Misverstane Bybel Terminologie deel 3

10.21.09

Wandel in die Lig

[1 Joh 1:7 1:7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde].

Met die eerste oogopslag wil dit voorkom of hierdie vers beteken dat die bloed ons sal reinig solank as wat ons ons deel van die ooreenkoms ophou. Maar om te wandel in die lig soos wat God in die lig is, is in werklikheid eintlik ‘n resultaat van die feit dat God aan ons Sy geregtigheid gegee het – Johannes praat hier van ons posisie in Chrstus, nie van ons optrede nie. Ons posisie in Christus is verewig bevestig die dag toe ons ons geloof in Christus geplaas het as ons Redder en Heer. Van daardie dag af “wandel ons in die lig”.

Sommige mense mag dalk vra: “Wat is “lig?” Jesus het gesê “Ek is die lig van die wêreld” (Joh 8:12). Dus is Jesus lig. Wanneer ons wedergebore word, is ons IN Christus (1 Kor 1:30, Ef 2:10) en daarom is ons IN die lig. En omdat ons IN die lig is, word ons ook die lig. [Ef 5:8 Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here--wandel soos kinders van die lig]. Jesus sê ook dat ons die lig van die wêreld is: [Matt 5:14 Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie]. Soos wat Hy die lig was (en steeds is), so het ons geword soos wat Hy is: [1 Joh 4:17b …want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld].

Meeste van die argumente teen die boodskap van Genade kom vanuit die boeke van 1 – 3 Johannes. Meeste van die godsdienstiges wat hierdie boek lees, sien dit as ‘n boek wat ons vertel wat ons veronderstel is om te doen, in pleks van om dit in die korrekte konteks te lees: Die boek van Johannes was deur Johannes geskryf aan sy “kinders” wat onlangs onder die valse leerstellings van “Gnostics” uitgekom het. Johannes was geensins besig om om hulle te beveel om DIT of DAT te DOEN nie!! Nee, hy was besig om hulle te vertel hoé seker hulle verlossing in Christus is, en om hulle ewige redding te beaam / bevestig.

1 Joh 1: 7 (ons sleutelvers) sê die bloed reinig ons van ELKE sonde, en as jy my vra beteken dit presies wat dit sê: ELKE sonde. In die oorspronklike Grekse taal is die woord wat vir “reinig” gebruik word katharizo. Dit beteken letterlik om “gedurig te reinig”. So as ons ‘n fout maak, verwyder die bloed dit heeltemal, en dit gebeur dag en nag sonder ophou. Idien ons glo ons kan “in die lig wandel” op grond van ons eie gehoorsaamheid, hoekom sou ons dan nodig hê dat die bloed ons gedurig reinig? Want nou doen ons dit dan alles ons self!

Nee, ons “wandel in die lig” omdat aan ons die geregtigheid van Christus gegee is as ‘n gratis geskenk. Om te herhaal, 1 – 3 Johannes praat van ons posisie in Christus en nie van ons eksterne vlak van optrede / gehoorsaamheid nie. Hier is nog verse om dit beter te verduidelik:

[1 Joh 1:6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie]. Hierdie vers maak dit selfs meer duidelik – ons kan nie sê dat ons gemeenskap met God het (met ander woorde dat os wedergebore is) as ons in duisternis wandel nie (wat beteken dat ons eintlik nie wedergebore is nie), want dan is ons besig om te lieg. In eenvoudige Afrikaans: Jy kan nie sê jy is ‘n Christen as jy nie wedergebore is nie!!

[Ef 5:8a Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here…]. Hierdie vers sê dat ons eens verlore was (in duisternis), maar nou is ons wedergebore (ons het lig geword).

[Openbaring 21:23 En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp. 24 En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin]. Hierdie verse sê dat die wat gered is in die lig sal wandel. Weereens verwys die term “wandel in die lig” na gelowiges se versekerde en stewige posisie in Christus en nie na een of ander eksterne ding wat ons moet doen nie.

Ja wanneer ons na ons optrede kyk sal ons duidelik sien dat ons elke dag foute maak en dat ons nie noodwendig in die lig wandel in ons aksies nie, maar dit is omdat ons verstand nog nie ten volle hernu is nie. Tot die dag wat ons tot sterwe kom, sal daar altyd een of ander area in ons lewens wees wat ons onderdanig moet maak aan die outoriteit van God, of dit nou gedagtepatrone, gewoontes of watookal is. Die punt is dat ons nie hierdie dinge doen om God se goedkeuring te probeer verdien nie, maar dit gebeur spontaan as ‘n resultaat van ons wat meer en meer verlief op Jesus raak en meer en meer bewus word van hoe wonderbaarlik ons gered is

Tot die dag wat ons tot sterwe kom, sal ons altyd in staat wees om ons vlak van gehoorsaamheid te verbeter, en dit meer in lyn te bring met ons perfekte posisie IN Christus. Maar tot daardie dag het God alreeds MEER as genoeg genade voorsien om al ons foute te bedek wat ons langs die pad maak. [Rom 5:20b ...en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword]. Daar is niks fout daarmee om ‘n heilige & morele leefstyl te leef nie, maar ons moenie ons vermoë om heilig te leef gebruik as die maatstaf/standaard van ons verhouding met God nie.

In Genade

Andre van der Merwe

Share

Leave a Reply