Kinders van Abraham
10.07.09
Kinders van Abraham
Die Evangelie van die Nuwe Verbond sentreer rondom die feit dat God die manier verander het waarop Hy teenoor die mensdom identifiseer, nie deur gehoorsaamheid aan die wet nie, maar deur Genade alleen. Deur geloof in Christus alleen word ons geregverdig: [Gal 2:16 terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie].
God het beloftes gemaak aan Abraham in Gen 12 dat Abraham gesëen sou wees, dat God sy naam groot sou maak en dat in hom al die nasies van die aarde gesëen sou wees. God het later in Gen 17 hierdie beloftes met ‘n eed aan Abraham bevestig. En vir die eenvoudige rede dat ABRAHAM GOD GEGLO HET, het God Abraham se geloof aan hom as geregtigheid toegereken. [Gen 15:6 En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken]. God het ook vir Abraham met aardse besittings gesëen [Gen 13:2 En Abram was baie ryk aan vee, aan silwer en goud].
430 Jaar later het God nog ‘n verbond gesluit met ‘n groep hardnekkige mense. [Deut 9:6 Weet dan dat die HERE jou God nie ter wille van jou geregtigheid jou hierdie goeie land gee om dit in besit te neem nie, want jy is 'n hardnekkige volk]. Nadat God hulle sopas uit Egipte gelei het met 10 magtige plae, voorsien het in hulle elke behoefte in die woestyn, het Israel steeds nie geglo dat God hulle wou sëen ALLENLIK omdat Hy is goeie God is nie – daarom het God aan hulle die Wet gegee. Onder die
Wet moes hulle heilig probeer lewe, rituele nakom, offers bring en ten volle hulle kant van die ooreenkoms nakom voordat God hulle sou sëen. Maar vir die grootste deel van die Ou Testament in die Bybel, sien ons die hartseer ontvouing van Israel se onvermoë om die vereistes van die Wet na te kom. Hulle is verslaan, hulle stede verwoes en hulle is oor die aarde verstrooi.
En hier is die skokker: Op enige punt in hulle geskiedenis kon Israel gekies het om onder die Wet uit te beweeg, en te leef onder die verbond wat God met Abraham gemaak het. Hulle kon weereens glo dat God hulle sou sëen en hulle as geregtig sien NIE OMDAT hulle probeer het om die Wet te gehoorsaam nie, maar eenvoudig omdat hulle in God geglo het. Die verbond van die Wet het nie die beloftes gekanselleer wat God met Abraham gemaak het nie!! [Gal 3:16 Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus. 17 Maar ek sê dít: die wet wat vier honderd en dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte tot niet te maak nie. 18 Want as die erfenis uit die wet is, dan is dit nie meer uit die belofte nie. Maar God het dit aan Abraham deur 'n belofte genadiglik geskenk]. Gedurende hierdie periode sou daar twee verbonde in werking wees op die aarde, omdat die Ou Verbond eers na die kruis tot niet gegaan het.
Onder die Ou Verbond is wette gegee om te gehoorsaam. Onder die Nuwe Verbond is beloftes gegee om in te glo. Jesus het na die aarde toe gekom meer as 2000 jaar gelede om die vereistes van die Wet te vervul, en daarmee dit effektief te kanselleer en die Ou Verbond tot niet te maak (Heb 8:7-13). Diegéne wat steeds volgens die wette van die Ou Verbond wou leef, het probeer om Jesus teen te staan. Hulle het geëis dat hulle kinders van Abraham was as gevolgvan hulle Joodse herkoms. Kom ons kyk na Jesus se antwoord aan hulle: [Joh 8:39 Hulle antwoord en sê vir Hom: Ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen; 40 maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, iemand wat aan julle die waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie. 44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie... 45 Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie]. Hier sien ons hierdie mense het nie in Jesus geglo nie.
Dus sien ons dat diégene wat in Jesus glo kinders van Abraham is, en gesëen word saam met Abraham eenvoudig omdat hulle glo. [Gal 3:7 Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. 8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. 9 Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham]. [Rom 4:16 Daarom is dit uit die geloof, sodat dit volgens genade kan wees en die belofte kan vasstaan vir die hele nageslag; nie alleen vir die wat uit die wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal].
Wanneer ons hierdie beginsel verstaan, verander dit die manier waarop ons ontvang (want ons hoef nie te dink aan hoe goed of sleg ons was om van God te kan ontvang nie); dit verander die manier waarop ons bid (want ons bid VANUIT ‘n plek van oorwinning, en nie VIR oorwinning nie); dit verander die manier hoe ons God sien (nie ‘n geharde wese wat ons oordeel vir slegte dade en sëen vir ons goeie werke nie, maar ‘n liefdevolle Vader wat sëen eenvoudig omdat ons in Sy Seun Jesus glo).
In Genade
Andre van der Merwe
www.newcovenantgrace.com/afrikaans





