Hoekom sondig Christene? (Deel 1 – Onhernude Verstand)

05.25.09

Hoekom sondig Christene? (Deel 1 – Onhernude Verstand)

Hierdie boodskap is ‘n opvolg op ons vorige boodskap: Het Christene ‘n Sondige Natuur?

Verlede week het ons uit die Woord bewys dat God ons sondige natuur heeltemal verwyder het toe ons wedergebore is (indien u nog nie hierdie boodskap gelees het nie bevel ons aan dat u dit eers lees op ons webwerf). God het ons HEELTEMAL verander toe ons gered is, ons is splinternuut gemaak! 2 Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Is ons liggaam weg? Nee. Is ons verstand weg? Nee. Maar hierdie vers sê iets wat “oud” is het verbygegaan! Dit is ons ou sondige natuur (die ou mens) wat heeltemal verwyder is en vervang is met ‘n geregtige, wedergebore gees wat perfek geskape is in die beeld van Christus. Ef 4:24 en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. Sien ook Kol 3:10.

Nou onstaan die vraag: As God ons sondige natuur heeltemal verwyder het, hoekom maak ons dan steeds foute? Hoekom doen ons nogsteeds die dinge wat so teenstrydig is met hierdie goddelike natuur wat binne ons gebore is? The antwoord is tweevoudig:
1) As gevolg van ons onhernude verstand (hierdie week se boodskap)
2) As gevolg van eksterne versoekings (volgende week se boodskap)

Toe ons in hierdie wêreld gebore is (met ‘n gevalle, sondige natuur wat in vyandskap met God is), het ons geleef ons volgens die begeertes van hierdie natuur. Toe hierdie sondige natuur (ook genaamd die “ou mens” in die Bybel) ons vertel het om sonde te doen, het ons dit soos slawe gedoen. Ons het geen begeerte gehad om God te gehoorsaam nie, en gevolglik is ons verstand opgelei om die begeertes van hierdie sondige natuur te gehoorsaam, met ons liggaam wat eenvoudig soos ‘n slaaf doen watookal ons verstand dit bevel het om te doen. Die sondige natuur kan gesien word as die “beheerkamer”, die dryfveer agter ons besluitneming. En die verstand (ook genoem die siel) is toe opgelei en het gewoond geraak daaraan om op te tree in lyn met watter gewoontes die ou sondige natuur dit ookal geleer het om te doen. Ons verstand is dus opgelei en geprogrammeer in sonde, wellus, self-behoud, self-beskerming en ongeloof, en ons het allerlei slegte gewoontes aangeleer.

Toe met wedergeboorte is ons sondige natuur heeltemal verwyder, en God het ons ‘n splinternuwe, heeltemal geregtige gees mens aan die binnekant gegee, 100% geskep in die beeld van Christus, met al Christus se geregtigheid en bates. Kol 3:10 en julle (jul) met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper. Nou skielik besef ons verstand (siel) daar is ‘n nuwe “beheerkamer” aan die binnekant, maar dit wil voorkom of hierdie nuwe beheerkamer op ‘n heeltemal ander manier funksioneer as die ou ene. En dit is hoekom dit somtyds voel asof daar ‘n oorlog binne ons woed, met die verstand wat veg teen die nuwe wedergebore gees. Vir jare en jare is die verstand (siel) in ‘n sekere manier opgelei, en nou moet die “nuwe mens” die verstand leer om op ‘n ander manier op te tree.

Verlede week het ons gepraat oor die die Griekse woord “sarx” (wat “vlees” beteken) wat verskillende betekenisse het in verskillende kontekste. Kom ons kyk na die konteks in die volgende verse:

Gal 5:16 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees (sarx) volbring nie; 17 want die vlees (sarx) begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees (sarx); en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. 18 Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie. 19 En die werke van die vlees (sarx) is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; 20 afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; 21 afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge…

Paulus het hierdie brief aan die Galasiërs geskryf, wat wedergebore Christene was. Dus het hulle nie meer ‘n sondige natuur gahad nie. Met wat ons hierbo bespreek het in gedagte, kan dit duidelik gesien word dat in hierdie konteks, beteken die woord “vlees” (sarx) die onhernude verstand (dit kan NIE die “sondige natuur” wees nie omdat ons verlede week bewys het dat Christene nie meer ‘n sondige natuur het nie). Paulus het met die bogenoemde verse bedoel dat hierdie dinge die vrugte was van ‘n gelowige se onhernude verstand. ‘n Onhernude verstand is gekondisioneer om op te tree asof ons nogsteeds ‘n ou sondige natuur binne ons het.

En dan kontrasteer Paulus die bogenoemde deur die bekende vrugte van die die gees (die wedergebore nuwe mens) te lys. Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Hierdie word ook die vrugte van die Heilige Gees genoem, maar eintlik is ons wedergebore gees en die Heilige Gees saamgesmelt as een, so hierdie kan gesien word as die vrugte van ons weergebore gees. 1 Kor 6:17 Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom. Wanneer ons hierdie goeie dinge doen, is dit dan slegs ‘n vrug van die 100% geregtige wedergebore gees binne ons, ons doen dit nie om God te probeer beindruk of om meer “heilig” te probeer wees nie, want ons is alreeds 100% heilig aan die binnekant!!

Daarom kan dit duidelik gesien word dat ons (onhernude) verstand oorlog voer teen ons wedergebore gees, en dit dit eenvoudig een van die redes is hoekom om ons Bybel lees, kerk toe gaan, bid, loof, ens: Ons ons verstand te hernu. NIE om God se aanvaarding te probeer verdien nie, want God is alreeds tevrede met ons, inteendeel Hy jubel en juig oor ons! Hoe kan Hy NIE as ons in die beeld van Sy Seun Jesus geskep is nie?

Dit som dan op die eerste rede hoekom Christene steeds sondig (selfs al het ons nie meer ‘n sondige natuur nie), naamlik as gevolg van ‘n onhernude verstand. Volgende week sal ons die tweede rede hanteer: Eksterne versoekings.

In Genade
Andre van der Merwe

Share

Leave a Reply