Universalisme (Universele Redding)

03.11.11

‘n Woord van waarskuwing: Dit is ‘n feit dat sommige mense van ons webwerf af sal deregistreer as gevolg van hierdie boodskap. Dis egter heeltemal aanvaarbaar. Dit wil voorkom of daar tans ‘n massiewe skeuring in die kerkwêreld plaasvind oor hierdie einste onderwerp.

Ons is egter nie bank om internet skakels in te sluit na ander webwerwe toe wat Universalisme propageer nie – mense moet hulleself oortuig van wat die waarheid is. Ons moedig selfs diégene aan wat nié die Universalisme siening ondersteun nie, om vir hulleself seker te maak hoekom hulle die ootruigings aanhang waarin hulle glo, want iewers vorentoe mag hulle dalk ook gekonfronteer word met hiérdie spesifieke leerstelling.

Universalisme is die geloof dat elke persoon op die planeet gered sal word, of hulle in God glo en Hom wil leer ken, of nie. Daar is sekere klein verskille binne die Universalisme kamp self, soos wanneer almal gered word. Die een groep glo dat mense definetief ongered deur hierdie lewe kan gaan, maar dat God op die ou einde (na hierdie lewe) almal sal red wanneer “elke knie sal buig en elke tong sal bely” (Rom 14:11). Ons sien egter dat wanneer ‘n koning ‘n ander land verower en sy gevangenes die knie voor hom buig, dat hulle nie noodwendig skielik in sy vriende verander of hom goedgesind word nie. In die meeste gevalle versterk dit eintlik net hulle haat teenoor hom.

Die ander kamp van Universaliste glo dat die mensdom se sonde hulle eintlik nooit van God af geskei het nie end at elke person wat op die planet leef deel is van God se familie, of hulle in Hom glo of nie. Hulle glo dat die vyandigheid wat deur die meerderheid van die mensdom teenoor God uitgelaat word blykbaar slegs as gevolg van ‘n “gevoel” van skeiding tussen hulle en God is, ‘n seining wat gebasseer word op hulle interpretasie van Kol 1:21, wat sê: “Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke…” Die Engelse vertaling sê: “And you, who were once alienated and enemies in your mind by wicked works…” Uit die konteks is dit egter duidelik dat die apostel Paulus die kerk in Kolosse hier aangespreek het (sien Kol 1:2), wat hy ook duidelik bevestig het deur te sê “JULLE wat vroeër vervreemd was…” Hierdie vers impliseer verseker nie die hele wêreld nie.

Hierdie geloof grens amper aan “Gnosticism” (wat wydverspreide verwarring veroorsaak het in die apostel Johannes se kerk), let op die duidelike ooreenkomste:

“Gnosticism”: Die geloof dat sonde nie bestaan nie (en mense daarom nie wedergebore hoef te word nie) en deur ‘n seker “vlak” van intellektualiteit (genaamd “Gnosis”) te bereik word mens bevry van die beperkings en tydelikhede van die materiële wêreld.

Universalisme: Die geloof dat almal in die wêreld reeds gered is (en daarom nie wedergebore hoef te word nie) en dat mense eenvoudig nodig het om ‘n sekere “intellektuele oortuiging” te bekom dat hulle vry is van die beperkings en tydelikhede van die materiële wêreld.

Om wedergebore te word het blykbaar niks daarmee te doen nie…


Die Inwonende Heilige Gees

Nóg ‘n groot problem met hierdie tweede sienswyse is dat Universalisme gans en al die feit ignoreer dat die Heilige Gees die WAARBORG (onderpand) is van ‘n persoon se redding. Die Bybel wys ons dat as iemand nie die Heilige Gees het nie, dan is hulle nie gered nie. Die Heilige Gees word ook ontvang deur te GLO:

…in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid. (Ef 1:13-14)

Ongelowiges het in werklikheid ‘n ander gees in hulle en daar is geen teen-argument hiervoor nie:

…volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk. (Ef 2:2b)


God Het Blykbaar Robotte Geskep

Die Universalisme oortuiging vernietig die nut vir enige geloofs-aksie van ‘n gelowige. Dit impliseer dat ons slegs slagoffers van omstandighede is – marionette in God se groot spel. God se wil sal op die ou einde die mens se vryheid om te kies oorrompel. Natuurlik weet ons dit is God se wil dat niemand sal verlore gaan nie (1 Timoteus 2:4), maar as God se wil altyd geskied, hoekom reik Hy nie nie nou binne ons materiële wêreld in en maak ‘n einde aan alle pyn, lyding, seerkry en vernietiging om ons nie? Eenvoudig omdat Hy aan ons die reg gegee het om te kies.

Ons keuses dra gevolge. Hy het die mensdom geskep met ‘n vrye wil en aan hom gesê: “Heers oor die aarde” (Gen 1:28). Adam het nie geheers nie en daarom sy outoriteit verloor – punt. Dit is daarom verregaande om aan te neem dat God in die hiernámaals Sy wil op die mensdom sal af forseer as Hy dit nie noú ook doen nie.


Om ‘n Geskenk Te Aanvaar

Dit is een ding om die evangelie te hoor, maar ‘n ander om dit te aanvaar. As iemand ‘n geskenk gegee word vir hulle verjaarsdag, moet hulle dit aanvaar om dit hulle eie te maak. Uit die Universalisme oortuiging volg dit dat die persoon wat die geskenk gee, by die deur gelaat kan word om aan te hou klop met die geskenk in sy hand, sonder om dit uiteindelik by hom te vat. Hulle glo dat eendag (na baie, baie jare) sal die verjaarsdag-persoon onwetend by sy voordeur uitstap en oorval word deur die ander persoon en hom forseer om die geskenk te vat.

Hier op aarde, wanneer iemand hulle liefde op ‘n ander persoon af forseer sonder die ander persoon se toestemming, noem ons dit ryp. En tòg is dit presies waarvan die Universaliste God beskuldig… Hy is ‘n lewensledder wat ons in die swembad instamp net om ons weer te kan uittrek.


Wat Van ‘n Verhouding?

Om ‘n verhouding met iemand te hê impliseer tóg om gemeenskaplike vertroue tussen beide partye te hê – dit gaan oor intimiteit, liefde, plesier en vervulling. En tóg propageer Universaliste dat ten spyte van iemand se vervloeking, verwerping en verkleinering van God se bestaan en Sy genade, dat so ‘n persoon steeds God se familie is, selfs al aanvaar hulle nie Christus as hulle Redder nie. Hierdie tipe leerstelling maak die mensdom los van enige tipe van verantwoordelikheid vir hulle aksies of waarin hulle glo, wat nié is wat die Bybel leer nie. En die belangrikste van alles, as God nie ‘n persoonlike verhouding met iemand kan hê nie, hoekom sou Hy hulle in Sy familie aanneem waar dit ALLES oor verhouding gaan?


Sonder Geloof Baat die Evangelie Niks

Die skrywer van Hebreërs vertel oor hoe Israel die evangelie gehoor het, maar dit verwerp het – hulle het dit nie met geloof gemeng nie:

Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie. (Heb 4:2)

So dit is definetief moontlik vir ons om nie baat te vind by die evangelie nie. Hebrëers 4 verduidelik verder hoe diégene wat wat glo in God se rus ingaan. Israel se ondergang in die woestyn wat ‘n beeld en skaduwee van hoé ongeloof iemand kan verhinder om in hierdie rus in te gaan (Heb 11:4).


God se Geloof

Nóg ‘n algemense Univeralisme siening is dat sedert geloof ‘n gawe van die Gees is, Hy alleen verantwoordelik is vir ons om daardie geloof in Christus plaas. Aan die een kant glo die Universalis dat ALMAL gered sal word, ongeag wat hulle glo of indien hulle enigsins glo. Aan die ander kant glo hulle dat INDIEN geloof nodig is om gered te word, dan sal God aan ons daardie geloof gee, nee… dit op ons af forseer. Hulle beaam hulle siening deur Gal 2:20 in die King James Version op ‘n baie slim manier te “buig” – waar dit praat van “ek lewe deur die geloof van die Seun van God.”

Jesus het egter duidelik gesê dat ons in Hom moet GLO om gered te word:

En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. (John 6:40)

Verder, omdat geloof as een van die gawes van die Gees gelys is in Galasiërs 5, beteken dit ook dat ‘n persoon eers die Heilige Gees moet hê voordat die gawe van geloof deur hulle kan manifesteer.

As God almal sou red, hoekom het Hy dit nie net eenvoudig gesê nie? Hoekom sou Hy Sy Seun deur al die angs en lyding van die kruis sit as Hy in elk geval almal sou red? Universaliste antwoord hierdie laaste vraag deur te sê dat die doel van die kruis was om die diepte van God se liefde aan die mensdom te bewys. Maar sou die Vader regtig toegelaat het dat Sy Seun só geslag word as die enigste resultaat wat dit sou bereik was om mense se “opinie” van God te verander? Natuurlik nie! Jesus het aan daardie kruis gesterf om die Ou Verbond te beëindig wat Hy met Israel gesluit het – die enigste manier om uit ‘n verbond te kan tree is as een van die partye doodgaan. En met Christus se dood is ‘n Nuwe Verbond in bloed geskryf wat verlossing aan die hele wêreld aangebied het, inderwaarheid enige iemand wat slegs in Christus sou glo.

Ten spyte van al hierdie dinge is Universaliste steeds instaat om amper elke skrifgedeelte te laat inpas met hulle seining deur indrukwekkende “gimnastiek” met van die Bybelverse uit te voer. Vir elke argument het hulle ‘n teen-argument. Vir elke skrifgedeelte het hulle ‘n teen-skrifgedeelte. Op die einde bly dit ‘n persoonlike keuse Selfs dié wat nie die Universalisme siening hou nie moet vir hulleself uitvind hoekom hulle dit nié doen nie.

Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei… (John 16:13a)

Vir almal wat nog nooit met Universalisme gekonfronteer is nie, hier is een van die beste webwerwe. Let wel dat die vrae wat gevra word en die stellings wat gemaak word sal die meeste mense wat nog nooit Universalisme oorweeg het nie, ‘n groot deel van wat hulle glo laat bevraagteken. Die argumente is kragtig en baie slim gestel. Vir sommige mag dit dalk ‘n “Pandora’s Box” wees wat beter onaangeraak gelaat is…

http://www.tentmaker.org/articles/universalism-is-not-in-the-bible.htm

 

Share

Leave a Reply