Misverstane Bybel Terminologie deel 2

03.05.10

Beoefen Wetteloosheid of Ongeregtigheid

Om op te volg op ons laaste boodskap, ons het gesien dat baie verse en Bybel “konsepte” in die Nuwe Testament (veral uit die briewe van 1 – 3 Johannes) in die  verleede gemisinterpreteer is en gebruik is as ‘n sweep om die liggaam van Christus terug onder die Wet in te slaan. In hierdie boodskap sal ons voortgaan om hierdie argumente te verslaan met waarheid uit die Woord.

In Matteus 7 het Jesus presies dieselfde terminologie gebruik as Johannes, met verwysing na mense wat “wetteloosheid beoeofen”. Hy het hulle bevel om weg te gaan van Hom af want Hy het hulle nooit geken nie. Nou om “wetteloosheid te beoefen” mag dalk klink soos iets wat ‘n persoon veronderstel is om te DOEN, maar kom ons kyk na die konteks. In Matt7:15 waarsku Jesus oor die valse profete wat in skaapsklere sou kom en verder in vers 21 praat hy nogsteeds oor hierdie selfde mense. Ons sal kyk na die hele teks hier sodat die skeptiese mense vir hulleself kan sien: [Matt 7:15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. 16 Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! 17 So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. 18 'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. 19 Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. 20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken]. Hierdie verse verwys spesifiek na die feit dat ongelowiges nie die vrugte van die Gees kan manifesteer nie want hulle het nie Heilige Gees wat binne-in hulle leef nie. Hulle mag dalk op ‘n beleefde, vriendelike manier optree, maar hulle harte bly steeds korrup en sondig. Daarom verwys Jesus na hulle as “roofsugtige wolwe” aan die binnekant. Let op dat Jesus in die volgende verse steeds met dieselfde mense praat:

[Matt 7:21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!].

In vers 21 sê Jesus dat “hy wat die wil van die Vader doen” sal die koninkryk van die hemele ingaan. Nou byt net bietjie vas deur die volgende paragraaf – dit mag dalk effens deurmekaar klink, maar ons sal alles bymekaar bring aan die einde.
Elders het Jesus ook die volgende gesê: [Joh 3:5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie]. Hier het Jesus verwys na die 2 verskillende geboortes (natuurlik en geestelik) van enige mens wat die koninkryk van die hemele binnegaan – eerstens word hulle gebore uit die water van hulle moeder se buik (Hy was nie besig om te praat van water-doop nie, want in vers 6 praat Hy spesifiek oor om uit die “vlees” gebore te word, wat beteken om in hierdie wêreld gebore te word) en tweedens word hulle gebore in die gees, beter beken as “wedergeboorte”. Nou wat leer die Bybel ons oor om wedergebore te word? [Rom 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; 10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding].
Weereens wil dit “voorkom” of ons ‘n teenstrydigheid het: In Matt 7:21 sê Jesus dat wieookal die wil van die Vader DOEN sal die koninkryk van die hemele binnegaan, maar uit Joh 3:5 en Rom 10:9-10 kan ons tot die gevolgtrekking kom dat dat wieookal in Jesus GLO sal die koninkryk binnegaan. Die volgende vers maak dit baie duidelik wat dit beteken om die werke van God te doen: [Joh 6:29 Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het]. Soos vantevore kan ons sien dat hierdie uitdrukkings, selfs al kom dit voor of hulle impliseer dat ons een of ander eksterne werk moet doen, dit in werklikheid verwys na ‘n daad van geloof; om ons vertroue in Jesus Christus te plaas. Dit is wat dit beteken om die wil van die Vader te “doen”.

Dan in Matt 7:23 (bo) beveel Jesus diégene wat “ongeregtigheid werk” om weg te gaan van Hom af. Hier verwys Hy weereens na die ongereddes, net soos wat Johannes verwys het na mense wat “wetteloosheid doen”: [1 Joh 3:4 Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid. 5 En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie]. Jesus het ook vir hierdie mense gesê: “Ek het julle nooit geken nie.” Kan dit enigsins duideliker wees dat hy wel na ongelowiges verwys het? Om wetteloosheid te doen beteken nie om die 10 Gebooie te breek nie.

Dit is daarom ook duidelik dat wanneer die Nuwe Testament verwys na mense wat “sonde doen” of “wetteloosheid werk”, dat dit nie dieselfde betekenis het as in die Ou Testament toe mense stees volgens die Wet geoordeel is nie. Die enigste sonde in die Nuwe Testament is om nie in Jesus te glo nie, soos wat ons ook voorheen gesien het toe ons gepraat het oor die “Onvergeefbare Sonde”.

Onderhou of Bewaar Gebooie

Kom ons slaan die finale spyker in die doodskis en bewys aan die aanhangers van die Ou Testamentiese Wette net hoé volledig die Genade van God voorsiening gemaak het vir ons menslike tekortkominge. Kom ons probeer om hierdie onderwerp saam uit te werk. As ons in gedagte hou wat ons geleer het oor mense wat “geregtigheid beoefen”, “waarheid doen” ens. is dit baie waarskynlik dat Johannes in hierdie geval ook na iets anders verwys as om die 10 Gebooie te onderhou wanneer hy sê dat ons “God se gebooie moet onderhou.” Hierdie een is in werkliheid ‘n groot gunstelling van diégene wat steeds preek dat ons moet leef volgens die Ou Testamentiese Wette. Kom ons kyk en sien wat Johannes regtig bedoel het:

[1 Joh 2:3 En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. 4 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is 'n leuenaar en in hom is die waarheid nie]. Ook in ander verse spreek die apostel Johannes hierdie selfde onderwerp aan en praat ook oor die voorgenoemde “bly in Hom” onderwerp (eie kommentaar in hakies):

[1 Joh 3:24 En hy
(‘n persoon) wat sy (God se) gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het]. Uit Paulus se brief aan die Efesiërs weet ons dat elke gelowige ontvang en word GESEEL met die Heilige Gees as ‘n waarborg dat hulle inderdaad gered is. [Ef 1:13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, 14 wat die onderpand (waarborg) is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid]. Ons kan daarom sien dat gelowiges die Gees as ‘n waarborg van hulle redding ontvang en omdat Hy (die Gees) geseel word binne-in gelowiges sal Hy ook gevolglik by hulle “bly” en hulle by Hom. Lees nou weer 1 John 3:24 (bo) in hierdie konteks. Johannes sê baie duidelik dat wieookal die Heilige Gees het (‘n gelowige), so ‘n persoon onderhou ook God se gebooie. Watter “gebooie” praat hy van?

[1 Joh 3:23 En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons 'n gebod gegee het].

Wanneer die Goddelike natuur en karakter van die persoon van die Heilige Gees binne-in ‘n persoon bly, is ‘n natuurlike resultaat dat hulle sal begin verander in hulle uiterlike optrede. Mense sal ‘n verskil opmerk in die manier wat hulle lewe. Dit kan nie andersom gebeur nie – iemand wat op ‘n goedgemanierde manier optree kan nooit deur hulle goeie dade aan die binnekant verander word nie – hulle het eers nodig om die Heilige Gees te ontvang. Dit is presies wat die apostel Johannes van praat: Wanneer ons in God glo en wedergebore word, sal ons mekaar meer en meer liefhê as ‘n vrug van die Heilige Gees wat binne ons woon. Om God se gebooie dus te onderhou in die Nuwe Testament beteken om in Jesus te glo.

In ons volgende boodskap sal ons hierdie reeks afsluit oor “Misverstane Bybel Terminologie” en ‘n indiepte kyk neem na wat dit beteken om te ‘Wandel in die Lig”.

In Genade

Andre van der Merwe

Share

2 Responses to “Misverstane Bybel Terminologie deel 2”

  1. Andre Smith says on :

    Mooi geskryf Andre. Baie Dankie.Jou artikel het baie vir my beteken. Mag God jou seen vir jou werk.

    Ek het altyd geglo en glo steeds dat mens ‘n balans moet handhaaf tussen Gees En Vlees. Die Tien gebooie sal altyd staan as God se Wette. Daarin saamgevat is die elfde Gebod wat Jesus onderstreep. Die Gebod van Liefde vir God en Liefde vir jou medemens. Ons kan dit nie skei nie. Ons moet ook seker maak dat ons deur God se Genade altyd sal streef om getrou te bly hieraan. Die 4de gebod is die enigste gebod wat God begin met “Remember”. Nou hou ons Sabbat op die verkeerde dag omdat die pousdom dit verander het. Ons moet ons God eerbiedig en dit regmaak. Ons moet ophou konsert hou in SY huis en dit ‘n plek van gebed maak. Ons moet nie aan die aardse manier van doen gelyk raak nie. Ons is anders omdat God ons anders gemaak het en ons optrede moet anders wees as die weg van Satan. As ons die wereld aanvaar dan aanvaar ons nie vir God nie. Die natuur se wette is deur God gemaak en het nog nooit verander nie… Ons moet die gebooie hou omdat dit ook nie verander het nie.

  2. Andre van der Merwe says on :

    Hey Andre

    Dankie vir jou boodskap. Jesus het ons egter juis kom vrymaak van die Wet en die 10 gebooie, sodat ons nou nie meer teenoor Hom te hoef identifiseer op grond van ons vlak van gehoorsaamheid nie, maar op grond van Christus se gehoorsaamheid namens ons. Ons is dus dood vir die Wet! Sien veral vers 4 en vers 6 in die volgende skrifgedeelte:

    [Rom 7:1 Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie? 2 Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. 3 Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie. 4 So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra. 5 Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra. 6 Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie].

    As ons dus nou met Christus getroud is, maar ons probeer om nogsteeds aan ons ou bruidegom (die Wet) gehoorsaam te wees, dan is ons besig met geestelike egbreuk.

    Ek wil jou aanmoedig om gerus die volgende twee boodskappe te gaan lees, wat verduidelik wanneer die Ou Testament (met sy Wette) geëindig het asook wat Jesus bedoel het in Matt 5 toe Hy gesê het die Wet sal nooit vergaan nie:

    http://www.newcovenantgrace.com/afrikaans/christene-onder-wet/
    http://www.newcovenantgrace.com/afrikaans/ou-testament-eindig-deel1/
    http://www.newcovenantgrace.com/afrikaans/ou-testament-eindig-deel-2/

    In Genade
    Andre

Leave a Reply