Gee WetsOnderhouding My Oorwinning oor Sonde?

06.30.09

Gee Wetsonderhouding my Oorwinning oor Sonde?

Rom 6:14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.

Die Wet het ons beheer en ons onder sy krag gehou totdat die tyd gekom het wanneer ons geloof sou hê. Die Bybel sê die wet was veronderstel om ons leermeester te wees totdat ons ons geloof in Jesus gesit het. Maar nou dat ons ons geloof in Jesus gesit het, het ons nie meer hierdie leermeerster (die Wet) nodig nie. Gal 3:23 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.

Die Wet vereis dat ons ‘n perfekte heilige lewe leef 100% van die tyd. Indien ons dit nie regkry nie is die gevolge dood en straf. DIT SAL NOOIT VERANDER NIE. Die Wet is wat dit is, en Genade kan nie die Wet se besluit verander nie. Die enigste manier om onder die Wet uit te kom is om dood te gaan vir die Wet. Rom 7:4 So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra. En ook Gal 2:19 want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe.

Om die Wet te probeer gehoorsaam sal slegs tot gevolg hê dat jy die Wet breek, want niemand op die hele planet aarde kan die Wet 100% van die tyd gehoorsaam nie. Niemand kon ooit nie, behalwe Jesus. Genade stel ons ook nie in staat om die Wet te gehoorsaam nie, dit bekragtig ons egter om te leef en te ontvang van die lewe van God waarvan Hy ons erfgename gemaak het, deur ons te vul met Sy magtige Heilige Gees. Enige goeie werke wat uit ons uit vloei as ‘n gevolg hiervan is dan in elke geval net ‘n vrug van die Gees binne ons, so ons het regtig niks om oor te spog nie.

Die Bybel sê die krag van sonde is die Wet, want dit is deur die Wet wat ons weet wat sonde is. Dit is die Wet wat sonde lewendig gemaak het!

Rom 7:9-10 En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe. 10 En die gebod wat die lewe moes wees, dié het vir my geblyk die dood te wees.
Rom 5:20a Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word;
1 Kor 15:56 Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.
Rom 3:20b want deur die wet is die kennis van sonde.

Maar hoe is ons dan veronderstel om God te gehoorsaam? Hoe is ons veronderstel om hierdie wêreld te oorkom? Ek is bly jy het die vraag gevra. Deur eenvoudig te glo in Jesus en die oorwinning wat Hy vir ons behaal het. 1 Joh 5:4 Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

Maar jy mag ook vra: “Wat is ons dan veronderstel om te doen? Verwag God nie van ons om iets te DOEN nie?” Joh 6:28 Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring? 29 Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.

Ons geloof word opgewerk wanneer ons tyd in die teenwoordigheid van God spandeer en supernatuurlike ontmoetings met Hom het, wanneer ons openbaring ontvang wat ons verstand hernu, wanneer ons Hom aanbid en die vervulling ervaar om te sien hoe die hemele die aarde soen. Wanneer ons hierdie dinge ervaar, is ‘n natuurlike gevolg daarvan dat ons oorwinning oor sonde kry, goeie werke doen en ‘n leefstyl leef wat gemotiveer is uit liefde vir God. Dit is hoekom dit die “vrugte” van die Gees genoem word.

Jesus het meestal oor die Wet gepraat met mense wat sterk onder die invloed van die Wet was. Hy het hulle nie probeer bemoedig om die wette meer en meer te probeer gehoorsaam nie, nee Hy was besig om hulle te wys dat hulle huigelaars was deur ander te te leer om die al die wette te gehoorsaam terwyl hulle dit self nie eers kon doen nie.

In Lukas 18 het ‘n ryk jong heerser Jesus gevra wat hy moes doen om die ewige lewe te beërwe. Dit was die man se eerste fout: Hy wou iets DOEN om die ewige lewe te erf, asof hy dit kon verdien. Jesus, wetende dat hierdie man swaar op wetsonderhouding gesteun het vir sy verlossing, het hom geantwoord: Luk 18:20 Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie; jy mag nie doodslaan nie; jy mag nie steel nie; jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en jou moeder. 21 En hy sê: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af. 22 En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou–verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My. 23 Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.

Jesus het hom eenvoudig gewys dat hoe goed hy ookal gedink het hy die wette onderhou het, hy sou altyd kortkom. Die Wet sal jou altyd vertel dat jy nie genoeg gedoen het nie, dat jy nodig het om meer te doen, dat jy meer heilg moet wees en beter moet optree. Om die Wet te probeer gehoorsaam sal jou nooit oorwinning oor sonde gee nie – dit sal jou slegs wys hoe sondig jy is (Rom 3:20b want deur die wet is die kennis van sonde). Maar alle lof aan God, daar was een man wat dit namens ons reggekry het: Jesus Christus!

In Genade
Andre van der Merwe
www.NewCovenantGrace.com/afrikaans/

Share

Leave a Reply