Preek van die Wet

08.01.09

Die Preek van die Wet

Die enigste mense met wie Jesus “wet” gepraat het was die mense wat hardhandig met die wet was. Hy het die fariseers en skrifgeleerdes, wat die godsdienstige leiers van die dag was, met gesag aangespreek hieroor. Mat 23:1  Toe het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek 2 en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses. 3 Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie. 4 Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie.

Jesus was nie besig om te probeer om die mense (insluitend die fariseers) te kry om die wette en reëls meer en meer te gehoorsaam nie. Inteendeel, Hy was besig om die fariseers hulle huigelary uit te wys deur ander mense te leer om die wette te gehoorsaam terwyl hulle self baie sleg gevaar het daarin. Lees verse 3 – 4 hierbo weer.

Soos baie predikers van vandag, het hierdie godsdienstige leiers ‘n “afgewaterde” weergawe van die wet gepreek, wat dit vir hulle amper moontlik gemaak het om hulle eie mensgemaakte reëls na te kom! Wel het jy onlangs goed gekyk na wat die wet eintlik sê vir mense wat die wet breek?

Deu 28:19  Vervloek sal jy wees by jou ingang, en vervloek sal jy wees by jou uitgang. 20 Die HERE sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het. 21 Die HERE sal maak dat die pes jou aankleef totdat Hy jou vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. 22 Die HERE sal jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom. 23 En jou hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is, yster wees. 24 Die HERE sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is. 25 Die HERE sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uit vlug—en jy sal ‘n skrikbeeld vir al die koninkryke van die aarde word. 26 En jou lyke sal as voedsel dien vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde sonder dat iemand hulle skrikmaak. 27 Die HERE sal jou swaar tref met swere van Egipte en met geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie. 28 Die HERE sal jou slaan met kranksinnigheid en blindheid en sinsverwarring, 29 sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar ‘n helper is. 30 Jy sal jou met ‘n vrou verloof, maar ‘n ander man sal haar skend; ‘n huis sal jy bou, maar daarin nie woon nie; ‘n wingerd plant, maar dit nie in gebruik neem nie.

Eintlik gaan die lys nog aan, vat gerus tyd en lees Deut 28 vanaf vers 15 aan. Nou as mense wat nogsteeds vandag die wet wil preek, die wet eintlik moes preek volgens die volle ekstreem daarvan, dan moet hulle ook al hierdie vloeke insluit! As ‘n hedendaagse prediker wil preek dat dat jy nogsteeds die 10 gebooie moet nakom, dan is so persoon veronderstel om in sy preek in te sluit al hierdie vloeke wat op jou sal kom as jy dit nie 100% van die tyd doen nie! Dit is die rede hoekom die boodskap van Genade so radikaal klink vir meeste mense, maar eintlik as ons dita an die wet meet hierdbo, is dit glad nie meer radikaal nie. Dit is net dat die wet nog altyd op ‘n afgewaterde vlak gepreek is en ingemeng is met so bietjie genade.

Die fariseers en skrifgeleerdes het gepreek dat mense heilig en gehoorsaam moet lewe en die wette van Moses moes nakom. Hulle het ook voorgegee of hulle dit self doen, maar hulle harte was vol kwaad. Die fariseers het gepreek dat solank as wat jy nie die fisiese daad van egbreuk pleeg nie, of as jy nie kwaad vir jou broer was sonder ‘n rede nie, het jy nie die wet gebreek nie. Maar Jesus het verduidelik dat die standaard van die wet eintlik baie hoër was as dit, en dat as ‘n persoon selfs per ongeluk sy broer beledig het of ‘n enkele seksuele egreek gedagte gehad het, so ‘n persoon skuldig was aan die breek van die HELE wet en dat die straf die dood was (sien ook Jak 2:10). Jesus het hulle toe gewys dat as hulle die wet wou preek, dat hulle dit eintlik tot die volle ekstreem moes preek en al die verskriklike gevolge moes insluit indien jy selfs een enkele wet sou breek – gevolge soos dood, hande afkap, oë uitpluk, mense wat gesondig het te stenig, ens. Dit is wat Jesus bedoel het toe Hy die volgende stellings gemaak het:

Mat 5:22  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.
Matt 5:27 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. 28 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het. 29 As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie. 30 En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.

Maar Jesus deur die kruis het ‘n einde gemaak aan die wet (Kol 2:14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael), en die wet se eindelose vereistes van “korrekte optrede” vernietig. Dit maak ons vry om te lewe vir God omdat ons Hom liefhet, en nie omdat ons straf vrees nie. 1 Joh 4:18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

In Genade
Andre van der Merwe
www.NewCovenantGrace.com/Afrikaans

Share

Leave a Reply