Archive for the ‘Previous Messages’ Category

Wanneer het die Ou Testament Geëindig? (deel 2)

04.15.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Wanneer Het die Ou Testament Geëindig? (deel 2)

‘n Testament of wil kom slegs in krag wanneer iemand sterf. In werklikheid kan die begunstigde nie erf terwyl die testator (die person wat die testament opgestel het) nog leef nie. [Heb  9:16 Want waar ‘n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word; 17 want ‘n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie]. Nou oorweeg die volgende: Gedurende die 30 jaar of sò wat Jesus op die aarde geleef het en die 3 jaar wat Hy bedien het voordat  Hy gesterf het, onder watter Testament het Hy geleef? Onder die OU Testament natuurlik! Hy was steeds lewendig en en ons het sopas in die vorige 2 verse gesien dat ‘n testament nie in werking tree terwyl die prsoon wat dit opgestel het steeds leef nie. [Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet]. So indien iemand eis dat hulle steeds die Ou Testamentiese Wet moet gehoorsaam omdat Jesus dit gedoen het, wel Jesus moes dit gehoorsaam want Hy is onder die Ou Testament gebore en Hy moes dit vervul!
Die kruisiging en dood van Jesus Christus is beskryf in Matt 27, Mark 15, Luk 23 en Joh 19. As ons byvoorbeeld die boek van Matteus vat en ons sien dat hoofstuk 27 die plek was waar die Nuwe Testament in werking getree het (want dit is waar Jesus gesterf het), impliseer dit dat alles voor Matt 27 Ou Testament was want die Nuwe Testament was nog nie in plek gestel nie! Daarom volgens wettige geldigheid begin die Nuwe Testament eintlik eers in Matt 27 (en Mark 15, Luk 23 en Joh 19). Alles voor hierdie hoofstukke is OU TESTAMENT.

Tydens Sy tyd op aarde het ons nooit vir Jesus die evangelie van die Koninkryk sien preek aan enige iemand anders as die Jode nie, want Hy was steeds onder die Ou Testament en Hy was nie toegelaat om enige van Israel se erfenis te deel met nie-Joodse mense nie. Een maal sien ons egter vir Jesus buite die grondgebied van Galilëe reis en Hy was voorgekeer deur ‘n Kanaänitiese vrou wat nie ‘n Jood was nie:

[Matt 15:21-28 En Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon vertrek. 22 En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete. 23 Maar Hy het haar nie ‘n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan. 24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel. 25 Daarop kom sy en val voor Hom neer en sê: Here, help my! 26 Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie. 27 En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval. 28 Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af].
Wat die vrou in werklikheid gesê het was die volgende: “Here indien daar enige iets oorskiet van die seëninge van Israel, help my asseblief!” En deur geloof is hierdie vrou toe ingevoeg in die Nuwe Verbond voordat dit nog eintlik tyd was vir die Heidene om erfgename te word! Ons sien ook ‘n paar ander soortgelyke voorbeelde in die Bybel soos Ragab die prostituut wat die verspieders weggesteek het in Jerigo, Rut die Möabiet, Naaman die Assiriër wat genees is van melaatsheid nada thy homself sewe maal in die Jordaan gaan was het op opdrag van Elia, ens. Deur geloof het hierdie mense tyd vooruitgeloop en hulle erfenis ontvang lank voordat dit eintlik hulle tyd was.

So as die Nuwe Testament by Golgota begin het met die dood van Jesus (onthou Heb 9:16-17 bo), moet dit beteken dat die Ou Testament iewers voor dit gekanselleer moes gewees het. Ons vind ‘n profesie in hierdie verband gemaak deur die profeet Sagaria teen ongeveer 520 jaar voor Christus. Ons sal die storie vinnig deel en meng met die betrokke verse:

God was die skaapwagter van die skape (Israel) onder die Ou Testament. Hy het hulle opgepas met Sy staf genaamd “Lieflikheid” (en nog ‘n staf genaamd “Eenheid” of “Samebinding”). [Sag 11:7 En ek het die slagskape—waarlik ellendige skape! —opgepas; en ek het vir my twee stawe geneem. Die een het ek genoem: Lieflikheid, en die ander het ek genoem: Samebinding; en ek het die skape opgepas]. Die staf genaamd “Lieflikheid” het die verbond gesimboliseer wat Hy met Israel gesluit het. Die probleem met hierdie trop skape was egter dat hulle gedurig agter afgode aan gehardloop het en volgehou het in hulle rebellie teen hulle Oppasser. Nou het die Skaapwagter net mooi genoeg gehad en het hulle vertel dat Hy gaan bedank. [Sag 11:9 Daarop het ek gesê: Ek wil julle nie meer oppas nie—wat sterwend is, laat sterwe; en wat verlore gaan, laat verlore wees, en laat die wat oorbly, mekaar se vleis verslind!]. Hy het ook versoek dat hulle Hom moes betaal vir die dienste wat Hy gelewer het, maar as hulle Hom nie wou betaal nie dan moes hulle dit los. [Sag 11:12 Daarop sê ek vir hulle: As dit goed is in julle oë, gee dan my loon; en so nie, laat dit dan staan. Toe het hulle my loon afgeweeg: dertig sikkels silwer]. En op die dag wat Jesus verraai was vir 30 silwerstukke deur Judas Iskariot, het God Sy staf gebreek en die verbond bëeindig wat Hy met Israel gemaak het. [Sag 11:10 Toe het ek my staf Lieflikheid geneem en dit verbreek, om my verbond wat ek met al die volke gesluit het, te verbreek].
Indien ons na die konteks van Sag 11 kyk sal ons sien die “nasies” verwys slegs na Israel en Juda. [Sag 11:14 Toe het ek my tweede staf, Samebinding, verbreek, om die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek].

Nou hier is ‘n regte juweel: Meer as 500 jaar voordat Christus verraai is, het die profeet Sagaria die volgende woorde gespreek: [Sag 11:13 Hierop sê die HERE vir my: Gooi dit vir die pottebakker—die heerlike prys waarmee Ek deur hulle gewaardeer is! En ek het die dertig sikkels silwer geneem en dit in die huis van die HERE vir die pottebakker gegooi].

30 Stukke silwer was die ooreenkomstige prys wat aan die eienaar van ‘n slaaf verskuldig was indien so ‘n slaaf beseer was terwyl hy vir iemand anders gewerk het. Dit was ook die pry swat Jesus voor verraai was deur Judas Iskariot. Daarom sien ons hoe God sarkasties sê hulle het ‘n “heerlike” prys vir Hom betaal. Die Seun van die mens was veraai vir die prys van ‘n beseerde slaaf! En dan sien ons die volgende gedeelte in Matt 27 (let op na die deel oor die “pottebakker”):

[Matt 27:3 Daarna het Judas, sy verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge 4 en gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien! 5 En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang. 6 En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: Dit is nie geoorloof om dit in die skatkis te stort nie, omdat dit bloedgeld is. 7 En nadat hulle saam raad gehou het, het hulle die stuk grond van die pottebakker daarmee gekoop as ‘n begraafplaas vir vreemdelinge]. Sien Sag 11:13 weer (bo) – die profesie het selfs die pottebakker se veld beskryf!

Ons sien daarom dat die Ou Testament bëeindig is toe Jesus veraai is vir 30 stukke silwer en in die geestelike dimensie Sy staf gebreek het (wat Sy verbond met Israel gesimboliseer het). Maar alle lof aan God wat slegs ‘n paar uur later ‘n Nuwe Verbond in Sy eie bloed geskryf het, ‘n Testament wat al die nasies van die aarde ingesluit het en ons toegelaat het om kinders en erfgename te word deur geloof in die offer van Jesus Christus!
In Genade
Andre van der Merwe

Share

Wanneer het die Ou Testament Geindig? (deel 2)

04.15.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Wanneer Het die Ou Testament Geindig? (deel 2)

n Testament of wil kom slegs in krag wanneer iemand sterf. In werklikheid kan die begunstigde nie erf terwyl die testator (die person wat die testament opgestel het) nog leef nie. [Heb 9:16 Want waar n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word; 17 want n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie]. Nou oorweeg die volgende: Gedurende die 30 jaar of s wat Jesus op die aarde geleef het en die 3 jaar wat Hy bedien het voordat Hy gesterf het, onder watter Testament het Hy geleef? Onder die OU Testament natuurlik! Hy was steeds lewendig en en ons het sopas in die vorige 2 verse gesien dat n testament nie in werking tree terwyl die prsoon wat dit opgestel het steeds leef nie. [Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit n vrou, gebore onder die wet]. So indien iemand eis dat hulle steeds die Ou Testamentiese Wet moet gehoorsaam omdat Jesus dit gedoen het, wel Jesus moes dit gehoorsaam want Hy is onder die Ou Testament gebore en Hy moes dit vervul!
Die kruisiging en dood van Jesus Christus is beskryf in Matt 27, Mark 15, Luk 23 en Joh 19. As ons byvoorbeeld die boek van Matteus vat en ons sien dat hoofstuk 27 die plek was waar die Nuwe Testament in werking getree het (want dit is waar Jesus gesterf het), impliseer dit dat alles voor Matt 27 Ou Testament was want die Nuwe Testament was nog nie in plek gestel nie! Daarom volgens wettige geldigheid begin die Nuwe Testament eintlik eers in Matt 27 (en Mark 15, Luk 23 en Joh 19). Alles voor hierdie hoofstukke is OU TESTAMENT.

Tydens Sy tyd op aarde het ons nooit vir Jesus die evangelie van die Koninkryk sien preek aan enige iemand anders as die Jode nie, want Hy was steeds onder die Ou Testament en Hy was nie toegelaat om enige van Israel se erfenis te deel met nie-Joodse mense nie. Een maal sien ons egter vir Jesus buite die grondgebied van Galile reis en Hy was voorgekeer deur n Kananitiese vrou wat nie n Jood was nie:

[Matt 15:21-28 En Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon vertrek. 22 En n Kananse vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en ges: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete. 23 Maar Hy het haar nie n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en s: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan. 24 Maar Hy antwoord en s: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel. 25 Daarop kom sy en val voor Hom neer en s: Here, help my! 26 Maar Hy antwoord en s: Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie. 27 En sy s: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval. 28 Toe antwoord Jesus en s vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil h. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af].
Wat die vrou in werklikheid ges het was die volgende: Here indien daar enige iets oorskiet van die seninge van Israel, help my asseblief! En deur geloof is hierdie vrou toe ingevoeg in die Nuwe Verbond voordat dit nog eintlik tyd was vir die Heidene om erfgename te word! Ons sien ook n paar ander soortgelyke voorbeelde in die Bybel soos Ragab die prostituut wat die verspieders weggesteek het in Jerigo, Rut die Mabiet, Naaman die Assirir wat genees is van melaatsheid nada thy homself sewe maal in die Jordaan gaan was het op opdrag van Elia, ens. Deur geloof het hierdie mense tyd vooruitgeloop en hulle erfenis ontvang lank voordat dit eintlik hulle tyd was.

So as die Nuwe Testament by Golgota begin het met die dood van Jesus (onthou Heb 9:16-17 bo), moet dit beteken dat die Ou Testament iewers voor dit gekanselleer moes gewees het. Ons vind n profesie in hierdie verband gemaak deur die profeet Sagaria teen ongeveer 520 jaar voor Christus. Ons sal die storie vinnig deel en meng met die betrokke verse:

God was die skaapwagter van die skape (Israel) onder die Ou Testament. Hy het hulle opgepas met Sy staf genaamd Lieflikheid (en nog n staf genaamd Eenheid of Samebinding). [Sag 11:7 En ek het die slagskapewaarlik ellendige skape! opgepas; en ek het vir my twee stawe geneem. Die een het ek genoem: Lieflikheid, en die ander het ek genoem: Samebinding; en ek het die skape opgepas]. Die staf genaamd Lieflikheid het die verbond gesimboliseer wat Hy met Israel gesluit het. Die probleem met hierdie trop skape was egter dat hulle gedurig agter afgode aan gehardloop het en volgehou het in hulle rebellie teen hulle Oppasser. Nou het die Skaapwagter net mooi genoeg gehad en het hulle vertel dat Hy gaan bedank. [Sag 11:9 Daarop het ek ges: Ek wil julle nie meer oppas niewat sterwend is, laat sterwe; en wat verlore gaan, laat verlore wees, en laat die wat oorbly, mekaar se vleis verslind!]. Hy het ook versoek dat hulle Hom moes betaal vir die dienste wat Hy gelewer het, maar as hulle Hom nie wou betaal nie dan moes hulle dit los. [Sag 11:12 Daarop s ek vir hulle: As dit goed is in julle o, gee dan my loon; en so nie, laat dit dan staan. Toe het hulle my loon afgeweeg: dertig sikkels silwer]. En op die dag wat Jesus verraai was vir 30 silwerstukke deur Judas Iskariot, het God Sy staf gebreek en die verbond beindig wat Hy met Israel gemaak het. [Sag 11:10 Toe het ek my staf Lieflikheid geneem en dit verbreek, om my verbond wat ek met al die volke gesluit het, te verbreek].
Indien ons na die konteks van Sag 11 kyk sal ons sien die nasies verwys slegs na Israel en Juda. [Sag 11:14 Toe het ek my tweede staf, Samebinding, verbreek, om die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek].

Nou hier is n regte juweel: Meer as 500 jaar voordat Christus verraai is, het die profeet Sagaria die volgende woorde gespreek: [Sag 11:13 Hierop s die HERE vir my: Gooi dit vir die pottebakkerdie heerlike prys waarmee Ek deur hulle gewaardeer is! En ek het die dertig sikkels silwer geneem en dit in die huis van die HERE vir die pottebakker gegooi].

30 Stukke silwer was die ooreenkomstige prys wat aan die eienaar van n slaaf verskuldig was indien so n slaaf beseer was terwyl hy vir iemand anders gewerk het. Dit was ook die pry swat Jesus voor verraai was deur Judas Iskariot. Daarom sien ons hoe God sarkasties s hulle het n heerlike prys vir Hom betaal. Die Seun van die mens was veraai vir die prys van n beseerde slaaf! En dan sien ons die volgende gedeelte in Matt 27 (let op na die deel oor die pottebakker):

[Matt 27:3 Daarna het Judas, sy verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge 4 en ges: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle s: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien! 5 En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang. 6 En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en ges: Dit is nie geoorloof om dit in die skatkis te stort nie, omdat dit bloedgeld is. 7 En nadat hulle saam raad gehou het, het hulle die stuk grond van die pottebakker daarmee gekoop as n begraafplaas vir vreemdelinge]. Sien Sag 11:13 weer (bo) die profesie het selfs die pottebakker se veld beskryf!

Ons sien daarom dat die Ou Testament beindig is toe Jesus veraai is vir 30 stukke silwer en in die geestelike dimensie Sy staf gebreek het (wat Sy verbond met Israel gesimboliseer het). Maar alle lof aan God wat slegs n paar uur later n Nuwe Verbond in Sy eie bloed geskryf het, n Testament wat al die nasies van die aarde ingesluit het en ons toegelaat het om kinders en erfgename te word deur geloof in die offer van Jesus Christus!
In Genade
Andre van der Merwe

Share

Wanneer Het Die Ou Testament Ge-Eindig? (deel 1)

04.03.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Wanneer Het Die Ou Testament Ge-Eindig?

Die Bybel spreek menigmale daarvan dat ons erfgename van God is, of dat ons ‘n erfenis of erfdeel ontvang het. Daar is nog vele ander verse as die voorbeelde hier onder:

[Rom 8:17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word].
[Kol 1:12 en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig].

Nou volg dit logies dat vir ons om erfgename van God te word, dat Hy ‘n testament moes gehad het wat gespesifiseer het dat ons van Hom sou erf. Die Bybel het slegs 2 Testamente, naamlik die Ou en die Nuwe Testament. Beide die Hebreeuse en Griekse woorde wat gebruik is in die Bybel vir die woord “testament” kan ook vertaal word as “verbond” (“covenant” in Engels). Wanneer die konteks te doen gehad het met verhouding, was dit vertaal as “verbond”. Wanneer die konteks egter oor erfenis gehandel het, is dit vertaal as “testament”.

G1242 ????????: dee-ath-ay’-kay
From G1303; properly a disposition, that is, (specifically) a contract (especially a devisory will): – covenant, testament.

Dit is algemene kennis dat wanneer ‘n persoon na sy prokereur toe gaan om ‘n nuwe testament op te trek of veranderinge aan sy huidige een aan te bring, dat die ou een ongeldig verklaar word. Op dieselfde manier het God Sy Ou Testament opgetrek, maar later ‘n nuwe een ingestel om dit te vervang! Ons sal binnekort na die skrifte kyk om dit te bewys.

In Gen 12, 15, 17 en 22 sien ons dat God die Ou Testament / Verbond met Abraham sluit. Dit is belangrik om te weet dat die ENIGSTE erfgename van hierdie Testament Abraham en sy nakomelinge in die vlees was, wat eers die Hebreërs genoem was, later bekend gestaan het as Israel en steeds later die Jode geword het. Die erfenis wat God aan hulle gegee het was die Beloofde Land, ‘n geografiese gebied bekend as Kanaän.
In kort was hierdie die hele Ou Testament. Nie die Filistyne, die Assiriërs, die Egiptenare of engie ander nasie het erfgename onder die Ou Testament geword nie, want ons sien hoe God menigmaal teen hierdie nasies optree ten gunste van Israel – die enigste nasie wat ‘n erfdeel ontvang het onder die Ou Testament. Abraham en ook later Moses het die middelaars geword van die Ou Verbond wat gesluit is tussen God en die nasie van Israel. God het aan hulle die Wet gegee wat die Ou Verbond bekragtig het en in stand gehou is deur die blood van diere-offers: [Heb 9:18 Daarom is ook die eerste testament nie sonder bloed ingewy nie; 19 want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel 20 en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het].

In Heb 9 sien ons ‘n skril kontras wat getrek is tussen die bloed van diere (wat in wese die Ou Verbond in stand gehou het) en die bloed van Jesus, die geestelike “dier” (al ooit gewonder hoekom Jesus die Lam van God genoem is?) wat geoffer is as ‘n perfekte eens-vir-altyd prys vir sonde: [Heb 9:13 Want as die bloed van stiere en bokke en die as van ‘n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, 14 hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien?]. En ook [Heb 10:11  En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en  dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie; 12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God 13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete. 14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word].

Later in Gal 3 sien ons dat God ‘n Nuwe Testament gemaak het wat al die nasies van die aarde ingesluit het by die verbond wat God met Abraham gemaak het: [Gal 3:16 Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus] en ook [Gal 3:28  Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. 29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename]. Op geen plek in die Ou Testament was daar ooit ‘n bevel aan Israel gegee om die evangelie te preek en dit te versprei na enige ander nasie op aarde nie, want slegs Israel was erfgename on die Ou Testament. Maar onder die Nuwe Testament in Matt 28:19 sien ons Jesus Sy disssipels uitstuur om die Evangelie uit te dra na al die nasies op die aarde. Jesus het die middelaar geword van ‘n Nuwe Verbond, en het dit in Sy eie bloed geskryf (nie die bloed van diere nie): [Heb 9:15 En daarom is Hy Middelaar van ‘n nuwe testament, sodat, terwyl daar ‘n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang].

In Genade
Andre van der Merwe

Share

Misverstane Bybel Terminologie deel 2

03.05.10

Posted by Andre van der Merwe  |  2 Comments »

Beoefen Wetteloosheid of Ongeregtigheid

Om op te volg op ons laaste boodskap, ons het gesien dat baie verse en Bybel “konsepte” in die Nuwe Testament (veral uit die briewe van 1 – 3 Johannes) in die  verleede gemisinterpreteer is en gebruik is as ‘n sweep om die liggaam van Christus terug onder die Wet in te slaan. In hierdie boodskap sal ons voortgaan om hierdie argumente te verslaan met waarheid uit die Woord.

In Matteus 7 het Jesus presies dieselfde terminologie gebruik as Johannes, met verwysing na mense wat “wetteloosheid beoeofen”. Hy het hulle bevel om weg te gaan van Hom af want Hy het hulle nooit geken nie. Nou om “wetteloosheid te beoefen” mag dalk klink soos iets wat ‘n persoon veronderstel is om te DOEN, maar kom ons kyk na die konteks. In Matt7:15 waarsku Jesus oor die valse profete wat in skaapsklere sou kom en verder in vers 21 praat hy nogsteeds oor hierdie selfde mense. Ons sal kyk na die hele teks hier sodat die skeptiese mense vir hulleself kan sien: [Matt 7:15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. 16 Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! 17 So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. 18 'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. 19 Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. 20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken]. Hierdie verse verwys spesifiek na die feit dat ongelowiges nie die vrugte van die Gees kan manifesteer nie want hulle het nie Heilige Gees wat binne-in hulle leef nie. Hulle mag dalk op ‘n beleefde, vriendelike manier optree, maar hulle harte bly steeds korrup en sondig. Daarom verwys Jesus na hulle as “roofsugtige wolwe” aan die binnekant. Let op dat Jesus in die volgende verse steeds met dieselfde mense praat:

[Matt 7:21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!].

In vers 21 sê Jesus dat “hy wat die wil van die Vader doen” sal die koninkryk van die hemele ingaan. Nou byt net bietjie vas deur die volgende paragraaf – dit mag dalk effens deurmekaar klink, maar ons sal alles bymekaar bring aan die einde.
Elders het Jesus ook die volgende gesê: [Joh 3:5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie]. Hier het Jesus verwys na die 2 verskillende geboortes (natuurlik en geestelik) van enige mens wat die koninkryk van die hemele binnegaan – eerstens word hulle gebore uit die water van hulle moeder se buik (Hy was nie besig om te praat van water-doop nie, want in vers 6 praat Hy spesifiek oor om uit die “vlees” gebore te word, wat beteken om in hierdie wêreld gebore te word) en tweedens word hulle gebore in die gees, beter beken as “wedergeboorte”. Nou wat leer die Bybel ons oor om wedergebore te word? [Rom 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; 10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding].
Weereens wil dit “voorkom” of ons ‘n teenstrydigheid het: In Matt 7:21 sê Jesus dat wieookal die wil van die Vader DOEN sal die koninkryk van die hemele binnegaan, maar uit Joh 3:5 en Rom 10:9-10 kan ons tot die gevolgtrekking kom dat dat wieookal in Jesus GLO sal die koninkryk binnegaan. Die volgende vers maak dit baie duidelik wat dit beteken om die werke van God te doen: [Joh 6:29 Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het]. Soos vantevore kan ons sien dat hierdie uitdrukkings, selfs al kom dit voor of hulle impliseer dat ons een of ander eksterne werk moet doen, dit in werklikheid verwys na ‘n daad van geloof; om ons vertroue in Jesus Christus te plaas. Dit is wat dit beteken om die wil van die Vader te “doen”.

Dan in Matt 7:23 (bo) beveel Jesus diégene wat “ongeregtigheid werk” om weg te gaan van Hom af. Hier verwys Hy weereens na die ongereddes, net soos wat Johannes verwys het na mense wat “wetteloosheid doen”: [1 Joh 3:4 Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid. 5 En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie]. Jesus het ook vir hierdie mense gesê: “Ek het julle nooit geken nie.” Kan dit enigsins duideliker wees dat hy wel na ongelowiges verwys het? Om wetteloosheid te doen beteken nie om die 10 Gebooie te breek nie.

Dit is daarom ook duidelik dat wanneer die Nuwe Testament verwys na mense wat “sonde doen” of “wetteloosheid werk”, dat dit nie dieselfde betekenis het as in die Ou Testament toe mense stees volgens die Wet geoordeel is nie. Die enigste sonde in die Nuwe Testament is om nie in Jesus te glo nie, soos wat ons ook voorheen gesien het toe ons gepraat het oor die “Onvergeefbare Sonde”.

Onderhou of Bewaar Gebooie

Kom ons slaan die finale spyker in die doodskis en bewys aan die aanhangers van die Ou Testamentiese Wette net hoé volledig die Genade van God voorsiening gemaak het vir ons menslike tekortkominge. Kom ons probeer om hierdie onderwerp saam uit te werk. As ons in gedagte hou wat ons geleer het oor mense wat “geregtigheid beoefen”, “waarheid doen” ens. is dit baie waarskynlik dat Johannes in hierdie geval ook na iets anders verwys as om die 10 Gebooie te onderhou wanneer hy sê dat ons “God se gebooie moet onderhou.” Hierdie een is in werkliheid ‘n groot gunstelling van diégene wat steeds preek dat ons moet leef volgens die Ou Testamentiese Wette. Kom ons kyk en sien wat Johannes regtig bedoel het:

[1 Joh 2:3 En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. 4 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is 'n leuenaar en in hom is die waarheid nie]. Ook in ander verse spreek die apostel Johannes hierdie selfde onderwerp aan en praat ook oor die voorgenoemde “bly in Hom” onderwerp (eie kommentaar in hakies):

[1 Joh 3:24 En hy
(‘n persoon) wat sy (God se) gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het]. Uit Paulus se brief aan die Efesiërs weet ons dat elke gelowige ontvang en word GESEEL met die Heilige Gees as ‘n waarborg dat hulle inderdaad gered is. [Ef 1:13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, 14 wat die onderpand (waarborg) is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid]. Ons kan daarom sien dat gelowiges die Gees as ‘n waarborg van hulle redding ontvang en omdat Hy (die Gees) geseel word binne-in gelowiges sal Hy ook gevolglik by hulle “bly” en hulle by Hom. Lees nou weer 1 John 3:24 (bo) in hierdie konteks. Johannes sê baie duidelik dat wieookal die Heilige Gees het (‘n gelowige), so ‘n persoon onderhou ook God se gebooie. Watter “gebooie” praat hy van?

[1 Joh 3:23 En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons 'n gebod gegee het].

Wanneer die Goddelike natuur en karakter van die persoon van die Heilige Gees binne-in ‘n persoon bly, is ‘n natuurlike resultaat dat hulle sal begin verander in hulle uiterlike optrede. Mense sal ‘n verskil opmerk in die manier wat hulle lewe. Dit kan nie andersom gebeur nie – iemand wat op ‘n goedgemanierde manier optree kan nooit deur hulle goeie dade aan die binnekant verander word nie – hulle het eers nodig om die Heilige Gees te ontvang. Dit is presies wat die apostel Johannes van praat: Wanneer ons in God glo en wedergebore word, sal ons mekaar meer en meer liefhê as ‘n vrug van die Heilige Gees wat binne ons woon. Om God se gebooie dus te onderhou in die Nuwe Testament beteken om in Jesus te glo.

In ons volgende boodskap sal ons hierdie reeks afsluit oor “Misverstane Bybel Terminologie” en ‘n indiepte kyk neem na wat dit beteken om te ‘Wandel in die Lig”.

In Genade

Andre van der Merwe

Share

Misverstane Bybel Terminologie deel 1

02.16.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Misverstane Bybel Terminologie

In hierdie boodskap sal ons ‘n indiepte ondersoek loots na sommige Bybel terminologie wat maklik misverstaan kan word indien dit nie deur die perspektief van die Nuwe Verbond gelees word nie.Baie van hierdie verse, veral uit die briewe van 1 – 3 Johannes, is in die verlede gebruik as ‘n sweep om die kerk terug onder die Wette van die Ou Testament in te slaan. ‘n Goeie begrip van Genade en Geregtigheid sal egter baie help om van die mistigheid ontslae te raak wat hierdie onderwerpe van bespreking omhul, soos bv die terme “gemeenskap”, “doen geregtigheid”, “doen sonde” ens. Onverdeelde aandag en verlengde konsentrasie word sterk aanbeveel vir hierdie een.

Gemeenskap
Dit word algemeen geglo dat wanneer gelowiges droogmaak met betrekking tot hul morele optrede, dat hulle uit gemeenskap met God val en dat hulle nodig het om hulle sondes te bely om sodanige “gemeenskap” of “genootskap” te herstel. Wanneer egter beskou word uit hierdie perspektief verwys die term “gemeenskap” na ‘n gevoel van inimiteit wat kom en gaan afhangende van ons vermoë om op ons beste op te tree. Dit is nie wat die skrif te sê het nie, inteendeel nie eers een maal in die hele Nuwe Testament word die woord “gemeenskap” op hierdie manier beskryf nie, veral nie as dit by ons verhouding met God kom nie. Hier is ‘n paar voorbeelde:

[2 Kor 6:14b ...watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? 15 En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?] Let op hoe hierdie teenoorgestelde entiteite met mekaar gekontrasteer word: geregtigheid vs. ongeregtigheid, lig vs. duisternis, Christus (gesalfde) vs. Bélial (waardelose) en gelowige vs. ongelowige. Dit sê dat sulke teenoorgesteldes nie gemeenskap met mekaar kan hê nie, wat beteken dat hulle nie aanpasbaar is nie. Net soos wat Christus nie gemeenskap met Bélial kan hê nie, in dieselfde manier kan ‘n ongelowige nie met dieselfde maatstaf gemeet word as ‘n gelowige nie. Indien ‘n persoon dus uit gemeenskap met God is, beteken dit dat so persoon nog nie wedergebore is nie en val dus in dieselfde kategorie as Bélial, ongeregtigheid en duisternis in die bogenoemde vers.

[1 Kor 1:9 God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here]. Ons is reeds geroep tot die gemeenskap met Christus (Engelse vertaling sê “we were called into the fellowship”) en daarom wanneer ons ons geloof in Christus plaas is ons IN gemeenskap met Hom.

[1 Joh 1:6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie]. Hierdie vers maak dit so duidelik soos daglig dat die apostel Johannes hier van ons posisie in Christus praat, nie oor ons optrede nie. Ons kan nie sê dat ons gemeenskap met God het (met ander woorde dat ons wedergebore is) as ons in duisternis wandel nie (m.a.w. as nie wedergebore is nie), want dan sou ons besig wees om te lieg. In eenvoudige Afrikaans: Jy kan nie sê dat jy ‘n Christen is as jy nog nie wedergebore is nie!!
Doen Geregtigheid of Waarheid / Wandel in Duisternis

Natuurlik sal die pessimis of selfgeregtige onmiddelik sê, “Ja maar wat van die gedeelte in die vorige vers wat sê “WANDEL in duisternis” en “DOEN waarheid”? Die antwoord is eenvoudig: weereens verwys dit nie na ons eie goeie werke nie, inteendeel dit het niks te doen met ons optrede nie. Die terminologie wat gebruik word deur die apostel Johannes om “wedergebore” te wees is om “geregtigheid te doen” of “waarheid te doen” of om “in die lig te wandel.” [1 John 2:29 As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is].
In teenstelling, wanneer Johannes praat van diégene wat “sonde doen” of “wetteloosheid beoefen” of “in duisternis wandel”, is hy besig om te verwys na die ongereddes. Hierdie beginsel bly konstant regdeur al 3 Johannes se briewe. Hierdie verse is egter in die verlede grootendeels deur ‘n selfgeregtige oogpunt gelees, wat vele misverstande en onduidelikhede in die liggaam van Christus tot gevolg het.
Doen Sonde of Wetteloosheid
Nog ‘n duidelike voorbeeld is 1 Joh 3:4-9: [1 Joh 3:4 Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid. 5 En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie]. Weereens verwys Johannes hier na die ongereddes. In vers 5 verduidelik hy dan God se antwoord vir sonde – Hy het ons sonde weggeneem en ons in Christus geplaas waar ons nou volkome vergewe is en gesien word asof ons nog nooit een enkele sonde gepleeg het nie! Lees weer vers 5 in hierdie konteks. Is die lig besig om te begin aangaan?

[1 Joh 3:6 Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie]. Hierdie vers noem nog ‘n “buzz” konsep in vandag se kerkwêreld, naamlik om in God te “bly”. Dis regtig baie eenvoudig om te bews dat dit ook verwys na “om gered te wees” en nie na ons eie pogings om ‘n goeie verhouding met God te probeer handhaaf nie. Doen eenvoudig ‘n soektog na die woorde “bly in Hom” of “bly in God” op enige Bybel sagteware en bestudeer die resultate.
Vers 6 sê verder dat wieookal sondig het God nie gesien of Hom geken nie, wat impliseer om nie ‘n verhouding met Hom te hê nie. Baie (indien nie alle) opregte Christene wat alreeds jare lank ‘n intieme verhouding met God het, maak steeds elke dag van hul lewens foute ten spyte van hulle beste pogings. Indien hierdie vers sou beteken dat hulle gediskwalifiseer word van hulle verhouding met God as hulle selfs ‘n enkele sonde doen (want dit sê nie “sondig ‘n honderd maal” of “sondig 4 keer per dag” nie), sou dit beteken dat niemand op die hele planeet in staat was om ‘n stabiele verhouding met God te handhaaf nie. Dit is dus duidelik dat hierdie nie die konteks van die vers is nie. Kom ons kyk na die opvolgende 3 verse (eie kommentaar in hakies):

[1 Joh 3:7 My kinders, laat niemand julle mislei nie: wie die geregtigheid doen (wat beteken om wedergebore te wees), is regverdig soos Hy (God) regverdig is. 8 Hy wat die sonde doen (‘n ongelowige), is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek. 9 Elkeen wat uit God gebore is (‘n gelowige), doen geen sonde nie, omdat sy (God se) saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore]. Die sleutel hier is vers 9. Hoe is dit moontlik dat ‘n gelowige nie kan sondig as ons al te bewus is van hoe baie foute ons maak? Eenvoudig omdat Johannes nie van ons optrede praat nie! Hy gebruiks steeds dieselfde terminologie om onderskeid te maak tussen gereddes en ongereddes. Lees weer vers 7 – 9 en laat dit insink. In vers 8, as Johannes bedoel het dat enige iemand wat ‘n daad van sonde doen, van die duiwel is, impliseer dit dat alle Christene van die duiwel is. Duidelik is dit nie wat hy bedoel het nie.
Daar is grootliks 3 redes waarom Christene nie meer “sondaars” genoem kan word nie, die eerste omdat hulle nie meer onder die Ou Testamentiese Wet is nie. En omdat daar geen meer Wet is om te hou of te breek nie (want sonde is onder die Ou Verbond gedifineer as om die Wet te breek) kan hulle foute nie meer “sonde” genoem word nie. [Rom 4:15b ...maar waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie].
Tweedens is elke persoon op die planeet òf ‘n sondaar òf ‘n heilige (“heilige” is ‘n ander naam vir ‘n “gelowige” – sien Hand 26:10, Rom 1:7, Rom 12:3, Rom 16:15, 1 Kor 6:1, ens). Nêrens in die hele Bybel word daar gepraat van ‘n “neutrale” posisie iewers in die middel nie. Ons het òf God as ons Vader òf die duiwel.
Derdens is die wedergebore gees van ‘n Christen 100% geregtig en sal steeds 100% geregtig bly tot in alle ewigheid, ten spyte van minder as perfekte optrede tydens hulle oorblywende tyd op die aarde. Indien dit nie die geval was nie, sou daar geen ander manier gewees het om die volgende “skynbaar teenstrydige” verse te verduidelik nie:

[1 Joh 1:8 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. 9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. 10 As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot 'n leuenaar en is sy woord nie in ons nie].

Nou vergelyk hierdie bogenoemde 3 verse met die volgende “skynbaar teenstrydige” vers:

[1 Joh 3:9 Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore].

Die enigste verduideliking is dat in die eerste 3 verse, selfs al het Johannes die woord “ons” gebruik, was hy nie besig om te verwys na gelowiges nie, maar na ongelowiges. As ‘n herder en leeraar was hy besig om te identifiseer met die verlorenes in ‘n openlike tentoonstelling van God se liefde deur te sê “Ons het almal gesondig, ons het nodig om dit te bely”. Johannes het verwys na die hele mensdom in ‘n opgevoede, insluitende manier. Instede daarvan om die ongelowiges openlik te verkleineer, was hy taktvol besig om die volgende te sê: “(v8) Indien iemand sou sê dat hulle geen sonde het nie, mislei hulle hulself en is die waarheid (Christus) nie in hulle nie (want Christus het gesê “Ek is die Waarheid, die Weg en die Lewe). (v9) Maar as so ‘n persoon (ongelowige) sy sondes sou belei, Hy (God) is getrou en regverdig om hom AL sy sondes te vergewe en hom skoon te was van ALLE ongeregtigheid (wat impliseer dat so persoon nou vir altyd skoon is). (v10) Maar indien enige persoon eis dat dat hulle nie gesondig het nie, maak hulle God tot ‘n leuenaar en verwerp hulle gewilliglik die waarheid van God se Woord.”
Dink só daaroor: Wat moet ‘n persoon doen om wedergebore te word? Hy moet belei dat hy ‘n sondaar is, erken dat hy ‘n redder nodig het en sy geloof in Christus plaas (Rom 10:9-10). Daarom as enige persoon eis dat hy sonder sonde is voordat hy sy geloof in Christus geplaas het, is hy bedrieg en verblind vir die waarheid. Hierdie is die leuen wat Johannes wou beveg in sy brief. (Vir ‘n meer volledige bespreking van 1 Joh 1:9, sien gerus die artikel “Moet Christene Hulle Sondes Belei?” onder die “Boodskap Argief” bladsy op ons webwerf).

In ons volgende boodskap sal ons aanhou om hierdie godsdienstige teologiëe te vernietig wat die kerk al vir so lank gekreupel het. Ons sal kyk na wat Jesus gesê het oor diégene wat “wetteloosheid en “ongeregtigheid beoefen” in Matt 7 en na wat die apostel Johannes bedoel het toe hy gepraat het van om “gebooie te onderhou” in 1 Joh 2 en 3.

In Genade

Andre van der Merwe

Share

Is Genade ‘n Lisensie Om te Sondig?

02.02.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Is Genade ‘n Lisensie Om Te Sondig?

Hierdie onderwerp het homself in die vorm van vele vrae en stellings voorgedoen in die verlede, soos byvoorbeeld die volgende:

• Wanneer Genade gepreek word, lei dit tot ‘n sondige leefstyl?
• Sal mense nie uitgaan en roekeloos sondig as hulle te “diep” in die Genade boodskap inbeweeg nie?
• Ons kan nie Genade preek aan nuwe / jong Christene nie, want hulle is nog nie volwasse genoeg om met sulke vryheid vertrou te kan word nie.
• As ons die Wet van gelowiges afhaal, gee dit hulle ‘n lisensie om te sondig.

Al hierdie stellings vlieg reg in die gesig van wat die Bybel ons leer oor genade:

[Tit 2:11 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12 en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe].

Eerstens, laat ons bedink hoe Genade ‘n persoon se denkwyse beïnvloed. Wanneer ons verstaan wat die boodskap van Genade alles behels (hoe God die sondes van die hele wêreld vergewe het (Heb 10:17), die geskrewe kode van die Wet uitgedelg en weggeruim het (Kol 2:14), mense vrygemaak het om om te leef sonder vrees vir straf en oordeel (1 Joh 4:18), hoe gelowiges bekragtig word om vrymoedigheid te hê om God te nader (Heb 10:19-21), dat ons vertroue kan hê dat God nooit weer kwaad sal wees vir ons nie (Jes 54:9-10) en vele ander waarhede soos hierdie), is dit duidelik dat ‘n goeie begrip hiervan inderdaad ‘n gelowige NIE sal motiveer om te wil sondig nie, maar eerder sal inspireer om meer dankbaar te wees teenoor God vir alles wat Hy gedoen het, om ‘n lewe te leef waardig van die offer wat deur Jesus gemaak is en om goddelose optrede te vermy, soos gestel in Tit 2:11-12 (bo).

Meestal kom die argumente en vrae teen die Genade boodskap, soos die voorbeelde hierbo, van mense wat nie noodwendig bang is dat hulleself mislei sal word om meer sonde te wil doen nie, maar hulle argumente is vir ander “swakker” Christene wat in hulle opinie nog nie die “volwassenheid” besit om die verantwoordelikheid te hanteer wat met sulke vryheid gepaard gaan nie. Daarom eis hulle dat die waarheid van die Genade boodskap geleer word saam met ‘n gesonde dosis Wet ingemeng om hierdie ander “swak” Christene teen die gevare van sonde te waarsku. Hoe ironies is dit dan nie dat die Bybel ons leer dat sonde nie vermeerder word deur Genade nie, maar eerder deur die Wet: [Rom 5:20 Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword]. Genade het in werklikheid ingekom en die sonde verwyder wat meer oorvloedig gemaak is deur die Wet!

So vir iemand om te sê dat Genade ‘n lisensie is om te sondig, dien dit slegs om so ‘n persoon se wanbegrip te ontbloot van wat Genade eintlik beteken. Dit openbaar dat hulle nie verstaan dat die krag van die Heilige Gees (wat so ‘n gelowige oortuig van hulle volkome 100% geregtige status voor God) binne-in ‘n gelowige ‘n onmeetlik sterker bekragtiging is vir “goeie optrede” as om iemand te dreig met die Wet nie. As gevolg hiervan kan die self geregtiges dus almal maar ontspan en tot terme kom met die feit dat die Heilige Gees vertrou kan word met die hernuwingsproses in die lewe van ‘n gelowige: [Fil 1:6 omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus]. Niemand het ons aangestel as mekaar se morele polisieman nie, so hoe kan ons ooit selfs probeer om daardie funksie aan te neem?

Die waarheid is dat Genade nooit verlaag kan word tot ‘n “aanvaarbare” standaard om die identiteitsprobleme van selfgeregtiges te akommodeer nie. As gevolg van die ekstreme karakter van die Wet, het Genade nodig om ook in die suiwerste vorm gepreek te word sodat mense vrygemaak kan word van die gif van “werke-gebasseerde” denkwyses.

In Genade
Andre van der Merwe

Share

Nie Net ‘n Ou Sondaar Nie

01.21.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Nie Net ‘n “Ou Sondaar” Nie

Alhoewel dit waar is dat gelowiges voorheen bekend was as “sondaars”, kan dieselfde nie gesê word vir ‘n wedergebore Christen nie. Na die kruis deur die hele Nuwe Testament, verwys die term “sondaar” konstant na ‘n persoon wat God verwerp het, wat gekies het om in onderwerping te leef aan die vleeslige begeertes van hulle sondige natuur. Dit praat baie duidelik van ‘n persoon wat NIE wedergebore is nie.

Alombekende evangelis, Steve Mcvey (www.gracewalk.org), skryf die volgende:
Die primêre projek vir meeste Christene in die moderne kerk is om die hoeveelheid sondes in hulle lewe te probeer verminder. Dit is ‘n “sonde-bestuur program” waaaraan hulle hulself heelhartig verbind met groot ywer en opregte toewyding. Dit klink alles so goed op die oppervlak.
  En daarin lê die onderliggende “slinksheid” van self-geregtigheid: Dit klink “reg” vir die godsdienstige oor ten spyte van die feit dat dit teenstrydig is met wat die Bybel leer. Dit klink baie goed vir my dat om “heilig” te word verg dat ons hard moet werk om ons slegte werke te verander en hulle moet vervang met goeie werke. Vir die godsdienstiges is dit alles oor die vermindering van die hoeveelheid sondes wat ons pleeg en die vermeerdering van die goeie dinge wat ons doen. Maar heiligheid kom nie van dit nie. Heiligheid is nie die afwesigheid van sondes in ons lewe nie.
Inderwaarheid, die rede hoekom ons heilig is, is omdat die Gees van God in ons woon…
  Omdat die Heilige Gees binne-in ons gees kom woon het, en omdat ons gees die kern van ons identiteit is (ons IS ‘n gees, HET ‘n siel en WOON in ‘n liggaam), is ons nou heilig want God se Gees woon binne ons. Dit het niks te doen met om sonde te weerstaan of om in te gee vir sonde nie. Die waarheid is dat jy net so heilig is of jy sondig en of jy nie sondig nie. Jou identiteit word nie bepaal deur wat jy doen nie, dit is bevestig deur wat Hy gedoen het!

Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde van verse in die Bybel wat handel oor hierdie onderwerp:

[Rom 5:8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was]. Hierdie vers sê duidelik dat terwyl ons nog sondaars WAS, het Christus vir ons gesterf, wat by implikasie beteken dat ‘n gelowige nie meer ‘n sondaar is nie.

[1Tim 1:9 en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars...] Daar is nogal baie wat in hierdie vers gebeur:
  Eerstens sê dit dat die Wet (insluitend die 10 Gebooie) nie vir ‘n geregtige persoon gemaak is nie, wat verwys na ‘n persoon wat wedergebore is en die geregtigheid van God as ‘n gratis geskenk ontvang het. So ‘n persoon is vir ewig perfek gemaak in God se oë: [Heb 10:14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word].
  Verder sê hierdie vers dat die Wet gemaak is vir goddelose mense en sondaars en dit noem ook hierdie mense “wetteloos”. Dit is omdat onder die Nuwe Verbond (testament) is dit nie diégene wat faal om die geskrewe morele kode van die Wet te onderhou, wat “wetteloos” genoem word nie, maar diégene wat weier om die gratis geskenk van redding te aanvaar wat deur God aangebied word, wat hulle rûe op God en Sy Genade draai en hulle harte verhard teen die liefdevolle pogings van die Heilige Gees om hulle te laat bekeer en gered te word. Hierdie mense sal hulle status as moordenaars, egbrekers, leuenaars, ens. behou omdat hulle weier om die vergifnis te aanvaar vir hulle sonde, vergifnis wat vryelik deur God aangebied word vir al diégene wat kies om in Hom te glo.

Nog ‘n skrifgedeelte wat hierdie beginsel staaf is die volgende: [1 Kor 6:9 Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? 10 Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. 11 En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God]. Vers 9 sê dat die “onregverdiges” nie die koninkryk sal beërwe nie. En dan gaan dit verder en beskryf ‘n lys van dade wat gedoen word deur mense wat nie van hulle sondes vergewe is nie, in ander woorde diégene wat nie hulle geloof in Christus geplaas het om verenig te word met Hom nie. En dan in vers 11 sien ons die sleutel om hierdie skrifgedeelte te ontsluit: Paulus sê “dit WAS sommige van julle (lees weer die vers). En dan gaan hy aan en beskryf wat gebeur het met die persone wat hulle geloof in Christus geplaas het, en sê hulle IS geheilig en geregverdig, wat beteken dat hulle nou skoon, onskuldig en vergewe staan voor God. Slaan dit nie net jou asem weg nie?

Dit dien om te bevestig dat wanneer ookal die Bybel (na die kruis) praat van ‘n “sondaar”, verwys dit na ‘n persoon wat nog nie wedergebore is nie. Kom ons kyk na nog 3 verse:

[Jak 5:20 laat hy weet dat die een wat 'n sondaar van sy dwaalweg bekeer, 'n siel uit die dood sal red en 'n menigte sondes sal bedek]. Hierdie vers verduidelik dat ‘n “sondaar” gered kan word van die dood en sy sonde vergewe word as hy van sy dwaalweg bekeer word.

[1 Pet 4:18 En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?].  Hierdie vers is 100% in ondersteuning van 1 Tim 1:9 (bo) en dit kontrasteer duidelik die “regverdige” met die “sondaar en goddelose”.

Die volgende vers beklink dit: [1 Joh 3:9 Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore]. Dit bevestig dat ‘n wedergebore Christen nie meer ‘n “sondaar” genoem kan word gebasseer op sy vlak van goeie of slegte werke nie, want dit verg geen breins om te weet dat almal amper elke dag van hulle lewens foute maak nie! En tog sê hierdie vers dat dat wie-ookal uit God gebore is (wedergebore is) geen sonde doen nie. Dit is omdat hulle identiteit nie gebasseer is op die vlak van hulle onderhouding van die 10 Gebooie nie, maar inteendeel wel gebasseer is op die volkome en volmaakte werk van die kruis!

Daarom kan ons voltrek dat wedergebore Christene REEDS die geregtigheid van God as ‘n geskenk ontvang het en volkome geheilig is (in hulle gees) en daarom nie sondaars genoem kan word nie, selfs al weerspiëel hulle optrede nie hierdie waarheid nie. Ja ons leef nie altyd in 100% gehoorsaamheid aan God nie, maar dit beïnvloed nie die feit dat God ons steeds sien as volkome geregtig, vergewe, geheilig en regverdig nie. En natuurlik vir diégene wat dalk glo dat ons impliseer dat Christene nou net kan uitgaan en sondig soveel as wat hulle wil, ons impliseer dit glad nie.

In Genade
Andre van der Merwe

Share

Super Oorvloedige Genade!

01.07.10

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Super Oorvloedige Genade!

[Rom 5:20 Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword].

Hierdie vers verwys nie na ‘n spesifieke sonde nie, want dan sou ons nooit kon bepaal presies watter sonde Paulus na verwys het nie. Instede verwys dit na die ingeboude geneigdheid om te sondig wat die menslike hart binne getree het, wat Adam in ‘n sondaar verander het. Adam het toe hierdie sondige natuur oorgedra aan al sy nakomelinge. Ja dit was slegs ‘n enkele handeling van ongehoorsaamheid, maar dit het sy hart geopen vir die binnekoms van die sondige toestand.

Elke mens het hierdie sondige natuur van Adam geërf, en die rede hoekom die Wet gegee is, is om ons sondige natuur te stimuleer sodat ons meer bewus word van ons sondige toestand.

[Rom 5:14 Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat 'n voorbeeld is van Hom wat sou kom]. As gevolg van Adam se sonde het die hele wêreld skuldig geword. Indien enige iemand so opeindig in die hel sou dit nie wees as gevolg van hulle eie sonde nie, maar omdat hulle Adam se sondige natuur beërwe het toe hulle gebore was. Op dieselfde manier sal niemand hemel toe gaan op grond van hulle eie goedheid of vlak van gehoorsaamheid nie, maar slegs op grond van hulle geloof in Christus se perfekte gehoorsaamheid.

[Rom 5:15 Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword]. As gevolg van Jesus se gehoorsaamheid word dié wat in Hom glo geregverdig deur hulle geloof.

Toe God die Wet gegee het was dit veronderstel om langs sondaars in te kom om ons te wys hoe groot ons tekort aan heligheid eintlik was. Dit was nie gegee om die mensdom in sondaars te verander nie, want sonde het bestaan slefs voor die Wet gegee was (sien weer Rom 5:14). Die doel van die Wet was om ons die diepte van ons gevallenheid te wys. God het nie die Wet ingestel om ons meer te laat sondig nie, maar Hy wou ons meer bewus van ons sondes maak en van die feit dat ons ‘n uiterse sondige natuur het. Let op in Rom 5:15 dat Paulus nie sê misdade (meervoud) nie, maar misdaad (enkelvoud), wat ‘n verwysing is na die sonde (sondige toestand) van Adam. ‘n Paar van die helde van die geloof het die volgende stellings gemaak:

Charles Spurgeon: “ ‘n Stok is  krom, maar jy kom nie agter hoé krom dit eintlik is totdat jy ‘n reguit liniaal langs dit plaas nie. Jy het ‘n sakdoek en dit wil nogals wit voorkom. Jy kan dit beswaarlik witter wens. Maar jy lê dit neer in die nuwe sneeu en jy wonder hoe jy ooit kon dink dit was wit in die eerste plek. So laat die suiwer en heilige wet van God (wanneer ons oë geopen is om die wet se suiwerheid te sien) ons sonde in hul ware swartheid uitstaan, en op daardie manier laat dit sonde meer word. Maar dit is vir ons eie beswil, want daardie sig van ons sonde ontwaak in ons ‘n openbaring vir ons ware toestand, lei ons tot berou, dryf ons deur geloof na die kosbare bloed van Jesus en laat ons nie langer toe om in ons eie self geregtigheid te berus nie. Dit was die praktiese uitwerking van die gee van die Wet dat mense groter sondaars as ooit tevore geword het, en dat hulle hulsef sou sien as groter sondaars as tevore. Die wet is ‘n spiëel waarin ons ons foute sien, maar nie die wasbak waarin ons dit wegwas nie. Die wet het ‘n opstandige, rebellerende krag, want van so aard is die perversiteit van ons (ou) sondige natuur dat geen vroëer as wat ons die opdrag hoor “Jy sal nie so-of-so doen nie”, dat ons meteens daardie einste ding wil doen.”

Dave Guzik: “Die foute in ‘n kosbare steen word duidelik wanneer dit gekontrasteer word met ‘n perfekte steen, or wanner dit teen ‘n kontrasterende agtergrond geplaas word. God se perfekte wet ontbloot ons foute en laat ons sondigheid vermeerder. Daar is nog ‘n manier hoe die wet sonde laat vermeerder: As gevolg van die sondigheid van my hart, wanneer ek ‘n streep getrek sien wil ek oor dit trap. In hierdie manier laat die wet sonde baie vermeerder want dit trek baie duidelike lyne tussen reg en verkeerd wat my sondige hart wil breek. Daarom laat die wet my meer sondig – maar nie omdat daar enige iets verkeerd is met die wet nie, maar slegs omdat daar iets baie diep verkeerd is met die menslike toestand.”

John Piper: “Ek vat dit om te meen dat een kritiekte funksie van die wet is om ons oorspronklike sonde (sondige toestand) te verander in regte oortredinge van spesifieke opdragte. Eerstens is ons skuldig in Adam en sondig van nature, en dan konfronteer die wet ons met die spesifieke wil van God: “Moenie steel nie. Moenie lieg nie. Monie begeer nie.” En die effek is dat dit die sondige natuur verander in spesifieke handelinge van oortreding. Een skrywer het dit goed gestel: die Wet maak klein Adams van ons almal.” (Die wet het die funksie dat dit elkeen wat dit aanspreek in hulle eie Adam verander.”)

So ons sien dat die Wet gegee is sodat die sonde kan vermeerder. Ons sleutelvers sê egter dat war die sonde vermeerder het, het Genade nog meer oorvloedig geword! [Rom 5:20 Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword]. Kom ons kyk na aanhalings oor Genade wat oorvloedig geword het:

Wayne Barber: “ Nou daar is twee woorde wat gebruik word in daardie vers (Rom 5:20) vir meer word of oorvloedig word. Die eerste een is pleonazo (gebruik saam met “sonde”), wat beteken “is meer as genoeg” of “om genoeg te hê”. Die ander woord (gebuik saam met Genade), perisseuo, is eintlik ‘n sinoniem, maar wanneer hulle saam gebruik word, sê hulle verskillende dinge. Pleonazo beteken om te vermeerder, maar perisseuo beteken om selfs verby dit te gaan en vat dit na ‘n groter ekstreem toe. Nie net dit nie, maar Paulus het ‘n voorvoegsel, huper, vooraan perisseuo geplaas (huperperisseuo). So wat hy sê is dat dit nie slegs verbysteek waar sonde vermeerder het nie, maar dat Genade VÊR verby strek.”

In sy boek, “What’s so Amazing about Grace,” wys Phillip Yancey uit dat deel van ons probleem is in die natuur van Genade self. Genade is skandelik. Dit is moeilik om te aanvaar, moeilik om te glo, en moeilik om te ontvang. Genade skok ons in wat dit bied. Dit is werklik nie van hierdie wêreld nie. Dit maak ons bang in wat dit doen vir sondaars. Genade leer ons dat Goed doen vir andere wat ons nooit vir hulle sal doen nie. Ons sal die “nie-so-slegte” mense nog red. God begin met die prostitute en werk dan ondertoe van daaraf. Genade is ‘n geskenk wat alles kos vir die gewer en niks vir die ontvanger nie. Dit word gegee aan diégene wat dit nie verdien nie, wat dit beswaarlik herken, en dit amper glad nie waardeer nie. Dit is hoekom God alleen die glorie in ons redding ontvang. Jesus het al die werk gedoen toe Hy aan die kruis gesterf het.

Die Wet het oortredings bygevoeg en daarmee selfs meer duidelik die super-oorvloedige (huperperisseuo) Genade van God bewys. Genade het nie die Wet opsy geskuif nie, maar inteendeel het dit die Wet heeltemal vervul. So diep as wat sonde gaan, Genade gaan dieper. So wyd as wat sonde is, God se Genade is wyer. Waar sonde vermeeder het, het Genade super-oorvloedig geword. God se Genade is groter as al ons sonde.

Barnhouse lewer ook kommentaar oor Paulus se gebruik van die woorde “vermeerder” en “oorvloedig word”: “In die Grieks is hierdie twee verskillende woorde. “Waar sonde oorgevloei het, het Genade ingestroom.” Waar sonde meetbaar vermeerder het, het Genade onmeetbaar vermeerder. Waar sonde vermeerder het – pleonazo – het genade ontelbaar vermeerder – huper-perisseuo. Die voorvoegsel is soos die Latynse “super”. Die fliek advertensies het ons geleer wat “super” aan ‘n woord doen. Instede van om kollosaal te wees, word iets super-kollosaal. So waar sonde gemeet kon word deur die hoevellheid wette te vermenigvuldig met die hoveelheid mense in die wêreld, kon Genade nooit gemeet word nie want dit sou verg dat die hoeveelheid dade van God se Genade met die onmeetbaarheid van Sy wese vermenigvuldig moes word. Ons teks kon wèl gelees het: “Waar sonde telbaar was, was Genade ontelbaar.”

In Genade
Andre van der Merwe

Share

Hernu Jou Verstand

12.01.09

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Hernu Jou Verstand

Toe ons wedergebore is, het God ons gees 100% geregtig en heilig geskep volgens die beeld van Christus. Die laaste gedeelte van Efesïers 4 praat van ons gedrag teenoor ander mense en v24 sê dat net soos ons innerlike mens (wat natuurlik die wedergebore gees is) alreeds geskape is na die beeld van Christus, so moet ons nou ook sorg dat ons handelinge hierdie verandering wat binne ons plaasgevind het, weerspiëel. [Ef 4:24 en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid].
Daar is niks wat ons kan bylas tot hierdie perfekte werk wat God reeds in ons volbring het nie. Hy het ons egter een manier vertel hoe om onsself te verander:
[Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is].
Dit is ook hoekom ons beveel word om ons gedagtes te rig op die dinge daarbo [Kol 3:2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie], want hoe meer ons God se gedagtes bedink, hoe vinniger sal ons verstand/gemoed hernu word. Toe ons nog ‘n ou sondige natuur aan die binnekant gehad het, het ons agter daardie begeertes aangeloop en ons verstand aangeleer om volgens ons ou begeertes te funksioneer. Maar noudat Christus binne ons leef, het ons nodig om ons verstand te leer om te dink volgens die nuwe wedergebore gees se natuur. Soos die ou sondige denkpatrone dan begin sterf, sal ons verstand meer en meer in ooreenstemming begin kom met ons wedergebore gees-mens.

Nou mag jy dalk vra: “Is dit nie lastering om te sê dat ons God se gedagtes wil dink nie?” Nee, verseker nie. Ek sê nie ons moet God word nie; ek sê dat ons moet begin om soos Hy te dink.
“En hoe doen ons dit?” Wel ek is bly jy vra daardie vraag. Voordat enige iemand praat, moes die woorde wat hulle sê eers gedagtes in hulle kop gewees het. Hulle spreek dan hierdie woorde of skryf dit neer en gee daardeur lewe aan daardie gedagtes en maak dit bekend aan andere. En aangesien ons God se gedagtes neergeskryf het in Sy Woord en dit beskikbaar is vir ons, dan deur die Bybel te lees kan ons weet wat God se gedagtes is. Baie mense wag vir God om met hulle te praat, terwyl Hy alreeds vir hulle ‘n brief geskryf het. So as jy God se gedagtes wil begin dink, mediteer oor en lees die Bybel – so eenvoudig soos dit! Begin om te verstaan hoe Hy jou sien, maak jouself bekend met die Nuwe Verbond, die Nuwe Skepsel, die versoening, jou outoriteit as ‘n gelowige, hoe om God se stem te hoor en nog baie meer! As ons waarlik wil hê ons geloof moet effektief wees, sal ons ‘n plek in ons lewe moet bereik waar ons eerste gedagte altyd is wat die Woord van God sê, en nie “Wat sê God se Woord?” nie.

Moenie veroordeel voel deur die volgende woorde nie, maar lees dit deur die lense van die Nuwe Verbond, en onthou dat die Heilige Gees binne jou leef en dat jy alle dinge kan doen deur Christus wat jou krag gee (Fil 4:13). Hier gaan ons: Dit is nie net ons kennis van die Woord wat as bewys dien dat ons verstand hernu is nie. [Jak 1:22 En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie]. Die hoveelheid Woord wat ons in ons lewens begin toepas is ‘n maatstaf van die graad waartoe ons verstand hernu is. As ons nie die Woord doen nie, beteken dit dat ons dit nie werklik glo nie. Mense sal weet wat ons glo deur die vrugte wat ons dra, deur die dinge wat ons doen. Dade spreek duideliker as woorde.

Daar is oor die algemeen 2 groepe Christene: Eerstens is daar die groep wat grootgeword het onder die Wet. Hulle het altyd verwag dat God hulle gaan straf as hulle ‘n fout maak en hulle verstand het aangeleer om in veroordelende terme te dink: Doen goed – kry goed. Doen sleg – kry sleg. Hulle het hulself dus altyd aangespoor om te probeer om meer en meer te doen, beter te probeer lewe en meer heilig te probeer wees. Tweedens is daar die groep wat buite die kerk grootgeword het, wat in ‘n ontkenning van enige morele kode geleef het, en eenvoudig blindelings gehardloop het agter hulle sondige natuur se begeertes aan. Hierdie groep het hulle verstand aangeleer om in terme van self-behoud en self-bevrediging te dink. Afhangende van op watter ouderdom jy gered is, het meeste mense oor die algemeen vir die grootste gedeelte van 20 jaar volgens een van die bogenoemde maniere geleef.
Beide hierdie groepe moet hullself nou vereenselwig met die feit dat ons uit Genade alleen gered is, en hulle verstand herprogrammeer om teenoor God te identifiseer volgens die beginsels van die Nuwe Verbond. En daar is twee maniere om dit te doen:
Hulle kan òf kies om nog 20 jaar te spandeer waar hulle Sondag vir Sondag kerk bywoon en hoop dat hulle pastoor of dominee sy werk behoorlik doen, en daar sit terwyl hy hulle verstand vir hulle hernu op Sondag-oggende. Dan gedurende die week kan hulle terugkeer na hulle normale lewe en leef asof God nie bestaan nie, en dan uiteindelik, na ongeveer 20 jaar, sal hulle miskien die openbaring van Genade begin verstaan.
Of hulle kan ‘n keuse maak om die Woord van God te bestudeer, dissipline aanleer en na preke luister, God uitbundig aanbid, konferensies en seminare bywoon en hulle verstand binne ‘n paar maande of jare hernu. Dan kan hulle die res van hulle lewe spandeer en die vrugte pluk van hierdie seisoen waar hulle doelbewus hulleself toegewy het om hulle verstand te hrnu volgens die waarheid van God se Woord.
Niemand het gesê dit sal maklik wees aanvanklik nie, maar ons kan verseker wees hiervan: As ons kop eerste induik in die oseaan van God se dimensie, van Sy Gees en Sy lewe, sal ‘n passie vir Hom ons begin inhaal en verbysteek en ons sal vind dat dit makliker en makliker word om ons verstand te hernu.

Hoekom het ons nodig om ons verstand te hernu? Kom ons lees weer Rom 12:2 se tweede gedeelte: [Rom 12:2b... sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is]. Die woord “beproef” is eintlik “bewys” (“PROVE” in die Engels). Die wêreld is moeg vir slim argumente en filosofiëe oor die bestaan van God. [1 Kor 2:4 en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, 5 sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God]. Ons bewys God se wil aan die wêreld deur Sy koninkryk met krag te vertoon deur die siekes te genees en die verdruktes en gevangenis te bevry.

[Hand 10:38 met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was]. Omdat Jesus perfekte teologie is en sedert Hy ALMAL genees het, weet ons dat dit God se wil is vir ALMAL om gesond te wees. Ons weet ook dat dit God se wil is dat ALMAL gered word: [1 Tim 2:3 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom].
In die Onse Vader het Jesus die volgende gebid: [Matt 6:10b ... laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde]. Die blote feit dat Jesus hierdie woorde gebid het, bewys dat nie alles wat op die aarde gebeur wel God se wil is nie, ander sou Jesus nie gebid het “laat U wil geskied… so ook op die aarde” nie. So uit hierdie woorde wat deur Jesus gespreek is, kan ons sien dat dit God se wil is dat alles wat in die hemel gebeur ook op die aarde sal gebeur en dat die Vader se wil daardeur ook op die aarde sal geskied. Want ons weet in die hemel is daar geen siekte, geen armoede, geen korrupsie, geen dood, geen lyding ens. nie. So deur eenvoudig om ons rond te kyk kan ons maklik sien waar God se wil NIE besig is om te geskied nie en in daardie situasie kan ons Jesus se hande en voete wees. Daardeur kan ons aan die wêreld bewys dat dit wel God se wil is vir hulle om genees en gered te wees en verlos te word van verdrukking. Dit is hoe ons God se wil bewys aan die wêreld, daardie goeie, welgevallige en volmaakte wil van God. Halleluja!!!

Share

Hemelse Skatte

11.18.09

Posted by Andre van der Merwe  |  No Comments »

Hemelse Skatte

Wat jy GLO bepaal WAAR jy die ewigheid sal spandeer (hemel of hel). Wat jy DOEN bepaal HOE jy die ewigheid sal spandeer (arm of ryk). Ja dit is moontlik om “arm” te wees in die hemel, en alhoewel almal in die hemel gelukkig sal wees, mekaar onvoorwaardelik lief sal hê en daar geen afguns of bitterheid sal wees nie, sal sekeres “ryker” in die hemel wees as ander (lees die res van die artikel as jy graag wil uitvind wat dit is om “ryk” te wees in die hemel).

Eerstens, kom ons bevestig net hierdie een punt: As jy in Jesus Christus glo as jou Redder en Saligmaker, SAL jy hemel toe gaan. Hierdie boodskap is NIE oor of jy hemel toe gaan of nie, dit neem aan dat jy wel DOEN. Hierdie boodskap is oor om ‘n beloning te ontvang vir jou WERKE.

Eerstens is daar diégene wat beweer dat almal gelyk sal wees in die hemel, alle dinge in gemeen sal hê en dat hulle nie omgee of hulle baie skatte in die hemel sal hê of nie, saloank hulle net hemel toe gaan! Alhoewel die eerste 2 stellings in deels waar mag wees, is daar definetief iets fout om te sê jy gee nie om oor skatte in die hemel te hê nie, siende dat Jesus self ons geleer het om skatte in die hemel bymekaar te maak: [Matt 6:19 Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; 20 maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie].

Die Nuwe Verbond is vol verse wat ons vertel ons sal beloon word vir ons werke:

[Op 22:12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees].
[1 Kor 3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen].
Hierdie verse sê dat ons ‘n beloning sal ontvang vir ons werke, en as ons nie werke gedoen het wat ‘n beloning werd is nie, sal ons verlies ly en dit net-net self tot in die hemel maak. Ons sal amper die rook op ons agterstewe kan ruik, ha-ha!!

[2 Kor 5:10 Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad]. Let op dat nie alle “goeie werke” beloon sal word nie. Goeie werke gedoen uit ‘n motief om daardeur geregverdig te word, of uit enige motief anders as GELOOF, sal verbrand word.

Hoe kan ons weet watter van ons werk sal beloon word? Dis alles oor die motief en geen mens kan die motief van ‘n ander mens se hart oordeel nie. [1 Sam 6:17 ...Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan]. En wat is ons motief veronderstel om te wees? [1 Kor 10:31 Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God]. Ons maak nie skatte bymekaar om ons eie rykom of koninkryk te bou nie, maar eerder die Koninkryk van God.

Die volgende voordiehand-liggende vraag is: Watse “skatte” praat die Bybel van? As selfs die strate van die hemel goue plaveisel sal hê, van watter nut sal ‘n oorvloed van besittings in die hemel wees? Die sleutel lê in die gelykenis van die getroue dienskneg. Toe die heer terugkom en hy vind dat die dienskneg sy 5 talente verdubbel het, was hy baie tevrede met hom: [Matt 25:19 En ná 'n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken. 20 En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente daarby verdien. 21 En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer].

Ons beloning in die hemel vir ons getrouheid in wat aan ons toevertrou is, is nie besittings nie: dit is verantwoordelikheid. Ons sal met meer verantwoordelikheid (genaamd “hemelse skatte of “ware rykdom”) toevertrou word in die hemel as ons onsself getrou hier op aarde bewys het. [Luk 16:10 Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig. 11 As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?]

Na die tweede koms van Christus sal die gelowiges die aarde heers met Hom en dié wat getrou was tydens hulle tyd op aarde sal in posisies van hoër outoriteit aangestel word.

[1 Kor 6:2 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie?]
[Op 5:10 en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers].
[Dan 7:27 Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is 'n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees].
[Op 2:26 En aan hom wat oorwin en My werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, 27 en hy sal hulle regeer met 'n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het. 28 En Ek sal hom die môrester gee].

Is die ewigheid ‘n tyd wanneer diégene wat steeds fisiese lewens op die aarde uitleef, onderdruk sal word deur heilige diktatorskap? Die werkwoord wat vertaal word “regeer” in Openbaring 2:27 is piomanei, afgelei van die woord vir ‘n herder (poimen). Dit is dieselfde woord wat deur die apostel Paulus gebruik word in Hand 20:28 om die sorg te beskryf wat ouderlinge aan die kerk van God moet betoon. Die staf of stok wat deur ‘n herder gedra is, was primêr vir gebruik om sy skape te beskerm, nie om hulle bang te maak of te straf nie.

In Genade
Andre van der Merwe

Share