Wanneer het die Ou Testament Geëindig? (deel 2)
04.15.10
Wanneer Het die Ou Testament Geëindig? (deel 2)
‘n Testament of wil kom slegs in krag wanneer iemand sterf. In werklikheid kan die begunstigde nie erf terwyl die testator (die person wat die testament opgestel het) nog leef nie. [Heb 9:16 Want waar ‘n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word; 17 want ‘n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie]. Nou oorweeg die volgende: Gedurende die 30 jaar of sò wat Jesus op die aarde geleef het en die 3 jaar wat Hy bedien het voordat Hy gesterf het, onder watter Testament het Hy geleef? Onder die OU Testament natuurlik! Hy was steeds lewendig en en ons het sopas in die vorige 2 verse gesien dat ‘n testament nie in werking tree terwyl die prsoon wat dit opgestel het steeds leef nie. [Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet]. So indien iemand eis dat hulle steeds die Ou Testamentiese Wet moet gehoorsaam omdat Jesus dit gedoen het, wel Jesus moes dit gehoorsaam want Hy is onder die Ou Testament gebore en Hy moes dit vervul!
Die kruisiging en dood van Jesus Christus is beskryf in Matt 27, Mark 15, Luk 23 en Joh 19. As ons byvoorbeeld die boek van Matteus vat en ons sien dat hoofstuk 27 die plek was waar die Nuwe Testament in werking getree het (want dit is waar Jesus gesterf het), impliseer dit dat alles voor Matt 27 Ou Testament was want die Nuwe Testament was nog nie in plek gestel nie! Daarom volgens wettige geldigheid begin die Nuwe Testament eintlik eers in Matt 27 (en Mark 15, Luk 23 en Joh 19). Alles voor hierdie hoofstukke is OU TESTAMENT.
Tydens Sy tyd op aarde het ons nooit vir Jesus die evangelie van die Koninkryk sien preek aan enige iemand anders as die Jode nie, want Hy was steeds onder die Ou Testament en Hy was nie toegelaat om enige van Israel se erfenis te deel met nie-Joodse mense nie. Een maal sien ons egter vir Jesus buite die grondgebied van Galilëe reis en Hy was voorgekeer deur ‘n Kanaänitiese vrou wat nie ‘n Jood was nie:
[Matt 15:21-28 En Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon vertrek. 22 En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete. 23 Maar Hy het haar nie ‘n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan. 24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel. 25 Daarop kom sy en val voor Hom neer en sê: Here, help my! 26 Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie. 27 En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval. 28 Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af].
Wat die vrou in werklikheid gesê het was die volgende: “Here indien daar enige iets oorskiet van die seëninge van Israel, help my asseblief!” En deur geloof is hierdie vrou toe ingevoeg in die Nuwe Verbond voordat dit nog eintlik tyd was vir die Heidene om erfgename te word! Ons sien ook ‘n paar ander soortgelyke voorbeelde in die Bybel soos Ragab die prostituut wat die verspieders weggesteek het in Jerigo, Rut die Möabiet, Naaman die Assiriër wat genees is van melaatsheid nada thy homself sewe maal in die Jordaan gaan was het op opdrag van Elia, ens. Deur geloof het hierdie mense tyd vooruitgeloop en hulle erfenis ontvang lank voordat dit eintlik hulle tyd was.
So as die Nuwe Testament by Golgota begin het met die dood van Jesus (onthou Heb 9:16-17 bo), moet dit beteken dat die Ou Testament iewers voor dit gekanselleer moes gewees het. Ons vind ‘n profesie in hierdie verband gemaak deur die profeet Sagaria teen ongeveer 520 jaar voor Christus. Ons sal die storie vinnig deel en meng met die betrokke verse:
God was die skaapwagter van die skape (Israel) onder die Ou Testament. Hy het hulle opgepas met Sy staf genaamd “Lieflikheid” (en nog ‘n staf genaamd “Eenheid” of “Samebinding”). [Sag 11:7 En ek het die slagskape—waarlik ellendige skape! —opgepas; en ek het vir my twee stawe geneem. Die een het ek genoem: Lieflikheid, en die ander het ek genoem: Samebinding; en ek het die skape opgepas]. Die staf genaamd “Lieflikheid” het die verbond gesimboliseer wat Hy met Israel gesluit het. Die probleem met hierdie trop skape was egter dat hulle gedurig agter afgode aan gehardloop het en volgehou het in hulle rebellie teen hulle Oppasser. Nou het die Skaapwagter net mooi genoeg gehad en het hulle vertel dat Hy gaan bedank. [Sag 11:9 Daarop het ek gesê: Ek wil julle nie meer oppas nie—wat sterwend is, laat sterwe; en wat verlore gaan, laat verlore wees, en laat die wat oorbly, mekaar se vleis verslind!]. Hy het ook versoek dat hulle Hom moes betaal vir die dienste wat Hy gelewer het, maar as hulle Hom nie wou betaal nie dan moes hulle dit los. [Sag 11:12 Daarop sê ek vir hulle: As dit goed is in julle oë, gee dan my loon; en so nie, laat dit dan staan. Toe het hulle my loon afgeweeg: dertig sikkels silwer]. En op die dag wat Jesus verraai was vir 30 silwerstukke deur Judas Iskariot, het God Sy staf gebreek en die verbond bëeindig wat Hy met Israel gemaak het. [Sag 11:10 Toe het ek my staf Lieflikheid geneem en dit verbreek, om my verbond wat ek met al die volke gesluit het, te verbreek].
Indien ons na die konteks van Sag 11 kyk sal ons sien die “nasies” verwys slegs na Israel en Juda. [Sag 11:14 Toe het ek my tweede staf, Samebinding, verbreek, om die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek].
Nou hier is ‘n regte juweel: Meer as 500 jaar voordat Christus verraai is, het die profeet Sagaria die volgende woorde gespreek: [Sag 11:13 Hierop sê die HERE vir my: Gooi dit vir die pottebakker—die heerlike prys waarmee Ek deur hulle gewaardeer is! En ek het die dertig sikkels silwer geneem en dit in die huis van die HERE vir die pottebakker gegooi].
30 Stukke silwer was die ooreenkomstige prys wat aan die eienaar van ‘n slaaf verskuldig was indien so ‘n slaaf beseer was terwyl hy vir iemand anders gewerk het. Dit was ook die pry swat Jesus voor verraai was deur Judas Iskariot. Daarom sien ons hoe God sarkasties sê hulle het ‘n “heerlike” prys vir Hom betaal. Die Seun van die mens was veraai vir die prys van ‘n beseerde slaaf! En dan sien ons die volgende gedeelte in Matt 27 (let op na die deel oor die “pottebakker”):
[Matt 27:3 Daarna het Judas, sy verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge 4 en gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien! 5 En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang. 6 En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: Dit is nie geoorloof om dit in die skatkis te stort nie, omdat dit bloedgeld is. 7 En nadat hulle saam raad gehou het, het hulle die stuk grond van die pottebakker daarmee gekoop as ‘n begraafplaas vir vreemdelinge]. Sien Sag 11:13 weer (bo) – die profesie het selfs die pottebakker se veld beskryf!
Ons sien daarom dat die Ou Testament bëeindig is toe Jesus veraai is vir 30 stukke silwer en in die geestelike dimensie Sy staf gebreek het (wat Sy verbond met Israel gesimboliseer het). Maar alle lof aan God wat slegs ‘n paar uur later ‘n Nuwe Verbond in Sy eie bloed geskryf het, ‘n Testament wat al die nasies van die aarde ingesluit het en ons toegelaat het om kinders en erfgename te word deur geloof in die offer van Jesus Christus!
In Genade
Andre van der Merwe



