Kan Christene Hulle Redding Verloor (deel 3)

02.21.11

Rom 11:22

Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word. (Rom 11:22)

Op die oog af lyk dit of hierdie verse definetief impliseer dat gelowiges hulle redding kan verloor. Wanneer ons egter die konteks verstaan, is dit ‘n heel ander storie.

Paulus het hier geskryf oor die tydelike verharding van Israel se harte en oor hoe God Sy genade aan die Heidene aangebied het onder ‘n nuwe bedeling (genaamd die Nuwe Verbond) sodat hulle oók in Sy wonderbaarlike plan van redding ingesluit kon word. Paulus vermaan egter dat ten spyte van die feit dat God se guns baie groot en omvattend is, dat die Heidene dit nooit as vanselfsprekend moet aanvaar nie en altyd moet onthou dat dit deur God se onverdiende goedgesindheid alleen was dat hulle as ‘n tak aan die hoofstam van die boom (wat natuurlik Israel was) geheg kon word.

En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat ‘n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom, moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.  (Rom 11:17-18)

God het ‘n seisoen van “verharding” van Israel se harte toegelaat sodat die volle getal Heidene in die Koninkryk kon inkom. Maar ten spyte van hulle verhard harte (hulle ongeloof in Christus), as enige Jood hulle ongeloof sou bely, sou hulle weer ingeënt word.

Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent. (Rom 11:23)

En hier is die balangrikste punt om te snap: Paulus was nie hier besig om die kerk (gelowiges) aan te spreek nie – hy was besig om te praat oor Heidene, dié wat nog nie God se gratis geskenk van vergifnis aangeneem het nie; vergifnis wat aan die hele mensdom aangebied is vir ‘n vasgestelde tydperk, ‘n tydperk waarin ons nogsteeds vandag leef. Hier is ‘n prafrasering van Rom 11:22 (vergelyk met die oorspronklike teks bo):

Dink oor God se genade en Sy strengheid: vir die ongelowige Jode (net soos vir  alle ander ongelowiges) is God hulle Regter wat hulle sal oordeel; maar aan die ongelowige Heidene het Hy sy hand van goedheid vir ‘n seisoen uitgestrek. As die Heidene egter nie Jesus as hulle Redder wil aanvaar tydens hierdie seisoen nie, sal hulle ook verwerp word.

Die “Bible Believer’s Commentary” sê die volgende: “Nothing can ever separate the Body of Christ from the Head, and nothing can separate a believer from the love of God, but the Gentile peoples can be removed from their present position of special privilege.”

Net soos daar geen belofte of verbond was wat die Jode teen die gevolge van hulle ongeloof beskerm het nie, geld presies dieselfde vir die Heidene.

Kom ons kyk na nóg ‘n misverstane Bybelvers:

Johannes 15:2

Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. (Joh 15:1-2)

Kom ons kyk na die betekenis van die woorde “neem weg” in die Grieks:

G142 airo

A primary verb; to lift; by implication to take up or away; figuratively to raise (the voice), keep in suspense (the mind); specifically to sail away (that is, weigh anchor); by Hebraism (compare [H5375]) to expiate sin: – away with, bear (up), carry, lift up, loose, make to doubt, put away, remove, take (away, up).

Enige wynboer sal kan bevestig dat wanneer ‘n wynloot nie vrug dra nie, dat so ‘n tak opgelig word en weer aan die hoof-loot of ondersteunings struktuur vasgemaak word om dit te help om weer vrug te dra. Maar as gevolg van ‘n tragiese wan-vertaling van die Griekse woord airo, is “neem weg” meer algemeen deur die vertalers gebruik.

Share

Leave a Reply