Betaal Jy ‘n Prys om Jesus te Volg?

02.23.11

Lewe in Christus is sonder inspanning – Sy las is lig, Sy jeuk is sag, Sy liefde is eindeloos en Sy genade is sonder perke. Daar bestaan egter binne die meeste gemeenskappe van gelowiges oor die wêreld steeds ‘n onderliggende twyfel dat dit eenvoudig net nie so maklik kan wees nie. Christus het immers tog gesê dat dit ons alles sal kos, nie waar nie?

So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie. (Luk 14:33)

Hierdie vers kan egter definetief nié beteken dat iemand nie ‘n dissipel kan wees as hulle ‘n kar of ‘n huis besit of ‘n inkomste verdien om aan hulle familie se behoeftes te voorsien nie. Jesus sou nie so ‘n voorwaarde op dissipelskap geplaas het nie, behalwe as Hy slegs dissipels vanuit die wêreld se armste lande wou gehad het of slegs mense wou hê om Hom te volg wat kies om in uiterste armoede te leef. Hy moes dus iets anders met hierdie stelling bedoel het.


Klim op die Vleistrein!

Baie bedieninge het op die rug van die Lukas 11 skrifgedeelte gespring en Jesus se woorde verdraai tot hulle eie voordeel. Hulle lidmate word vertel dat hulle hulle besittings en geld moet weggee om Jesus se dissipels te kan wees. Is dit dan nie ironies dat wanneer ookal sulke stellings gemaak word, mense baie vinnig ook sommer die bankdetails gegee word waar hulle hierdie geld kan inbetaal nie?


‘n Goeie Aanbod

Aarde besittings kan òf ‘n instrument wees òf ‘n meester – ‘n baie handige instrument maar ongelukkig ‘n afgryslike meester; een wat mense hulle agterente sal laat afwerk hulle hele lewens lank, maar hulle altyd onvervuld sal laat.

Wanneer Vader egter ons harte verower met Sy genade, word alle ander dinge soos vullis in kontras. Ons prioriteite sal begin om ons passie vir Hom te weerspiëel soos wat ons besef hoeveel Hy ons liefhet en hoe baie ons werd is vir Hom. Ons het lief omdat Hy ons eerste liefgehad het. Die ou, sondige mens is uit ons binneste besny (Kol 2:11) en saam met Christus begrawe (Rom 6:4) en ons het ‘n nuwe lewe ontvang wat sy begeertes deur ons hele wese laar bruis! Daar is ‘n baie groot verskil tussen om vir God te lewe en om God deur ons te laat lewe.

Hierdie uitgeruilde lewe (ons ou, verrotte, sondige lyke verruil vir Sy geregtigheid, lewe, liefde en die teenwoordigheid van die inwonende Gees) is die beste aanbod wat ons ooit kon hoop om te kry! Alle ander dinge is bleek en vaal in vergelyking hiermee.

Dit is daarom nie regtig eintlik ‘n opoffering om ons begeertes vir aardse rykdom opsy te skuif nie, aangesien sulke dinge eenvoudig hulle aanloklikheid verloor wanneer ons gevul is met die Koninkryk se realiteite.


Nog ‘n Interpretasie van Lukas 14:33

Wanneer ons die waarheid onbeskaamd verkondig soos Jesus of sommige van die vroëe apostels, is vervolging amper gewaarborg. Inteendeel, Jesus het dit belowe:

Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. (Joh 15:20a)

Dit mag selfs die verlies van persoonlike besittings beteken met tye, veral as die vyand sy gewig agter die self-geregtiges ingooi.

Share

Leave a Reply