Super Oorvloedige Genade!

01.07.10

Super Oorvloedige Genade!

[Rom 5:20 Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword].

Hierdie vers verwys nie na ‘n spesifieke sonde nie, want dan sou ons nooit kon bepaal presies watter sonde Paulus na verwys het nie. Instede verwys dit na die ingeboude geneigdheid om te sondig wat die menslike hart binne getree het, wat Adam in ‘n sondaar verander het. Adam het toe hierdie sondige natuur oorgedra aan al sy nakomelinge. Ja dit was slegs ‘n enkele handeling van ongehoorsaamheid, maar dit het sy hart geopen vir die binnekoms van die sondige toestand.

Elke mens het hierdie sondige natuur van Adam geërf, en die rede hoekom die Wet gegee is, is om ons sondige natuur te stimuleer sodat ons meer bewus word van ons sondige toestand.

[Rom 5:14 Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat 'n voorbeeld is van Hom wat sou kom]. As gevolg van Adam se sonde het die hele wêreld skuldig geword. Indien enige iemand so opeindig in die hel sou dit nie wees as gevolg van hulle eie sonde nie, maar omdat hulle Adam se sondige natuur beërwe het toe hulle gebore was. Op dieselfde manier sal niemand hemel toe gaan op grond van hulle eie goedheid of vlak van gehoorsaamheid nie, maar slegs op grond van hulle geloof in Christus se perfekte gehoorsaamheid.

[Rom 5:15 Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword]. As gevolg van Jesus se gehoorsaamheid word dié wat in Hom glo geregverdig deur hulle geloof.

Toe God die Wet gegee het was dit veronderstel om langs sondaars in te kom om ons te wys hoe groot ons tekort aan heligheid eintlik was. Dit was nie gegee om die mensdom in sondaars te verander nie, want sonde het bestaan slefs voor die Wet gegee was (sien weer Rom 5:14). Die doel van die Wet was om ons die diepte van ons gevallenheid te wys. God het nie die Wet ingestel om ons meer te laat sondig nie, maar Hy wou ons meer bewus van ons sondes maak en van die feit dat ons ‘n uiterse sondige natuur het. Let op in Rom 5:15 dat Paulus nie sê misdade (meervoud) nie, maar misdaad (enkelvoud), wat ‘n verwysing is na die sonde (sondige toestand) van Adam. ‘n Paar van die helde van die geloof het die volgende stellings gemaak:

Charles Spurgeon: “ ‘n Stok is  krom, maar jy kom nie agter hoé krom dit eintlik is totdat jy ‘n reguit liniaal langs dit plaas nie. Jy het ‘n sakdoek en dit wil nogals wit voorkom. Jy kan dit beswaarlik witter wens. Maar jy lê dit neer in die nuwe sneeu en jy wonder hoe jy ooit kon dink dit was wit in die eerste plek. So laat die suiwer en heilige wet van God (wanneer ons oë geopen is om die wet se suiwerheid te sien) ons sonde in hul ware swartheid uitstaan, en op daardie manier laat dit sonde meer word. Maar dit is vir ons eie beswil, want daardie sig van ons sonde ontwaak in ons ‘n openbaring vir ons ware toestand, lei ons tot berou, dryf ons deur geloof na die kosbare bloed van Jesus en laat ons nie langer toe om in ons eie self geregtigheid te berus nie. Dit was die praktiese uitwerking van die gee van die Wet dat mense groter sondaars as ooit tevore geword het, en dat hulle hulsef sou sien as groter sondaars as tevore. Die wet is ‘n spiëel waarin ons ons foute sien, maar nie die wasbak waarin ons dit wegwas nie. Die wet het ‘n opstandige, rebellerende krag, want van so aard is die perversiteit van ons (ou) sondige natuur dat geen vroëer as wat ons die opdrag hoor “Jy sal nie so-of-so doen nie”, dat ons meteens daardie einste ding wil doen.”

Dave Guzik: “Die foute in ‘n kosbare steen word duidelik wanneer dit gekontrasteer word met ‘n perfekte steen, or wanner dit teen ‘n kontrasterende agtergrond geplaas word. God se perfekte wet ontbloot ons foute en laat ons sondigheid vermeerder. Daar is nog ‘n manier hoe die wet sonde laat vermeerder: As gevolg van die sondigheid van my hart, wanneer ek ‘n streep getrek sien wil ek oor dit trap. In hierdie manier laat die wet sonde baie vermeerder want dit trek baie duidelike lyne tussen reg en verkeerd wat my sondige hart wil breek. Daarom laat die wet my meer sondig – maar nie omdat daar enige iets verkeerd is met die wet nie, maar slegs omdat daar iets baie diep verkeerd is met die menslike toestand.”

John Piper: “Ek vat dit om te meen dat een kritiekte funksie van die wet is om ons oorspronklike sonde (sondige toestand) te verander in regte oortredinge van spesifieke opdragte. Eerstens is ons skuldig in Adam en sondig van nature, en dan konfronteer die wet ons met die spesifieke wil van God: “Moenie steel nie. Moenie lieg nie. Monie begeer nie.” En die effek is dat dit die sondige natuur verander in spesifieke handelinge van oortreding. Een skrywer het dit goed gestel: die Wet maak klein Adams van ons almal.” (Die wet het die funksie dat dit elkeen wat dit aanspreek in hulle eie Adam verander.”)

So ons sien dat die Wet gegee is sodat die sonde kan vermeerder. Ons sleutelvers sê egter dat war die sonde vermeerder het, het Genade nog meer oorvloedig geword! [Rom 5:20 Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword]. Kom ons kyk na aanhalings oor Genade wat oorvloedig geword het:

Wayne Barber: “ Nou daar is twee woorde wat gebruik word in daardie vers (Rom 5:20) vir meer word of oorvloedig word. Die eerste een is pleonazo (gebruik saam met “sonde”), wat beteken “is meer as genoeg” of “om genoeg te hê”. Die ander woord (gebuik saam met Genade), perisseuo, is eintlik ‘n sinoniem, maar wanneer hulle saam gebruik word, sê hulle verskillende dinge. Pleonazo beteken om te vermeerder, maar perisseuo beteken om selfs verby dit te gaan en vat dit na ‘n groter ekstreem toe. Nie net dit nie, maar Paulus het ‘n voorvoegsel, huper, vooraan perisseuo geplaas (huperperisseuo). So wat hy sê is dat dit nie slegs verbysteek waar sonde vermeerder het nie, maar dat Genade VÊR verby strek.”

In sy boek, “What’s so Amazing about Grace,” wys Phillip Yancey uit dat deel van ons probleem is in die natuur van Genade self. Genade is skandelik. Dit is moeilik om te aanvaar, moeilik om te glo, en moeilik om te ontvang. Genade skok ons in wat dit bied. Dit is werklik nie van hierdie wêreld nie. Dit maak ons bang in wat dit doen vir sondaars. Genade leer ons dat Goed doen vir andere wat ons nooit vir hulle sal doen nie. Ons sal die “nie-so-slegte” mense nog red. God begin met die prostitute en werk dan ondertoe van daaraf. Genade is ‘n geskenk wat alles kos vir die gewer en niks vir die ontvanger nie. Dit word gegee aan diégene wat dit nie verdien nie, wat dit beswaarlik herken, en dit amper glad nie waardeer nie. Dit is hoekom God alleen die glorie in ons redding ontvang. Jesus het al die werk gedoen toe Hy aan die kruis gesterf het.

Die Wet het oortredings bygevoeg en daarmee selfs meer duidelik die super-oorvloedige (huperperisseuo) Genade van God bewys. Genade het nie die Wet opsy geskuif nie, maar inteendeel het dit die Wet heeltemal vervul. So diep as wat sonde gaan, Genade gaan dieper. So wyd as wat sonde is, God se Genade is wyer. Waar sonde vermeeder het, het Genade super-oorvloedig geword. God se Genade is groter as al ons sonde.

Barnhouse lewer ook kommentaar oor Paulus se gebruik van die woorde “vermeerder” en “oorvloedig word”: “In die Grieks is hierdie twee verskillende woorde. “Waar sonde oorgevloei het, het Genade ingestroom.” Waar sonde meetbaar vermeerder het, het Genade onmeetbaar vermeerder. Waar sonde vermeerder het – pleonazo – het genade ontelbaar vermeerder – huper-perisseuo. Die voorvoegsel is soos die Latynse “super”. Die fliek advertensies het ons geleer wat “super” aan ‘n woord doen. Instede van om kollosaal te wees, word iets super-kollosaal. So waar sonde gemeet kon word deur die hoevellheid wette te vermenigvuldig met die hoveelheid mense in die wêreld, kon Genade nooit gemeet word nie want dit sou verg dat die hoeveelheid dade van God se Genade met die onmeetbaarheid van Sy wese vermenigvuldig moes word. Ons teks kon wèl gelees het: “Waar sonde telbaar was, was Genade ontelbaar.”

In Genade
Andre van der Merwe

Share

Leave a Reply