Wat is Ongehoorsaamheid?
07.07.09
Wat is Ongehoorsaamheid?
Die antwoord op hierdie vraag mag baie mense verbaas. Meeste sal sê : “Ongehoorsaamheid is om te doen wat God gesê het jy NIE mag doen nie.” Dit sal dinge insluit soos om te lieg, steel, afguns, moord, ens. Sommige sal ook sê dat ongehoorsaamheid is om NIE te doen wat God wel bevel het nie, soos om goeie werke te doen, te gee vir die armes, hê jou naaste lief soos jouself, ens. Al hierdie dinge is egter ou testamentiese wet. Ja selfs die bevel wat se “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en siel en jou naaste liefhê soos jouself” was ‘n kwotasie uit ‘n ou testamentiese wet (sien Deut 6:5).
As wedergebore Christene weet ons dat ons vrygekoop is van die vloeke wat kom wanneer ons hierdie wette nie gehoorsaam nie (Gal 3:13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word – want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang). Die wet wat met sy eise teenoor ons gestaan het, is gekanselleer sodat ons vry kan wees om God lief te he en vir Hom te lewe sonder die vrees vir straf or oordeel. Kol 2:14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael.
As daar nog enige vrees vir straf in ons bestaan, het ons nog nie die volle openbaring ontvang van God se liefde nie. 1 Joh 4:18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie. Die volle wraak en oordeel vir sonde is op Jesus uitgegiet, en God het gesweer in Jes 54:7-10 dat Hy ons nooit weer sal dreig of met ons toornig sal wees nie.
So indien ons dus nou nie meer die wet kan breek nie, want daar is nie meer ‘n wet om te breek nie (Rom 4:15 … maar waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie), wat is ongehoorsaamheid dan?
1 Pet 2: Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword; en: ‘n Steen des aanstoots en ‘n rots van struikeling – 8 vir dié wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is.
Vers 7 kontrasteer twee verskillende groepe baie duidelik: Dié wat glo en dié wat ONGEHOORSAAM is. Dit vertel vir ons dat dié wat nie glo nie, ongehoorsaam is. Vers 8 se hulle struikel want hulle is ongehoorsaam aan die Woord. Wat is die Woord? Die Woord is Jesus (Joh 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie). Die Woord is ‘n persoon, en enige iemand wat nie in Hom glo nie struikel oor die rots, en word “ongehoorsaam” genoem. Vers 7 sê dat vir die wat wel glo, Hy “kosbaar” is. Dit is omdat Hy die Outeur word van hulle saligheid, hulle Redder en Broer, hulle word in Sy familie aangeneem.
Daar was slegs 1 sonde waarvoor Jesus nie kon sterf nie. Ons vorige onderwerp hieroor kan hier gesien word (verskoon asseblief die Engels, ons is nog besig om al die artikels in Afrikaans te vertaal): http://www.newcovenantgrace.com/unforgivable-sin/
Alle ander sonde was meer as 2000 jaar gelede aan die kruis vergewe.
Ef 2:1-2 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes 2 waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk… Hierdie skrifgedeelte sê dat ons eens op ‘n tyd dood was teenoor God toe ons nog ‘n ou sondige natuur gehad het, dieselfde natuur wat steeds voortleef binne dié wat weier om Jesus te aanvaar. Hulle word genoem “kinders van ongehoorsaamheid”.
Maar toe ons vir Jesus aangeneem het, is al Sy gehoorsaamheid aan ons gegee as ‘n gratis geskenk, en dit het ons 100% geregtig en aanvaarbaar vir God gemaak. Ons verlossing is nou net so seker soos Jesus Homself, want ons is IN Christus (1 Kor 1:30 & Ef 2:10). Die enigste manier hoe ons dit ooit sou kon verloor is as Jesus sou kon sondig en uit die Hemel gegooi word, wat natuurlik nooit kan gebeur nie.
In Genade
Andre van der Merwe
www.NewCovenantGrace.com/afrikaans/




