand nié te straf nie, tree ons op asof ons meér genadig is as God. Hoe dink ons kom God vir die wêreld voor wanneer ons só bid? Wanneer ons vir mense (of vir ons land) wil intree, kom dit meestal uit ‘n gevoel dat ons dink ons kan God se “mind change” – asof Hy nie regtig iets aan die probleem WIL doen nie, en ons gebed en vas sal Sy mind vir Hom verander om in te gryp en wel iets te doen. Dink ons dat ons meer lief is vir ons land of vir ander mense as Hy?

Een van die baie min skrifgedeeltes in die Bybel wat ons beveel om vir mense voorbidding te doen is die volgende:

In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid. (1 Tim 2:1-2)

God het geen probeem as ons Hom vra vir wysheid vir onsself en ander mense nie:

En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. (Jak 1:5)

Die beginsel van intersessie het ‘n lelike, misbruikte en gemors-woord geword in baie Christelike sirkels. Geen wonder so baie mense (insluitend pastore) brand uit nie! Hulle loop rond met die gewig van die wêreld op hulle skouers, en dit terwyl Jesus belowe het dat Sy las lig is en Sy jeuk sag is.

Die korrekte manier om in te tree sou wees om die voltooide werk van die kruis in ag te neem en vanuit ‘n plek van oorwinning te bid en nie vir oorwinning nie. Meestal beteken dit om lewe, guns, herstel, genesing en bevryding in ‘n situasie in te beveel en die werke van die duiwel te vernietig!

In deel 2 van hierdie reeks sal ons kyk na die beginsel van Vas – dit mag dalk nóg van die las van jou skouers afhaal!

Share

Boodskap van Nuwe Verbond Genade

05.19.11

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Geliefde broer/suster in Genade

Soos u dalk opgemerk het, het ek alreeds vir ‘n paar weke nie ‘n nuwe Genade Boodskap uitgestuur nie – ek vra om verskoning hiervoor. Ek het nie “slap” geraak of Genade begin gebruik as ‘n verskoning om lui te wees nie ;-)

Gedurende die laaste paar weke het ‘n hele paar opwindende geleenthede hulself voogedoen wat my heel bedrwyig gehou het. Omdat ek ‘n voltydse pos as ‘n Meganiese Ingenieur beklee, het ek slegs aande om by al hierdie goed uit te kom. Ook, om ‘n pa en ‘n man te wees verminder mens se vrye tyd aansienlik, maar eenvoudig omdat ek so baie daarvan hou om tyd te spandeer met my geliefdes!

Van al die dinge wat huidiglik in die bedizening gebeur, deel ek graag die volgende twee met u:

 

My Boek

My nuwe boek getiteld “Grace, the Forbidden Gospel” is gepubliseer en dit was baie tydrowend om die finale afwerking vir dit gereed te kry. U kan die aanbevelings (deur by Steve McVey, Rob Rufus, Art Henkel, Paul Ellis, Cornel Marais, Ryan Rufus and Tony Ide) hier lees sowel as om die voor-en-agter blaaie se bekyk:

http://www.newcovenantgrace.com/andre-book/

U kan ‘n sagteband of ‘n Kindle (E-book) kopie van die boek deur Amazon bestel op hierdie bladsy:

http://www.newcovenantgrace.com/recommended-books/

Hardeband kopieë is natuurlik veel duurder, maar kan by die uitgewers se webwerf bestel word:

(Westbow Press, a division of Thomas Nelson):

http://www.westbowpress.com/Bookstore/BookDetail.aspx?BookId=SKU-000456416

Die boek is ongelukkig nog nie beskikbaar in ons SA boekwinkels nie.

 

Gratis MP3 Audio Preke

Ek het dit ook goedgedink om te begin om MP3 audio preke van sommige van die mees belangrike onderwerpe op ons webwerf op te neem. Sommige mense is eenvoudig net nie lesers nie – hulle verkies dit om na iets te luister. Tot dusvêr is alles ongelukkig in Engels, omdat die Engelse gedeelte van ons webwerf ongeveer 8 maal meer besoeke van Engelse mense ontvang en dit verskriklik lank vat om een enkele preek 100% reg op te neem.

My Suid Afrikaanse aksent behoort dit egter makliker maak om te verstaan vir ons almal, he-he…

Tot dusvêr het ek slegs “Tiendes” en “Wanneer het die Ou Testament geëindig” opgeneem, maar hierdiedie bladsy sal gereeld opgedateer word met nuwe preke. Voel vry om aan-lyn daarna te luister of laai dit af en maak kopies daarvan en gee vir ander mense. Maak soveel kopies as wat u wil, die preke bevat glad nie kopiereg nie!

http://www.newcovenantgrace.com/free-audio-sermons/

Ek sal ‘n 2-deel reeks oor “Vas en Intersessie” volgende week uitstuur – so hou ‘n ogie op jou inbox!

Share

Boek Opsomming: “SO YOU DON’T WANT TO GO TO CHURCH ANYMORE?”

01.06.11

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Selde in my lewe het ek al ‘n boek gelees wat dit reg gekry het om my geboei te hou dwarsdeur amper elke bladsy; waar ek eenvoudig net nog ‘n hoofstuk moés lees voor ek aan die slaap kon raak en wat my klein bootjie op ‘n gevaarlike, goeie manier geskud het. “SO YOU DON’T WANT TO GO TO CHURCH ANYMORE?” is so ‘n boek. Dit is ‘n moét lees vir enige iemand wat gewonder het of die lewe en vryheid waarvoor Jesus gesterf het, vir meer was as slegs godsdienstige verpligtinge en Sondag-roetine.

Jake, ‘n assistant-pastoor by ‘n kerk in die dorp Kingston, hoor hoe ‘n man genaamd John (wie hy glo dalk die apostel Johannes kan wees) ‘n skare mense in die straat onderbreek wat besig was om oor godsdienstige sake en oor Jesus te argumenteer, terwyl hulle mekaar die lelikste dinge toesnou. John se woorde aan die skare het Jake geskud tot in die fondament van sy geloof-sisteem, want hy het nog nooit iemand hoor praat oor Jesus soos John nie, asof hy Hom al persoonlik ontmoet het.

Maande later loop hy weer in John vas in ‘n park gedurende sy middagete-breek; en so begin Jake se reis van ontdekking oor net hoé deurmekaarspul die hedendaagse “kerk-sisteem” eintlik is. Hy besef hoe sy eie liefde vir Jesus stadig maar seker oor die jare afgesterf het en hoe hy homself in sy bediening probeer begrawe het om die gekerm van sy emosies te vermy. Hy het gedink dat om in voltydse bediening in te gaan hom sou help om sy drome te bewaarheid, maar na 4 jaar het dit hom nogsteeds bly ontwyk.

Dieselfde ding het jare vantevore met sy ouers gebeur toe hulle uit hulle ou kerk gejaag is (wat hulle eenvoudig as vervolging gesien het) en ‘n nuwe een begin het. Jake was besig om hulle storie aan John te vertel (in Engels): “Since they were no longer welcome at their church, they decided to start a new one together. The first gathering brought more than 80 people crammed into a small house. The atmosphere was electric. They decided to get organized, rent a building and hire a pastor.” Then for the first time I saw it so clearly. “And it slowly died.” I muttered, astonished at the realization.
Waarop John geantwoord het: “They were so distracted by all the work that they soon lost that joy of simply loving Jesus. Strange isn’t it, that forming something into what they thought was a church could do what persecution couldn’t?” (p. 20).


Die modere kerk het die Ou Testamentiese wette (soos bv. besnydenis) met moderne, mensgemaakte reëls vervang, soos om aan die kerk se programme te moet deelneem, terwyl onderliggende skuldgevoelens, konformering en manipulasie gebruik word om die skares te beheer. Soos John tereg ook sê: “Anything will lead people away from God’s life, as long as it preoccupies them enough to serve as an adequate substitute for the real thing. It’s easier to see the problem when the standard is circumcision in Ephesus than when it is Sunday morning attendance in Kingston” (p. 21).


John het nooit sy kontakdetails uitgegee nie en altyd aangedring dat hulle weer in mekaar sou vasloop as dit so bestuur was.

‘n Paar maande later het John vir Jake verras met ‘n besoek aan sy kerk tydens die Sondag-oggend oggend erediens. Jake was veronderstel om die klanksisteem te oorsien, maar het uitgeglip tydens die diens, desperaat om met John te praat, wie se woorde hom die laaste ruk meer moeilikheid en frustrasie gebring het as enige iets anders. Soos wat hulle verby die aankondigingsborde loop wat al die kerk se aktiwiteite en programme aandui, word dit duidelik vir Jake dat die “kerk-sisteem” floreer op die harde werk van sy lidmate. John het lig gewerp op die saak: “One of the most significant lessons Jesus taught his disciples was to stop looking for God’s life in the regimen of rituals and rules. He came not to refurbish their religion, but to offer them a relationship. Were all those healings on the Sabbath, and the recording of them, just a coincidence that he found more sick people then? Of course not! He wanted his disciples to know that the rules and traditions of men get in the way of the power and life of his Father. And it can be pretty captivating too, because we all do what we do thinking it pleases God. No prison is as strong as religious obligation. It takes us captive even while we’re patting ourselves on the back” (p. 33).


Baie kerkleiers sien hulle-self as morele polisiemanne wie se doel dit is om hulle lidmate “beter Christene” te maak. John het die probleem met hierdie benadering uitgewys: “Who is going to draw near to God if he’s always trying to catch people at their worst moments, or always punishing them for their failures? We’re too weak for a God like that. We use guilt to conform people’s behavior, never realizing the same guilt will keep them far from God.”

“That’s why Jesus’ death is so threatening to those bred in religious obligation. If you were sick of it, and realized that it alone couldn’t open the doors to the relationship your heart cried out for, the cross was the greatest news of all. If, however, you made your living or earned your status in the system, the cross was a scandal. Now we can be loved without doing one thing to earn it.”

Jake het daarop die nommer een beswaar teen die boodskap van Genade opgebring: “But won’t people misuse that as an excuse to serve themselves?” Waarop John geantwoord het: “Of course, but just because people abuse something doesn’t make it wrong. If they want to live to themselves, it doesn’t matter that they claim some kind of false grace. But to people who really want to know God, he’s the only one who can open the door” (p. 35).


Elkeen van Jake en John se daaropvolgende gesprekke het ‘n paar maande uitmekaar plaasgevind, soos wat hulle makaar raakgeloop het in die mees onverwagte plekke. Tydens hierdie ontmoetings het Jake se godsdienstige denkwyse herhaaldelik aanstoot geneem as gevolg van John se onverwagte antwoorde op sy eie gefrustreerde vrae en stellings. Baie mensgemaakte tradisies word ontbloot in die volgende hoofstukke, soos bv. John se opinie oor mense wat betrokke is in sogenaamde “verantwoordings-groepe” (accountability groups): “All the accountability in Scripture is linked to God, not to other brothers and sisters. When we hold each other accountable we are really usurping God’s place. It’s why we end up hurting each other so deeply” (p. 40).


Sedert hulle laaste gesprek het Jake hard probeer om die dinge wat hy by John geleer het, in sy eie kerk te implimenteer, maar ongelukkig met baie ongewensde gevolge. John het hom egter vertel hoekom dit nie uitwerk nie: “Jake, if you listen to anything else I say, listen to this: Don’t use our conversations to try to change others. I’m only trying to help you learn to live in God’s freedom. Until they are looking for the same things you are, people will not understand and you’ll be accused of far worse. You’re trying to live what I said without letting God make it real in you. It won’t work that way. You’ll just end up hurting a lot of people and hurting yourself in the process” (p. 44).


In nog ‘n ontmoeting het John die probleem uitgewys met kerke wat in institusies verander het:  “…institutions can only reflect God’s love as long as those in it agree on what they’re doing. Every difference of opinion becomes a contest for power” (p. 49).

Deur op te staan vir die waarheid het Jake uiteindelik by ‘n paar vurke in die pad gekom, het dit hom in ‘n baie ongemaklike posisies geplaas en van hom vereis om sekere moeilike besluite te moet maak. Die plot word al dikker met elke hoofstuk en dit word moeiliker en moeiliker om die boek neer te sit.

Uiteindelik moet Jake besluit om moontlik die kerk te verlaat en dalk ‘n kerk by sy huis te begin, maar selfs in só ‘n besluit lê die gevaar om slegs een sisteem vir ‘n ander te verruil, soos John uitwys: “If this is another place for you to find your identity and to bury your shame by thinking you’ve got a better way to do it than anyone else, then you’re sating the same thirst, just from a different fountain” (p. 71).


Ek gaan nie die hele storie weggee nie – die boek eindig veels te goed om dit te doen! Jy kan hierdie boek egter self bestel of die gratis 1.9MB elektroniese kopie in PDF format hier aflaai: http://www.jakecolsen.com/contents.html

In Genade
Andre van der Merwe

Share

Boek Opsomming: SO YOU DONT WANT TO GO TO CHURCH ANYMORE?

01.06.11

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Selde in my lewe het ek al n boek gelees wat dit reg gekry het om my geboei te hou dwarsdeur amper elke bladsy; waar ek eenvoudig net nog n hoofstuk mos lees voor ek aan die slaap kon raak en wat my klein bootjie op n gevaarlike, goeie manier geskud het. SO YOU DONT WANT TO GO TO CHURCH ANYMORE? is so n boek. Dit is n mot lees vir enige iemand wat gewonder het of die lewe en vryheid waarvoor Jesus gesterf het, vir meer was as slegs godsdienstige verpligtinge en Sondag-roetine.

Jake, n assistant-pastoor by n kerk in die dorp Kingston, hoor hoe n man genaamd John (wie hy glo dalk die apostel Johannes kan wees) n skare mense in die straat onderbreek wat besig was om oor godsdienstige sake en oor Jesus te argumenteer, terwyl hulle mekaar die lelikste dinge toesnou. John se woorde aan die skare het Jake geskud tot in die fondament van sy geloof-sisteem, want hy het nog nooit iemand hoor praat oor Jesus soos John nie, asof hy Hom al persoonlik ontmoet het.

Maande later loop hy weer in John vas in n park gedurende sy middagete-breek; en so begin Jake se reis van ontdekking oor net ho deurmekaarspul die hedendaagse kerk-sisteem eintlik is. Hy besef hoe sy eie liefde vir Jesus stadig maar seker oor die jare afgesterf het en hoe hy homself in sy bediening probeer begrawe het om die gekerm van sy emosies te vermy. Hy het gedink dat om in voltydse bediening in te gaan hom sou help om sy drome te bewaarheid, maar na 4 jaar het dit hom nogsteeds bly ontwyk.

Dieselfde ding het jare vantevore met sy ouers gebeur toe hulle uit hulle ou kerk gejaag is (wat hulle eenvoudig as vervolging gesien het) en n nuwe een begin het. Jake was besig om hulle storie aan John te vertel (in Engels): Since they were no longer welcome at their church, they decided to start a new one together. The first gathering brought more than 80 people crammed into a small house. The atmosphere was electric. They decided to get organized, rent a building and hire a pastor. Then for the first time I saw it so clearly. And it slowly died. I muttered, astonished at the realization.
Waarop John geantwoord het: They were so distracted by all the work that they soon lost that joy of simply loving Jesus. Strange isnt it, that forming something into what they thought was a church could do what persecution couldnt? (p. 20).


Die modere kerk het die Ou Testamentiese wette (soos bv. besnydenis) met moderne, mensgemaakte rels vervang, soos om aan die kerk se programme te moet deelneem, terwyl onderliggende skuldgevoelens, konformering en manipulasie gebruik word om die skares te beheer. Soos John tereg ook s: Anything will lead people away from Gods life, as long as it preoccupies them enough to serve as an adequate substitute for the real thing. Its easier to see the problem when the standard is circumcision in Ephesus than when it is Sunday morning attendance in Kingston (p. 21).


John het nooit sy kontakdetails uitgegee nie en altyd aangedring dat hulle weer in mekaar sou vasloop as dit so bestuur was.

n Paar maande later het John vir Jake verras met n besoek aan sy kerk tydens die Sondag-oggend oggend erediens. Jake was veronderstel om die klanksisteem te oorsien, maar het uitgeglip tydens die diens, desperaat om met John te praat, wie se woorde hom die laaste ruk meer moeilikheid en frustrasie gebring het as enige iets anders. Soos wat hulle verby die aankondigingsborde loop wat al die kerk se aktiwiteite en programme aandui, word dit duidelik vir Jake dat die kerk-sisteem floreer op die harde werk van sy lidmate. John het lig gewerp op die saak: One of the most significant lessons Jesus taught his disciples was to stop looking for Gods life in the regimen of rituals and rules. He came not to refurbish their religion, but to offer them a relationship. Were all those healings on the Sabbath, and the recording of them, just a coincidence that he found more sick people then? Of course not! He wanted his disciples to know that the rules and traditions of men get in the way of the power and life of his Father. And it can be pretty captivating too, because we all do what we do thinking it pleases God. No prison is as strong as religious obligation. It takes us captive even while were patting ourselves on the back (p. 33).


Baie kerkleiers sien hulle-self as morele polisiemanne wie se doel dit is om hulle lidmate beter Christene te maak. John het die probleem met hierdie benadering uitgewys: Who is going to draw near to God if hes always trying to catch people at their worst moments, or always punishing them for their failures? Were too weak for a God like that. We use guilt to conform peoples behavior, never realizing the same guilt will keep them far from God.

Thats why Jesus death is so threatening to those bred in religious obligation. If you were sick of it, and realized that it alone couldnt open the doors to the relationship your heart cried out for, the cross was the greatest news of all. If, however, you made your living or earned your status in the system, the cross was a scandal. Now we can be loved without doing one thing to earn it.

Jake het daarop die nommer een beswaar teen die boodskap van Genade opgebring: But wont people misuse that as an excuse to serve themselves? Waarop John geantwoord het: Of course, but just because people abuse something doesnt make it wrong. If they want to live to themselves, it doesnt matter that they claim some kind of false grace. But to people who really want to know God, hes the only one who can open the door (p. 35).


Elkeen van Jake en John se daaropvolgende gesprekke het ‘n paar maande uitmekaar plaasgevind, soos wat hulle makaar raakgeloop het in die mees onverwagte plekke. Tydens hierdie ontmoetings het Jake se godsdienstige denkwyse herhaaldelik aanstoot geneem as gevolg van John se onverwagte antwoorde op sy eie gefrustreerde vrae en stellings. Baie mensgemaakte tradisies word ontbloot in die volgende hoofstukke, soos bv. John se opinie oor mense wat betrokke is in sogenaamde verantwoordings-groepe (accountability groups): All the accountability in Scripture is linked to God, not to other brothers and sisters. When we hold each other accountable we are really usurping Gods place. Its why we end up hurting each other so deeply (p. 40).


Sedert hulle laaste gesprek het Jake hard probeer om die dinge wat hy by John geleer het, in sy eie kerk te implimenteer, maar ongelukkig met baie ongewensde gevolge. John het hom egter vertel hoekom dit nie uitwerk nie: Jake, if you listen to anything else I say, listen to this: Dont use our conversations to try to change others. Im only trying to help you learn to live in Gods freedom. Until they are looking for the same things you are, people will not understand and youll be accused of far worse. Youre trying to live what I said without letting God make it real in you. It wont work that way. Youll just end up hurting a lot of people and hurting yourself in the process (p. 44).


In nog n ontmoeting het John die probleem uitgewys met kerke wat in institusies verander het: …institutions can only reflect Gods love as long as those in it agree on what theyre doing. Every difference of opinion becomes a contest for power (p. 49).

Deur op te staan vir die waarheid het Jake uiteindelik by n paar vurke in die pad gekom, het dit hom in n baie ongemaklike posisies geplaas en van hom vereis om sekere moeilike besluite te moet maak. Die plot word al dikker met elke hoofstuk en dit word moeiliker en moeiliker om die boek neer te sit.

Uiteindelik moet Jake besluit om moontlik die kerk te verlaat en dalk n kerk by sy huis te begin, maar selfs in s n besluit l die gevaar om slegs een sisteem vir n ander te verruil, soos John uitwys: If this is another place for you to find your identity and to bury your shame by thinking youve got a better way to do it than anyone else, then youre sating the same thirst, just from a different fountain (p. 71).


Ek gaan nie die hele storie weggee nie die boek eindig veels te goed om dit te doen! Jy kan hierdie boek egter self bestel of die gratis 1.9MB elektroniese kopie in PDF format hier aflaai: http://www.jakecolsen.com/contents.html

In Genade
Andre van der Merwe

Share

Hoekom Godsdienstiges Teen Genade Is

12.10.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Soos wat die asemrowende geur van Genade aanhou om die nasies van die aarde te deurkruis teen ‘n onkeerbare spoed, is godsdienstiges en predikers van die wet besig om hulle hakke selfs dieper in te skop soos wat hulle vasbeslote uitgaan om die waarheid teen te staan en dit selfs as godslastering af te maak. Hulle denominasies word selfs strenger gewaarsku om weg te bly van hierdie “verdraaing van die evangelie”. Ons kan egter begin om hulle paniek te verstaan as ons onsself in hulle skoene kon plaas vir ‘n oomblik.

Hier is ‘n boodskap wat so ‘n prediker se hele bestaan bedreig; ‘n evangelie wat sy eens passiewe gemeente bekragtig en bemoedig tot die vlak waar hulle dalk begin om hom in sy oortuigings uit te daag en in sekere gevalle hom selfs oortref in hulle vertoon van God se krag. Natuurlik gaan dit nie oor ‘n “wie kan die grootste wonderwerke doen – kompetisie” nie, maar in plekke waar manifestasies van die supernatuurlike so skaars soos hoendertande is, kan ‘n gelowige wat ewe skielik begin om siekes te genees en demone uit te dryf maklik as ‘n “bedreiging” gesien word. In gemeentes waar ‘n godsdienstige eerbied en vreesvolle “respek” vir God afgedwing word in pleks van vreugde, vryheid en liefde, word daar gefrons op die uitbundigheid wat gewoonlik gepaard gaan met mense wat openbaring ontvang van Genade.

Kom ons kyk na sommige van die redes waarom Genade uitgewerp en selfs as lastering in sekere sirkels beskou word:

1)   Wanneer ons mense vertel dat al hulle sondes (verlede, hede en toekoms) reeds vergewe is, dan gee ons hulle ‘n lisensie om te sondig.

Die snaakste ding omtrent hierdie argument is dat mense in elk geval sondig, of hulle nou ‘n lisensie het of nie! Die verskil is dat onder Genade, het iemand die vrymoedigheid om reguit terug na God toe te hardloop as hulle ‘n fout gemaak het, want soos die verlore seun weet hulle dat die Vader se liefde hulle altyd terug sal verwelkom. Maar iemand wat onder die veroordeling van die wet lewe, sal eers ‘n week vat voordat hulle die moed bymekaar kan skraap om weer met God te praat en hulleself dan nogsteeds kruisig oor wat hulle gedoen het.

2)   Predikers van die wet glo vas dat Christene “lui” word as Genade gepreek word. So instede van om die Nuwe Verbond te preek, preek hulle die vereistes van die Ou Verbond of ‘n mengsel van die twee om hulle mense “in toom” te hou.

Die probleem met hierdie banadering is dat dit ‘n liefdesverhouding afwater tot ‘n neerdukkende stel reels, met vrees vir straf of skulgevoelens as die motivering. Natuurlik mag daar dalk ‘n “oorgangsperiode” wees waar mense tot ‘n mate passief word soos wat hulle die streng  vereistes van die wet van hulle lewens af voel lig. Maar net soos wanner ons iemand wat ons liehet sou wou romantiseer of behaag, so sal ons lewens begin om ons liefde vir God te weerspiëel soos wat ons meer en meer besef hoe lief Hy ons het! [1 Joh 4:19 Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het].

3) Die wet is aanlokkend vir die vlees en gee mense ‘n gevoel van selfgenoegdheid tydens die periodes wanneer hulle voel hulle was “gehoorsaam”.

Die probleem is dat waneer hierdie valse gevoel van sukses weggeneem word, bly daar niks oor om oor te spog nie. Instede is ons veronderstel om net te rus en glo in Christus se voltooide werk.[Rom 3:27 Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof 28 Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet]. In meeste mense se opinies is hierdie opsie egter te maklik, en wet-predikers soek gedurig vir redes hoe om te verdien wat God gratis aan ons geskenk het.

4) Genade verwyder al die verpligtinge wat ons teenoor God gehad het.

Wanneer iets gedoen word uit ‘n gevoel van verpligting, beskryf die Bybel dit as werk. En wanneer iemand vir iets werk, word die beloning ‘n verdienste genoem. Genade is anders. Christus het al die werk vir ons gedoen en deur geloof ontvang ons as ‘n gratis geskenk al die seëninge en guns wat Hy namens ons verdien het. Dus werk = verdienste en geloof = gratis geskenk.  [Rom 4:4 Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste. 5 aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken].

Weereens is dit ‘n bitter pil om te sluk vir diégene wat altyd “hard wil werk vir God”. Die waarheid is dat ons God niks skuld nie, behalwe om te rus in Sy liefde vir ons en die Heilige Gees toe te laat om SY vrugte déur ons te laat manifesteer.

Share

Hoe Kan Ons “Kerk Toe Gaan” As Ons die Kerk IS?

11.25.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Die meeste van ons het grootgeword met die idee dat “kerk” ‘n gestruktureerde Sondag-oggend byeekoms is met so bietjie ruimte vir die Heilige Gees om in te kom en Sy ding te kom doen. Hy is egter net toegelaat om binne die geallokeerde tyd van die erediens te beweeg en te funksioneer binne ons beperkte “kerklike” woordeskat en gemaksones. Solank Hy ons ook net nie “ongemaklik” laat voel nie. In sommige kerke is die Heilige Gees omtrent net so welkom soos die Duiwel homself…

Baie min mense bereik die ontnugterende plek in hulle wandel met God waar hulle vir ‘n oomblik stop en hulle motiewe bevraagteken oor hoekom hulle aanhou met hulle godsdienstige gewoontes. Sommige mense woon Sondag byeenkomste by vir jare en jare sonder om te wonder hoekom. En omdat ons geneig is om teenoor God te identifiseer op grond van hoe goed ons presteer (Bybel lees, bid, kerk toe gaan, ens.), probeer ons nooit om vir ‘n paar weke of maande weg te bly nie, want die skuldgevoel raak te erg om te hanteer. Dan trek ons maar weer ons Sondag-klere aan en gaan terug vir nog…
Die hartseer ding is dat meeste kerkgangers ‘n groot deel van hulle geestelike identiteit en sekuriteit gebasseer het in hulle assosiasie met die kerk beweging of institusie wat hulle bywoon. Dis egter verbasend dat hulle nooit stop en wonder wat sou gebeur met hulle geestelike lewe as daardie mat onder hulle voete uitgepluk sou word nie. Hoe lank sal hulle kan bly staan as hulle kerk sy deure so toemaak? Hoe standvastig is hulle verhuding met God WEG VAN daardie institusie af?

“Christenskap het in die Midde-Ooste begin as ‘n gemeenskap; na Griekeland toe beweeg en ‘n filosofie geword; na Italië toe beweeg en ‘n institusie geword; na Europa toe beweeg en ‘n kultuur geword; na Amerika toe gekom en ‘n besigheid geword” – Sam Pascoe.

Deur die eeue is allerlei slim mensgemaakte teorieë en leerrings ingestel om mense vasgenael te hou aan die aanskoulike Sondag optredes in kerke, leerringe dat ons byvoorbeeld “Verantwoordbaar” of onder die “Bedekking” van ‘n institusie of kerk beweging iewers moet wees. En tòg sien ons nêrens dat hierdie patroon deur Jesus uitgebeeld is nie.

“Die leerring van “bedekking” is ‘n ou leuen met ‘n nuwe naam. Dit is fundamenteel tot die instandhouding van ‘n valse hiërargie van godsdienstige siteme wat baie Christene tot vandag toe nog beheer. Sonder die krag van hierdie onderdrukkende denkpatroon, is dit selfs twyfelbaar dat sommige seksies van die “kerk” kan bly voortbestaan” – Cheryl McGrath.

Ons Liggaam: God se Tempel

In die Ou Testament het God in tempels gewoon wat met mensehande gebou is. Tydens die inwyding van die Tabernakel (Eks 4:34) en ook van Salomo se temple (2 Kron 5:11-14) het God se teenwoordigheid die gebou soos ‘n wolk gevul en dit was waar Hy gekies het om te woon tussen Sy mense. Die gebou was nie vir mense gemaak nie; die hoëpriester kon slegs een maal per jaar ingaan om offerandes te bring. Die gebou was vir God alleen.

In die Nuwe Testament bly God nie meer in mensgemaakte geboue nie – Hy woon in mense: [1 Kor 6:19 Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?].

Nou is ons Sy heilige priesters met vrye toegang tot die allerheiligste: [1 Pet 2:5 en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus]. Die enigste rede hoekom ons binne-in ‘n gebou sou wou bymekaarkom is om te verhoed dat ons natreën of dat die son ons brand. Die gebou dien slegs om die mense te akkommodeer. So om te sê “ons gaan kerk toe” is eintlik verkeerd, want ons IS die kerk.

Sondag byeenkomste in geboue het ook die ongewensde uitwerking dat dit mense meer “byeenkoms-gefokus” maak as “Christus-gefokus”, tot die punt waar gelowiges amper glad nie meer effektief kan funsksioneer buite hulle gestruktureerde byeenkomste op Sondae nie. Ons het nie ‘n spesiale preek, “gesalfde” musiek of enige iets van die soort nodig om intiem met ons Vader te wees nie. Hy is by ons elke tree van die pad en geniet ons eenvoudig omdat ons Syne is.

Is Sondag-Oggend Byeenkomste Bybels?

Die eenvoudige rede hoekom Sondag byeenkomste so goed werk vir meeste mense is omdat die meerderheid op Sondae af is. Indien mense byvoorbeeld nie op Maandae gewerk het nie, sou kerk byeenkomste waarskynlik op Maandae gehou gewees het. Een dag is nie meér spesiaal as die ander dag nie (Gal 4:9-10).

Wat egter betref die stelling dat Sondag byeenkomste onbybels is – dit is pure onsin. Almal is veronderstel om ‘n plek te hê waar hulle gemeenskap en interaksie het met die res van die ligaam (op watter dag van die week hulle ookal wil); ons was nooit veronderstel om hierdie wedloop alleen te hardloop nie: [Heb 10:25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom].

Ons is almal deel van dieselfde liggaam en niemand van ons is veronderstel om in isolasie te probeer funksioneer nie. Dis egter ‘n hartseer realiteit dat ‘n groeiende hoeveelheid dele van die ligaam geforseer word om buitekant die formele kerk gemeenskap interaksie te hê, omdat die grootste gedeelte van die liggaam aangetas is deur die siektes van tradisies, formalisme, godsdiens en reëls.

As ons vasgevang is in dieselfde geestelike put jaar na jaar, moet ons onsself vra of ons kerk bywoning ons regtig enigsins goed doen. Dalk het ons nodig om van die manipulerende greep te ontsnap wat sommige kerkleiers op mense toepas, en vir onsself te toets en sien dat die Here goed is.

Persoonlike Getuienis

Ek het begin ervaar dat daar geen verskil is tussen die manier wat ek voel waneer ek by ‘n “kerk” byeenkoms is of as ek alleen is by die huis, by die werk, by vriende of in die straat loop, waar ek eintlik veronderstel is om kerk te WEES nie. Oor die laaste 7 of 8 maande, waartydens ons nie werklik formeel betrokke was by enige “kerk” nie, het dit natuurlik geword om ons hande op siek mense te lê by braais, om oordie Koninkryk te praat met vriende by restaurante of in die sitkamer en God se inwonende teenwoordigheid te ervaar elke dag.

Ons ontmoet met ‘n groep vriende elke 2de Vrydag-aand om net eenvoudig te gesels, te eet en gemeenskap van geloof te hê. Indien iemand voel hulle wil bid, dan doen hulle dit. As ons voel die Gees wil die kamer vul met profesie, woorde van kennis, aanbiddingsliedere of tale, laat ons Hom dit doen. En ons laat almal bydra, nie net een enkele soldaat wat elke Sondag met Sy openbaring kom terwyl die res passief moet sit terwyl die boodskap oorgedra word nie. Ja daar is ‘n tyd vir stilsit en luister, maar nie soos dit elke Sondag, keer op keer en oor en oor gedoen word nie.

Daar is nie plekke of organisasies of bewegings wat ek van weet wat dit al reggekry het om ‘n struktuur te vind vir hierdie tipe vryheid nie. Ek kan dink dat dit effens moeilik kan raak as daar baie mense is. Indien enige iemand egter deel is van iets soos hierdie, sou ek graag wou uitvind wat julle doen, want ons vertrou God tans om hier ‘n kerk te plant, sonder dat dit slegs nog ‘n institusie word. Ek glo vas dit hierdie die sleutel is om die wêreldye beweging van God te sien manifesteer: Die openbaring dat ONS die kerk IS – Christus in ons, die hoop op heerlikheid.

In Genade
Andre van der Merwe

Share

10 Redes Om Die 10 Gebooie Te Vermy

11.15.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Dit is moeilik om te verstaan hoe menigte gelowiges, selfs in ons tyd, oortuig is dat hulle wetsonderhouding en goeie optrede verhewe kan wees bo ‘n verhouding met Jesus wat gebasseer is op liefde en vryheid. Hoe is dit dat lojaliteit teenoor ‘n ou Joodse reel-sisteem meer belangrik kan wees as die einste persoon wat dit alreeds namens ons vevul het? Net soos hardnekkige Israel in die woestyn, kleef mense vandag steeds arrogant vas aan ‘n geskrewe kode wat eintlik bedoel was om hulle sondige toestand te ontbloot en hulle na Jesus te wys!

[Joh 5:39 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig. 40 En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie]. Jesus is nou selfs nader aan ons as wat Hy aan Sy dissipels was – Hy leef in ons deur Sy Gees! Maar soos die Fariseers, selfs toe Jesus reg voor hulle staan, kies menigte Christene die wet bò Christus.

[2 Kor 3:14 Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word. 15 Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart].

‘n Groot gedeelte van die liggaam van Christus is so behep en vasgevang in hulle Sondag-oggend byeenkomste, tradisies, pogings om ‘n heilige leefstyl te probeer handhaaf en het hulle harte so verhard teen ons Vader se liefdevolle toenaderings, dat dit geen wonder is dat die wêreld niks te doen wil hê met Christene nie! Die term “Christen” in meeste sekulêre sirkels is sinoniem met ‘n persoon wat wil hê ander mense moet ophou om hierdie en daardie sonde te doen, hulle lewe in orde moet kry en begin om vir God te werk! Nou wie in hulle gesonde verstand sou hulle leefstyl van wêreldse plesiere wou opgee vir ‘n tronksel soos dit?

Maar wanneer ons aan hulle die onvoorwaardelike, orrdeel-vrye liefde van ons Vader wys, wat Sy genade onverdiend uitstort op almal wat dit wil aanvaar, dan is dit dat hulle onweerstaanbaar na Hom toe aangetrek word. Dit is wanneer hulle die vrugte van die inwondende Gees deur ons sien manifesteer, dat die leë spasie binne hulle uitroep om gevul te word met die ware lewe van die opgestane Christus.

10 Redes om te Hardloop!

Kom ons kyk na 10 belangrike redes hoekom Christen nie volgens die vereistes van die wet en die 10 Gebooie behoort te leef nie:

1) [Gal 3:19a Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom]. In vers 16 verwys die “saad” na Christus. So die wet was gegee vir ‘n sekere tydsperiode, totdat die Saad sou kom. Daardie tyd het gekom en gegaan meer as 2000 jaar gelede.

2) [Gal 3:24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. 25 Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie].Selfs al was die wet tot nut vir ons in ‘n sekere mate tydens ons vormingsjare, deur ons vlees uit die moeilikheid te hou, kan dit nooit dien as ‘n plaasvervanging vir om deur God se Gees gelei te word noudat ons kinders van God is nie. Op een of ander stadium moet ons besef ons het die kleuterskool klas ontgroei  waar die wet sy sweep geklap het om ons te tugtig. [Gal 5:18 Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie].

3) Die wet is ontwerp om ons te verdruk en te oorwin, ons tot stilswye te bring en ons te wys hoe sondig ons is. Paul Ellis (escapetoreality.org) skryf die volgende: “… die wet is supernatuurlik geïnspireer om sonde te stimuleer (Rom 5:20). As jy ‘n sondaar is, sal die wet jou vertel wat om nie te doen nie en dan ‘n behoefte by jou skep om presies dit te doen! God het nooit aan ons die wet gegee soda tons kan weet hoe om op te tree nie. Hy het dit gegee sodat ons bewus kan wees van ons sonde en stilgemaak word deur skuld (Rom 3:19-20).” Cornel Marais (www.charismaministries.org) skryf: “Die wet blameer jou, maar Genade het Jesus namens jou geblameer.”

4) Om te probeer om onder die verdrukking te leef van iets wat ontwerp is om ons te vernietig, kan slegs opeindig in terleurstelling en verlies. Die geskrewe kode van die wet kan nie lewe gee nie, slegs dood. [2 Kor 3:6b want die letter maak dood, maar die gees maak lewend].

5)  ‘n Wet gebasseerde leefstyl is ‘n kragtelose, nuttelose plaasvervanging vir om deur die Gees gelei te word. Byvoorbeeld, die wet vereis dat ons 10% van ons inkomste moet gee, maar die Gees sê “Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief” (2 Kor 9:7).

6)      Die wet laat ons sonder weerstand teen die krag van sonde; inteendeel die ware doel van die wet is om sonde te openbaar! [Rom 5:20a Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word]. Ons sal elke keer met ‘n bloedneus wegloop as ons probeer om sonde te oorkom deur ons eie vleeslike pogings om die wet te onderhou. Dit is slegs deur om onsself  aan die Heilige Gees te onderwerp en Hom toe te laat om deur ons te leef en ons te lei, dat ons in vryheid van veroordeling kan leef. [Rom 6:14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade].

7)  So onverbiddelik en intimiderend as wat die straf vir wetsoortreding ookal mag wees, geen person was nog ooit in staat om God se seëninge of die ewige lewe te verdien deur die wet se vereistes 100% van die tyd na te kom nie – net Jesus kon dit doen. En as gevolg van ons geloof in Christus, is Sy gehoorsaamheid aan ons toegeëien as ‘n gratis geskenk, wat beteken sonder dat ons dit self gedoen het, sien God ons asof ons al die wette ons hele lewe lank nagekom het! [Rom 8 Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, 4 sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees].

8 ) [Joh 1:17 Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom]. In die Engels vind ons die word “but” (“maar” in Afrikaans) aan die begin van die tweede helfte van hierdie vers. [Joh 1:17 For the law was given through Moses, but grace and truth came through Jesus Christ]. Dit beteken dat die eerste helfte van die vers in teenstelling staan met die tweede helfte. As genade en waarheid dus deur Christus gekom het, impliseer dit dat die wet wat deur Moses gegee is nie met genade en waarheid gekom het nie. Inteendeel, toe die wet gegee is by die berg Sinai, het ongeveer 3000 mense doodgegaan omdat hulle ‘n goue kalf aanbid het (Eks 32:28). Maar toe die Gees uigegiet is in Handelinge 2, is ongeveer 3000 mense wedergebore (Hand 2:41).

9)  Baie Christene probeer steeds om God te behaag deur hulle eie vermoë om die vereistes van die wet na te kom. Paul die apostel het ‘n baie sterk opinie hieroor gehad: [Gal 5:4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval]. Dit mag daarom as ‘n verassing kom vir baie mense dat ons nie uit genade uit val wanneer ons sondig nie; ons val uit genade waneer ons volgens die wet probeer leef!

10)  Christus is die einde van die wet. Met Sy laaste asem aan de kruis het Hy gesê “Dit is volbring”. Dit beteken dit is voltooi, klaar, vervul en afgehandel. Menigte Christene is egter nie oortuig hiervan nie. Lees gerus ons vorige artikel (http://www.newcovenantgrace.com/afrikaans/christene-onder-wet) as u wil weet wat Jesus bedoel het met die volgende woorde: [Mat 5:17 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. 18 Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie].

Die skrifte is egter duidelik:

[Rom 3:28 Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet].

[Rom 7:6  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie].

[Rom 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo].

[Gal 2:21 Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe].

[Gal 2:16  terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie].

In Genade

Andre van der Merwe

Share