Getuienisse

Indien u graag u getuienis met ons wil deel, doen dit asseblief hier onder.

Probeer om dit asb kort te hou indien moontlik. Ons sal baie graag van 2 tipes getuienisse wil hoor:

 

1) Getuienisse oor supernatuurlike gebeure, wonderwerke, genesings of  ontmoetings wat u met God gehad het. Hierdie getuienisse sal dien om vir ‘n ongelowige wêreld te wys dat God leef en vandag steeds wonderweke doen! ‘n Getuienis dra ook met dit die krag om ge-heproduseer te word, so ander mense wat jou getuienis lees sal ook bemoedig word om uit die boot te klim en op die water te loop!

2) Indien u gesëen was deur van ons weeklikse Genade Boodskappe, skryf asb ‘n kort getuienis hier wat die doel sal dien om vir die self-geregtiges te wys dat daar mense is wat passievol is oor die boodskap van GENADE!

(Moet asb nie hierdie bladsy gebruik om nuwe besprekings te begin of vrae te vra oor ’n spesifieke Genade Boodskap op ons webwerf nie – dit kan gedoen word in die spasie voorsien onder die relevante boodskap – sulke boodskappe sal ongelukkig verwyder word van hierdie bladsy).

Share

3 Responses to “Getuienisse”

  1. Frans Greyling says on :

    Dankie-Dankie André vir hierdie boodskap. Dis nou maande dat ek probeer en probeer om los te kom van die wet sonder dat ek dit besef het.

    Net soos jy sê is daar een dag iets wat jy gedoen het wat jou goed laat voel en letterlik sekondes daarna het ek weer die wet oortree met ‘n sondige daad(aggressie of ongeduld) en dan kom die besef — jy het jouself gefaal! En dan is daar die verwyte en die selfkastyding wat soms aan selfveragting grens en die top van teleurstelling (in jouself!) Dankie André, dit is asof daar ‘n reuse gewig van my skouers afgerol het. Dankie my Here Jesus vir u diensknegte, mense soos André wat U boodskappe kan uitdra. Seën hom in U diens, seën hulle wat saam met hom werk en seën hulle dierbares vir Christus en Sy Kerk.

    Prys die Here.

    AMEN

  2. Magda Kopp says on :

    Ek is tans in Sydney Austalie en het so pas teruggekeer van n 2 maande vakansie in Suid Afrika. Terwyl ek op Johannesburg lughawe ronddwaal om die tyd om te kry voor my vlug vertrek om 6 uur vra ek die Here dat ek graag langs n Christen wil sit om bietjie oor Hom te kan praat. Dit mag dalk vir sommige mense klink na n verkeerde gebed aangesien ons juis langs nie-christene moet sit om te getuig. Maar omdat Jesus ons harte ken plaas hy my toe tussen 12 jongmense wat terugkeer van sendingwerk in Suid Afrika. Ek was verheug want ken my Here dan nie die begeertes van ons hart nie. Die jong dame langs my het vertel van hul ervaringe en ons kon oor en weer deel van God se genade.

  3. Andre van der Merwe says on :

    ‘n Sekere toets van of iemand dieselfde ware Evangelie verkondig wat Paulus gepreek het, is of so ‘n persooon vervolg word soos Paulus. Nou ongelukkig is mense in die moderne tye in eerste wereld lande lafhartig en die beste wat hulle kan doen is om ‘n e-pos te stuur. Hier is ‘n voorbeeld van so een. Ons pos dit met trots en vertoon dit as littekens van ons stryd vir die waarheid:

    ____________________________________________________________

    Julle is Leuenaars en die Gees van Waarheid nie in julle nie. Die stuk hieronder is leuens en bots met Mattheus 5:17-19 en Openbaring
    12:17 en Openbaring 22:14 en Johannes 14:15 en Johannes 14:21.
    Julle sing nie die Lied van Moses (Openbaring 15 en Deut 32) nie en daarom is dit juis jy wat hier skryf waarvoor gese gaan word dat Jesus jou nie ken nie. Bekeer jou van jou valse en verdraaide godsdiens. Jy is ‘n opregte valse profeet en glo sekerlik aan die drie eenheid wat drie
    geeste van duiwels is (Openbaring 16:13-16) en bots met die groot gebod wat se dat daar net n Enige God is Deuteronomium 6:4-9 en Markus 12:28-37).
    Verder die leuengees wat jy het (2 Thesalonisense 2:11-12)
    verkrag die Nuwe Verbond (Jeremia 31:31-37 en Hebreers 8:6-13) waarin uitdruklik staan dat die Almagtige se WETTE in sy ware gelowiges se hart en verstand gekrywe staan. Dis duidelik jy is nie in die ware geloof en die Nuwe Verbond nie.

    Pieter L White
    http://www.dimensionsofapartheid.com

Leave a Reply