Die Wet Wakker Sonde Aan
08.16.09
Die Wet Wakker Sonde Aan
As ‘n getroude man op ‘n besigheidsreis na ‘n ander land moes gaan en een aand na werk terwyl hy in ‘n kroeg sit en ‘n drankie geniet word hy genader deur ‘n baie aantreklike vrou met “slinkse intensies”, wat dink jy sal hierdie man se motivering wees om getrou te bly aan sy vrou? Die ring aan sy vinger? Die stukkie papier wat hy op sy huweliksdag geteken het? Nee!! Hierdie eksterne dinge sal nie ‘n persoon daarvan weerhou om egbreek te pleeg nie. Die sterkste motief vir die man om getrou te bly aan sy vrou sal wees as hy haar liefhet.
Dit is presies dieselfde met Christene en “heilig lewe”. Die feit dat Christene veronderstel is om hulle naaste lief te hê net eenvoudig omdat die Bybel dit beveel, is nie genoeg motivering vir hulle om dit eintlik te doen nie. In werklikheid vaar meeste mense maar redelik sleg met die dinge wat hulle moet doen, en baie beter met die dinge wat hulle wil doen.
Het jy geweet dat as jy iemand vertel hulle word nie toegelaat om ‘n spesifieke ding te doen nie, jy in werklikheid besig is om ‘n begeerte aan te wakker om daardie einste ding te doen?Dit is presies wat die wet doen. Mense sou nie eers geweet het wat sonde was as dit nie vir die wet was nie, want die wet sê “moenie dit doen nie” of moenie daaraan raak nie”.
Rom 7:7 Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie. 8 Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood.
Een van die mees wydverspreide teologeë wat die rondtes doen in die kerk vandag wat betref ‘n morele leefstyl, is dat wanneer ‘n persoon nie baie goed vaar op die morele vlak nie dan is ons veronderstel om te bevraagteken of hulle gered was in die eerste plek, of dat God hulle enigsins kan gebruik. Wel ek weet nie van jou nie, maar ek sal verseker nie die persoon wil wees wat voor een van God se kinders staan, die vinger wys en sê “ek dink nie daai persoon is regtig gered nie.” Wie is ons om te oordeel? Die kanse is goed dat so ‘n broer of suster dalk onder die leering sit van ‘n persoon of bediening wat steeds gehoorsaamheid, ‘n morele leefstyl en “heilig lewe” preek ten koste van om onvoorwaardelik liefgehê en aanvaar te word deur God, en dit mag dalk veroorsaak dat hulle sukkel met een of ander slegte gewoonte. Die Bybel vertel ons eintlik om so ‘n persoon met sagtheid te herstel: Gal 6:1 Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. Maar wanneer iemand wat eis dat hulle gered is, maand na maand en jaar na jaar in dieselfde vernietigende lewenspatrone bly volhard, slegs inloer by die kerk wanneer dit hulle pas vir ‘n godsdienstige klein Sondag-oggend opknappertjie, met hulle lewens sonder enige passie vir God, mag dit dalk ‘n goeie idee wees om met hulle te praat oor of hulle regtig gered was in die eerste plek.
Maar terug by die punt, ‘n definetiewe aanduiding van self-geregtigheid in ‘n kerk / gemeenskap, is wanneer die gehoorsaamheid aan een of ander morele standaard of kode belangriker geag word as die persoon wat sukkel om dit te gehoorsaam. In sekere kringe waar mense hulleself Christene noem, word jy uitgegooi / verwyder uit hulle midde as jy ‘n sekere “tipe” fout maak. Gal 5:19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; 20 afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; 21 afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge… Dit is interessant in hierdie verse dat die drink van te veel wyn of bier in dieselfde asem genoem word as hoerery of moord. Alhoewel ons nie hierdie tipe optrede goedkeur nie, kan ons egter gevolglik ook nie oordeel voltrek oor enige iemand nie want ons verstaan nie altyd hulle omstandighede nie.
In teenstelling met wat die meeste glo, wanneer ons mense vertel dat hulle NIE meer die wette van Moses hoef te gehoorsaam nie, gee dit hulle eintlik MEER oorwinning oor sondige patrone in hulle lewe, want dit lig die “eksterne optrede beheer regulasies” af van hulle af. By die punt van wedergeboorte gee God vir ons ‘n 100% geregtige wedergebore gees aan die binnekant wat vir God WIL lewe, sy naaste WIL liefhe en goeie werke WIL doen. Jy kan enige regte wedergebore Christen vra dat indien hy/sy die keuse gehad het om ‘n knoppie te druk wat hom in staat sou stel om nooit weer te sondig nie, hulle daai knoppie in ‘n hartklop sou druk. Dit is bewys dat die wette van God nou in ons harte geskryf staan, en ons nie meer die tutor van die eksterne geskrewe kode (die wet) nodig het om ons meer te lei nie. Heb 8:10 … Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe (dit beteken dat God ons die begeerte gegee het om Hom te veheerlik en gemeenskap met Hom te hê); en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
Die Bybel noem die wet wat op tablette van klip gegraveer was “die bediening van die dood”: 2 Kor 3:7 En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer… Deur mense te vertel dat hulle veronderstel is om te probeer leef volgens die wet se standaarde, is ons besig om dood op hulle te sit.
Om af te sluit, indien mense dink dat ons sê hulle kan nou uitgaan en in sinnelose wellus, onreinheid en verval leef, en soos diere eenvoudig agter die begeertes van hulle vlees aanhardloop, dan iss hulle verkeerd. Indien God ons ou sondige natuur met sy sondige begeertes verwyder het (Rom 6:6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is…), hoekom sal ons langer op daardie manier wil leef? Net soos wat ons eens op ‘n tyd soos slawe agter die begeertes van ons sondige natuur aangeloop het, so is ons veronderstel om nou die begeertes van ons 100% geregtige wedergebore gees te volg: Rom 6:19 …want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.
In Genade
Andre van der Merwe
www.newcovenantgrace.com/afrikaans



